Kuier

KuierCoach

Ons almal sien die wêreld anders en om regtig te verstaan wat iemand bedoel, moet ons ander se perspektie­f verstaan.

- DEUR MICHELLE BLOEM

In die gejaagde samelewing waar ons ook met tegnologie vir aandag meeding, lyk dit soms asof mense die vermoë verloor het om behoorlik na mekaar te luister en te verstaan.

Mense praat verby mekaar, frustrasie bou op en kook oor. Niemand word uitgesonde­r nie. Dit gebeur met jou man of vrou, met familie, vriende en kollegas.

Wanneer mense nie behoorlik na mekaar luister nie, ontstaan daar misverstan­de. Hierdie misverstan­de veroorsaak soms selfs geweld omdat mense voel geweld is al hoe hulle“gehoor”kan word. Maar die belangriks­te is dat hulle kan voel jy gee nie om nie.

Om regtig te luister, is ’n vaardighei­d wat net soos enige ander aangeleer moet word. Wanneer iemand regtig na ’n ander persoon luister, is hul volle aandag by die persoon met wie hulle gesels.

Wanneer mense plek-plek luister net om iets te het om te sê, is hulle nie regtig teenwoordi­g nie. Hierdie mense gryp dikwels na strooihalm­s wanneer hulle jou antwoord en gee soms ’n antwoord wat nie eens pas nie.

Hoe ons ander mense behandel, hang af van hoe ons die wêreld sien. Hoe ons die wêreld sien, hang weer af van wat ons glo, hoe en waar ons grootgewor­d het, ons opvoeding, die media se invloed en wat ons al ervaar het. Elkeen van ons het dus ’n unieke manier van hoe ons die wêreld sien en ervaar.

Elkeen kommunikee­r dus vanuit hul eie perspektie­f van hul wêreld. Konflik ontstaan wanneer mense se siening van die wêreld bots.

Dit bring ons tot by projeksie. Ons gaan selfs so ver as om te sê alle kommunikas­ie is projeksie, met ander woorde, alles wat ons sê, kom vanuit hoe ons die wêreld sien en beleef.

HOE WERK PROJEKSIE?

’n Voorbeeld van projeksie is wanneer ’n vrou haar man van die werk af bel om te sê sy gaan laat werk.

Haar man glo haar nie, want hy kan nie vroue vertrou nie. Hy glo só, want sy ma het hom as kind by sy ouma gelos en weggeloop. Sy ouma moes hom toe grootmaak toe sy ma nie meer kans gesien het vir haar omstandigh­ede nie.

Sy definisie van liefde is dus dat as iemand hom liefhet, sal hulle baie tyd met hom spandeer en baie aandag aan hom gee.

Wanneer sy vrou net laat werk omdat sy die volgende dag ’n deadline het vir ’n projek,“hoor”hy sy sê vir hom haar werk is belangrike­r as hul tyd saam en dat sy hom nie meer liefhet nie.

Dadelik is daar ’n misverstan­d as gevolg van hoe die man die wêreld en vroue oor die algemeen sien as gevolg van sy definisie of“reël”oor wat moet gebeur as iemand hom liefhet.

Uit die voorbeeld kan ons sien elkeen van ons glo nie net dat die wêreld op ’n sekere manier werk nie, maar ons skep ook onbewustel­ik“reëls”oor hoe dinge vir ons werk. Dit is die geval al is dit dalk glad nie hoe dinge werklik is nie.

Die vrou in die voorbeeld weet haar man is bang hy verloor haar ook soos sy ma en weet hy heg waarde aan hul tyd saam.

Sy kon dus die volgende aan hom gekommunik­eer het:“Hallo, my skat, ek weet jy hou nie daarvan as ek laat werk nie, maar ek moet ongelukkig laat werk vanaand. Ek moet ’n projek klaarmaak, sodat ek vroeër op vakansie saam met jou kan gaan. Dan gaan ons soveel meer tyd hê wat ons saam kan geniet.”

Dit is te verstane dat daar misverstan­de en selfs konflik tussen mense ontstaan wanneer hul sienings van die wêreld en die reëls wat hulle vir hulself maak oor hoe die wêreld werk, nie ooreenstem nie.

Om regtig te hoor wat ’n ander mens sê, moet ons dus bewus wees dat hulle die wêreld anders as ons ervaar.

As ons regtig met aandag luister na wat iemand anders sê en in ag neem dat dit net hul manier is hoe hulle die wêreld vertolk, kan ons begin om op hul voorwaarde­s met hulle te gesels.

Wanneer ons regtig met aandag luister, sal ons weet wat vir ander mense belangrik is en kan ons dus wat ons wil sê, oordra in terme van dit wat ons weet wat by hulle aanklank sal vind. Hoe jy iets sê, is dus belangrike­r as wat jy sê. Kontak gerus ’n life coach om jou te help om effektief te kommunikee­r. Besoek Michelle se webwerf by www.salifecoac­hing.co.za of stuur vir haar ’n e-pos na michelle@salifecoac­hing.co.za.

Elkeenkomm­unikeerdus vanuithule­ieperspekt­iefvan hulwêreld.Konflikont­staan wanneermen­sesesienin­g vandiewêre­ldbots.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa