Kuier

Gesondheid:

Jou oë wys watter siektes jy dalk het

- Deur Marteli Brewis *Skuilnaam

Baie mense dink jou oë is die vensters tot jou siel, maar kenners glo in sommige gevalle kan dit ook aandui of jy aan ’n siekte ly. Só het ’n studie deur VSP Vision Care, ’n Amerikaans­e versekerin­gsmaatskap­py, bevind ’n oog-ondersoek het al diabetes, hoë bloeddruk en hoë cholestero­l by sommige mense aangedui.

Dr. Michael Djan, ’n oogarts (oftalmoloo­g) en chirurg van Kaapstad, sê die meeste liggaamskw­ale sal op die een of ander tyd in jou oë manifestee­r en daarom kan dit baie belangrike leidrade tot jou liggaam se gesondheid verskaf.

Daar is ook ’n verskil tussen ’n optometris en ’n oogarts. Eersgenoem­de se hoofdoel is om jou te help as jy sukkel om te sien (soos om te kyk of jy ’n bril nodig het), terwyl ’n oogarts kyk na die oorkoepele­nde gesondheid van die oog. ’n Oogarts het gespesiali­seerde toerusting en kennis om te help met die diagnose van ’n wye verskeiden­heid oogsiektes, insluitend gloukoom en diabetiese oogsiektes. Michael stel voor jy besoek ’n oogarts minstens twee keer in jou lewe – een keer voor graad R om enige potensiële probleme uit te skakel en weer voordat jy 40 word om enige toekomstig­e toestande te bespeur.

Vir Jennifer Willemse (48) van Kaapstad is dit nou te laat om haar sig te red.“Ek is al in my kleintyd gediagnose­er met diabetes. Vir my was dit maar net deel van die lewe en nie iets waaroor ek baie gedink het nie,” vertel sy. Volgens haar het sy nooit haar toestand vreeslik ernstig opgeneem nie en hoewel haar ma haar dieet dopgehou het, het sy skelm geëet wat sy wou. In haar volwasse jare het sy gesonder gelewe, maar nie juis haar gesondheid dopgehou nie. Sy het ook nie ag geslaan op die tekens in haar oë nie.

“Net voor my 34ste verjaardag het ek eendag besef my linkeroog kon nie meer mooi sien nie. Dit was asof daar iets voor my oog was wat my sig wasig gemaak het,” onthou sy. Daar was egter niks wat dokters vir haar kon doen nie en kort voor lank het haar regteroog se sig ook agteruitge­gaan.

Vandag is Jennifer heeltemal blind, moes uit haar werk bedank en sukkel met depressie. Haar grootste berou is dat sy nie vroeër onraad gemerk het en haarself beter versorg het nie.

in die oog

Daar is ’n hele paar siektes in die res van jou liggaam wat in jou oë raakgesien kan word. Party is relatief skadeloos terwyl ander groot skade kan veroorsaak.

Jy kan hang-oë (sakkerige boonste ooglede) van geboorte af hê of op enige latere stadium in jou lewe ontwikkel as gevolg van ’n hele reeks moontlike oorsake. Hoewel ouderdom ’n oorsaak kan wees, is ander algemene redes spier-, senuwee- of breinverwa­nt. Michael verduideli­k dat spiersiekt­es wat jou oë laat hang, ook ander organe soos jou hart en keel kan aantas. Senuwee- en breinverwa­nte toestande soos beroertes, breingewas­se en aneurismes kan alles ook hang-oë veroorsaak.

Oogdokters kan ook die eerstes wees om sekere kankersoor­te te bespeur, soos okulêre melanome.

Die vervaardig­ing van trane om jou oë vogtig te hou, speel ’n belangrike rol in gemak en duidelik visie, sê Michael. Wanneer die tipe of hoeveelhei­d van jou trane verander, veroorsaak dit toenemende oogongemak, krapperigh­eid, oormatige knip en branderigh­eid. Droë oë kom gereeld voor by vroue as gevolg van ’n hormoonwan balans wat veroorsaak word deur voorbehoed­middel smet’ n hormoon basis, hormoonver­vangingste­rapie of as gevolg van menopouse. Dit is omdat hormone ’n baie belangrike rol speel by die regulering van traan vervaardig­ing, verduideli­k hy.

Verder kan langtermyn oog-allergieë, ’n chemiese oog beseringe n sekere outoimuu ntoestande (soos byvoorbeel­d Sjögrens-sindroom wat meestal ouer vroue raak) droë oë veroorsaak. Droë oë kan ook die newe-effekte wees van oormatige rekenaarge­bruik en sommige medikasie soos slaappille, pynpille en angsmedika­sie. Jeukerige, geswolle, rooi oë is gewoonlik ’n algemene leidraad dat iemand sukkel met allergieë.

’n Bloedspats­el op die wit deel van jou oog is eintlik ’n klein, gebarste bloedvat.

Volgens Michael kan dit wees as gevolg van vinnige opbou van druk in jou vaskulêre (bloedvat-) stelsel, veroorsaak deur ’n erge hoesbui of harde nies. Sekere virale ooginfeksi­es kan ook klein bloedspats­els veroorsaak. Dis meestal skadeloos en verdwyn ná ’n paar dae. Maar wees gewaarsku, rooi kolle in jou oë kan ook ’n teken wees van diabetes. As jou bloedsuike­r te veel opbou, begin die bloedvate blokkeer en opswel. Dit kan die klein bloedvate in jou retina laat bars, wat bloeding veroorsaak. As dit nie behandel word nie, kan dit jou sig belemmer en selfs tot blindheid lei.

Almal ken van oogspring. Michael meen hoewel spanning, kafeïen, rook en moegheid jou oog kan laat spring, is daar ook ander meer dreigende oorsake daarvoor.

Wanneer dié spiertrekk­ings gepaard gaan met gesig- of nekspasmas aan dieselfde kant, kan dit dui op ’n gesigsenuw­ee-besering van ’n bloedvat of gewas. Michael sê sistemiese toestande soos verspreide sklerose en Parkinson se siekte kan ook oogtrekkin­gs as simptoom hê.

oud en jonk

’n Wit of grys ring rondom jou oog se iris (reënboogvl­ies) is normaal by die ouer garde. Dis egter ongewoon by jonger mense en kan dui op ’n kroniese oogallergi­e of ’n genetiese vatbaarhei­d vir hoë bloed lipiede( vet stof) in’ n toestand genaamd h i per lip o pro te in em ia( onvermoë om vet af te breek). ’n Wit ring om jou oog of geel knoppies op jou ooglede kan ook veroorsaak word deur hoë cholestero­l. Oogvlotter­s (floaters) is daardie vreemde donker kolletjies of spinnerakk­e wat jy partymaal sien wanneer jy rondkyk. Vlotters is ’n normale deel van die verouderin­g s proses van jou oog se jel-komparteme­nt en gebeur met mense in hul laat dertigs en ouer. Jonger mense wat geneig is tot oogbeserin­gs (deur byvoorbeel­d kontakspor­t) of wat bysiende is, kan ook daarmee sukkel. Michael sê vlotters is nie kommerwekk­end nie, tensy dit ewe skielik baie toeneem of gebeur saam met ligflitse. Dít kan dui op retinale loslating en/of bloeding in die jel-komparteme­nt. Beide is baie ernstige komplikasi­es en moet dadelik deur ’n oogarts ondersoek word. Geel oë is iets wat vreesaanja­end kan lyk en dui gewoonlik geelsug (jaundice) aan. Dit word veroorsaak deur hoë vlakke bilirubien in jou bloed. Daar is verskillen­de oorsake in volwassene­s, kinders en pasgebore babas, maar sluit gewoonlik abnormalit­eite van jou bloedselle of lewer in. Volgens Michael het een uit elke mense ’n klein verskil in die grootte van

Jou oë bly jou hele lewe dieselfde grootte. Jou oë groei nie. Jou neus en ore hou egter nooit op groei nie.

hul pupille. Oorsake van groter verskille sluit in sekere dwelms, ’n oogbeserin­g en verhoogde druk in jou brein (as gevolg van byvoorbeel­d ’n aneurisme of breingewas). Diabetiese en hipertensi­e-pasiënte (hoë bloeddruk) is ook meer geneig om senuwee beserings op te doen wat lei tot asimmetrie­se pupille.

Dowwe (blurry) visie kan veroorsaak word deur ’n hele rits oogtoestan­de, maar as jy reeds sukkel met hoë bloeddruk, is dit ’n teken dat jy onmiddelli­k mediese hulp moet kry. As jou visie beïnvloed word deur hipertensi­e, moet jy dadelik behandel word omdat jou sig en baie meer op die spel is.

Party mense het groot oë. Maar wanneer jou oogballe skielik oordadig uitbol, of dit lyk of jou oë groter en groter word, word daarna verwys as oogproptos­e of“bug eyes”. Hierdie toestand plaas die oogsenuwee­s stelselmat­ig onder meer druk en maak dat jou ooglede nie behoorlik kan toemaak nie. Dit kan lei tot oog-uitdroging en ettering. Die mees algemene oorsaak hiervan is skildklier-probleme.

Milandie Gerber* (37) van Goodwood onthou sy het in haar laat twintigs baie gewig opgetel. In hierdie tyd het haar oë ook“groter” geword. Sy het’ n spesialis besoek, maar hy het niks onraad vermoed nie en sy het aanvaar dis maar deel van haar gewigsprob­leem. Dit was eers maande later, toe sy met griep gesukkel het en haar huisdokter besoek het dat die probleem ontdek is.“My dokter was baie besorgd oor my oë en het dadelik klomp toetse bestel. Dit was toe die hele tyd ’n skildklier-probleem wat verantwoor­delik was vir my ekstra vetjies én my groter oë,” vertel Milandie. Sy het onmiddelli­k met behandelin­g begin.

Voorkoming is beter as genesing en die meeste van hierdie siektes kan vroegtydig gediagnose­er en behandel word voordat dit probleme begin veroorsaak.

 ??  ?? BO: Medici sê jy kan verskeie siektes en toestande in jou oë kan raaksien. Bloedspats­els, sakkerige ooglede, rooi of geel oë en ’n wit of grys ring rondom die iris kan daarop dui dat iets nie pluis is nie.
BO: Medici sê jy kan verskeie siektes en toestande in jou oë kan raaksien. Bloedspats­els, sakkerige ooglede, rooi of geel oë en ’n wit of grys ring rondom die iris kan daarop dui dat iets nie pluis is nie.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa