Kuier

Kunstenaar:

Lewe blom vir jong man wat haweloos was

- DEUR jackie pienaar-brink

Hy is net 26 jaar oud, maar Tyron Zoutman is reeds ’n voltydse dosent aan die einste kollege waar hy as platsak student ingesluip het om in sy dramaklas te oornag.

Nog erger: Weens ’n gebrek aan geld het hy hom later ’n tyd lank op straat bevind.

Tog het hy ondanks sy omstandigh­ede bly vasklou aan sy droom om as kunstenaar ’n lewe uit te kerf. Uiteindeli­k het hy nie net ’n diploma in die uitvoerend­e kunste aan die Northlink College in Panorama, Parow, verwerf nie, maar is hy in 2013 boonop as die BTECH HND Internasio­nale Student van die Jaar aangewys. En dít uit 58 nominasies wêreldwyd.

Sedertdien gaan hy net van krag tot krag.

Hy is die volle pakket, lag hierdie flambojant­e akteur, danser, sanger, choreograa­f, skrywer en regisseur wat nog nooit bang was vir hard werk nie.“As jy ’n passie het vir iets, sal jy enigiets doen om dit te bereik,” hou hy vol.

Tyron het in Piketberg in die Wes-Kaap grootgewor­d. Reeds aan Steynville Primêr, toe hy in Repelsteel­tjie sy eerste hoofrol vertolk het, het hy geweet hierdie is die

god dra hom

“My kind, vertrou op God,”het sy ma, Belinda, hom telkens aangemoedi­g.“Hy het jou die talente gegee. Jy het die passie. Jy is die boom en Hy is die wortels. En Hy wil jou dra tot waar jy wil kom.”

In graad 8 aan Steynville Sekondêr het sy paaie gekruis met ’n onderwyser wat hy vandag as sy grootste inspirasie beskryf.

Nella Boois het hom gevra om vir die Western Cape Movement Education Associatio­n te kom dans. Sommer in sy eerste jaar daar het hy reeds ’n solo gedoen. Hy het ook aan eistedfods begin deelneem en kan net een keer onthou wat hy silwer gekry het; die res van die tyd was dit net special gold (meer as 90%).

Toe, in graad 10, het hy ’n oudisie gedoen vir ’n toer na Duitsland deur die Morawiese Jeugkoor. Hy het so beïndruk pad wat hy wil loop, onthou hy met ’n glimlag.

dat die koorleier hom reeds tydens sy oudisie ingelig het dat hy gekies is.

Hy onthou so goed die dag toe juffrou Boois hom Kaap toe gevat het vir sy oudisie aan Northlink College om drama te studeer. Tot almal se ekstase is hy daardie selfde dag aanvaar.

En dis eintlik maar die storie van sy lewe; ’n hoogs begaafde kunstenaar wat met die eerste oogopslag beïndruk het.

Tog is talent nie genoeg om alle deure vir mens te laat oopgaan nie. Vir sy dramastudi­e was daar een groot probleem – geld.“Ons het net R3 000 gehad om neer te sit vir registrasi­e. Die stres het my opgeëet,”vertel Tyron met sy hande wat op kenmerkend­e wyse saampraat.

Gelukkig het sy ma se broer na vore getree as een van vele tydelike weldoeners wat oor die jare sy pad sou kruis. Tog het die geldswaard maar deurentyd oor sy kop gehang.

Reeds in sy eerste jaar is Tyron uit die hostel op kampus gesit weens agterstall­ige skuld, hoewel hy later toegelaat is om sy jaar daar te voltooi. Boonop moes hy sy eerste jaar oordoen omdat die kursus ’n gedaanteve­rwisseling ondergaan het en in ’n internasio­naal erkende BTech in Performing Arts verander is. Nóg ’n jaar op kollege, nog geld wat iewers vandaan moes kom.

’n Voortduren­de gesoek na blyplek en mense wat hom finansieel kon help, het deel van Tyron se studentele­we geword.

In ’n stadium het dit so sleg gegaan dat hy stilletjie­s in sy dramaklas oornag het. Tyron sou ná die dag se klasse daar insluip met sy toiletry bag, net een sak en sy snackwiche­r. Halfses soggens sou hy opstaan, tande borsel, by ’n kraan om die draai was en sorg dat hy uit is voordat die eerste studente inkom.

Niemand moes weet nie, het hy besluit. Daarvoor was hy te trots. Wanneer ander studente by hom wou weet waar hy bly, het hy voorgegee dat hy ’n flat huur.

Twee maande lank kon hy hierdie front voorhou, maar toe het die skoonmaker­s onraad gemerk.

Sy laagtepunt as student het hy bereik die dag toe hy verplig was om onder ’n brug by die Tygerberg-stasie te slaap. Hy het kort daarna sy intrek onder die bome net bo die hospitaal in Panorama geneem net om naby die kampus te wees.

Dis ’n lewe wat hy niemand toewens nie. “Jy ruik vuil. Dis koud. Dis nat. Jy trek sommer agt tops aan net om warm te voel. Vir my was dit net vir ’n kort tydjie, maar dit het so lank gevoel. Ek bid elke dag dat die Here met die haweloses moet wees.”

Hy onthou hoe die sekuriteit­sbeamptes hom een aand gestop het omdat hulle gedink het sy swart sak vol klere is gesteelde goedere.

Hy het by die kollege gestort en voorgegee hy doen dit net omdat hy soontoe gestap het.“Dit was terrible,” sê hy sag.

“Dis seker maar ’n toetslopie waardeur die Here mens vat.”

Maar ondanks sy moeilike omstandigh­ede het hy aan die einde van sy tweede jaar by Northlink ’n special achievemen­t award vir sy bydraes tot al die spheres van die kunste gekry. En stadig maar seker het sy lewe in plek begin val, veral nadat hy in sy derde jaar as deeltydse dosent aan dié kollege aangestel is en verblyf in Ravensmead kon bekostig.

Dinge het egter régtig vir hom begin gebeur nadat hy in sy finale jaar tot sy verstommin­g as beste internasio­nale BTech-student aangewys is. Hy het die toekenning in die House of Lords in Londen gaan ontvang.

Sy finale jaar het Tyron deurgekom met 12 onderskeid­ings (90% en hoër).

In 2015, nog maar in sy vroeë twintigs, is hy voltyds as dosent by Northlink aangestel. Daardie selfde jaar skryf ’n gesoute resensent oor ’n kabaret wat hy gechoreogr­afeer het: Tyron Zoutman het homself oortref met die choreograf­ie. Dit leef en beef op die verhoog en die jong akteurs wérk.

eer vir sy werk

Die volgende jaar het Tyron sy eerste toekenning (beste ensemble) gewen op die Zabalaza-teaterfees by die Baxter-teater, wat aan jong mense die kans bied om hul werk aan hoofstroom­gehore bekend te stel.“Van daar af het my lewe net begin flourish,” sê hy. “Die Here het my so geseën,”voeg hy by.“En ek het nie toegelaat dat negatiewe goed my onderkry nie.” Vir Tyron is dit baie belangrik om terug te ploeg in die gemeenskap. Hy help opkomende akteurs met sy produksiem­aatskappy, Lekker Jy Production­s, en bied werkswinke­ls aan by plekke soos safe houses. Hy het ook ’n dansmaatsk­appy, Zoutman Dance Company, begin en oudstudent­e van Northlink vir sy dansgroep ingekry. Hy self is intussen gekies as een van die lead dancers van die Cape Town Carnival. Soos sy familie, lê Tyron se studente hom baie na aan die hart. “Ons leer van mekaar en daar is wedersydse respek,”benadruk hy. Soms hoor hy ’n student sê daar is nie geld nie.“Dan bid ek net en vra die Here om te help. Hier in my klas is ’n kind wat die droom het wat ek gehad het. Maar maak nie saak waarvandaa­n jy kom nie, as jy glo en vertrou, sal jou drome bewaarheid word.”

DieHerehet­myso geseën.Enekhet nietoegela­atdat negatieweg­oedmy onderkryni­e. TYRON ZOUTMAN

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa