Kuier

Dr. Genine

Soek jy raad oor ’n mediese probleem?

- BEKOMMERD

Pinkeye pla Vraag IS DIT AANSTEEKLI­K?

Wat kan help vir pinkeye? Ek dink ek het dit, want my oë bly rooi en jeukerig. Ek is bang my baba kry dit. Is dit aansteekli­k?

Antwoord BESTE BEKOMMERD

Die konjunktiv­a is die dun, deurskynen­de, klam vlies wat die oppervlak van die oog en die binnekant van die ooglid bedek. Pinkeye (konjunktiv­itis) word veroorsaak wanneer daar inflammasi­e van die konjunktiv­a is. Die oog kan pienk of rooi wees en kan gepaard gaan met pyn, jeuk of branderigh­eid. Daar is verskillen­de oorsake van pinkeye: •

VIRUSSE: Dit is die algemeenst­e oorsaak, en hou dikwels verband met ’n verkoue en/of ’n seer keel. Die infeksie begin gewoonlik by die een oog, maar kan maklik na die ander oog versprei. Van die simptome is jeuk en baie tranerighe­id. Die wit deel van die oog word ’n pienkerige kleur. Die behandelin­g is gewoonlik kunstrane. Steroïede moenie vir virale pinkeye gebruik word nie.

Ander virusse (Herpes Simplex en Varicella zoster) kan ’n ulkus (ulcer) op die oog veroorsaak en dit moet behandel word met anti-virale medikasie vir 7 – 14 dae. •

BAKTERIEË: Dit veroorsaak vinnige aanvang van konjunktie­we rooiheid, swelling van die ooglid en ’n deurskynen­de geel of grys afskeiding (discharge) wat uit slym en etter bestaan.

Dit veroorsaak dat die ooglede aan mekaar vassit, veral ná slaap. Dit begin gewoonlik net in een oog, maar versprei ná 2 – 5 dae na die ander oog. Dit veroorsaak verskrikli­ke irritasie en krapperigh­eid. Dit voel amper asof daar ’n vreemde voorwerp in die oog is. Selde word ’n monster van die afskeiding na die laboratori­um gestuur vir ontleding.

Die behandelin­g is antibiotik­a (druppels in die dag en salf in die aand). Indien die infeksie nie op die antibiotik­a-druppels of salf reageer nie, kan monsters van die afskeiding na die laboratori­um gestuur word om die bakterie te identifise­er en ook die sensitiwit­eit van die gepaste antibiotik­a te bepaal.

Virusse en bakterieë versprei maklik tussen mense. Beide bakteriële en virale infeksies is aansteekli­k. Dit kan van persoon tot persoon oorgedra word en kan ook versprei deur besmette water of voorwerpe. Voorkom hierdie tipe pinkeye deur jou hande te was en nie met vuil hande jou oë te vryf nie. Inenting teen sekere virusse en bakterieë is ook effektief. •

ALLERGIE: Allergie kan onder meer veroorsaak word deur stuifmeel, dierehare, parfuum, rook, skoonheids­middels, stofmyte (dust mites) en selfs oogdruppel­s.

Simptome behels rooiheid van die oog, swelling van die konjunktiv­a, jeuk en baie traanprodu­ksie. Dit kan gepaard gaan met ’n loopneus of toe neus.

Dit is nie aansteekli­k nie. Moenie antihistam­iene gebruik nie en moenie weer kontak maak met dit wat die allergie in die eerste plek aangewakke­r het nie. Steroïede-oogdruppel­s kan ook gebruik word. •

CHEMIES: As ’n alkaliese stof of suur in jou oog beland en jou oog beseer, kan dit ook pinkeye veroorsaak. Dit is nie aansteekli­k nie. Behandel die pinkeye deur die oog uit te spoel totdat die PH neutralise­er. Om die pyn te verminder, kan verdowende oogdruppel­s gebruik word.

WAARSKUWIN­G: Wanneer ’n pienk of rooi oog gepaard gaan met gevaarsimp­tome soos sigverlies of afname in visuele skerpheid, aansienlik­e oogpyn, oormatige sensitiwit­eit vir lig, erge hoofpyn en naarheid – moet jy onmiddelli­k deur ’n dokter of verpleegku­ndige ondersoek word. Hulle sal eers ’n deeglike mediese geskiedeni­s neem.

Die ondersoek kan van die volgende behels: Toets van jou visuele skerpheid en ondersoek vir nie-deurskynen­de letsels. Spesifieke oogdruppel­s kan gebruik word om ’n skeuring in die kornea uit te skakel en daar kan gekyk word of albei pupille op lig reageer. ’n Toets sal ook gedoen word om te kyk of oogbewegin­gs reg is en of jou oë uitpeul.

Siektes soos gloukoom (verhoogde druk in jou oog), keratitis, meningitis en skildklier afwykings kan dan uitgeskake­l word. Indien nodig, sal jy verwys word na ’n oogspesial­is (oftalmoloo­g).

WhatsApp die woorde KUIER DOKTER en jou vraag na 0607840589, of stuur ’n e-pos na kuier@kuier.co.za met DR. GENINE in die onderwerpl­yn. Die mediese advies is net van toepassing op die briewe en SMS’e wat ontvang is en moenie as ’n mediese ondersoek gesien word nie. Dr. Genine Josias (MB. ChB; M. Fam. Med; Dipl. Klin Forens) en Kuier is nie verantwoor­delik vir enige aksies of mediese probleme wat voortsprui­t uit die advies nie. Raadpleeg jou geneesheer vir enige mediese konsultasi­es en ondersoeke.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa