Kuier

LESERSWENK­E

-

Gebruik ’n weggooi-skeerlem om wolletjies en veseltjies van klere af te krap. Werk versigtig anders kan jy die materiaal raaksny. Jou klere sal weer nuut lyk. EVELYN JACOBS, PAARL

Volgende keer as jy klaar avo geëet het, smeer die skil oor jou gesig en laat dit droog word. Was dan af met lou water. Jou vel sal sag wees. JASMINE UYS, ATHLONE

Om al die dooie vel van jou harde hakke af te kry, soak jou voete in lou water. Gooi sout by, vat ’n growwerige seeklip en skuur dit. Smeer dan room aan en trek sokkies aan. ROCHELLE, EERSTERIVI­ER

Kry nikotien uit jou liggaam deur ’n mengsel van 5 ml kremetart en 30 ml ongegeurde jogurt elke oggend te eet. CHRISTA, ELSPARK

Sit piesangski­l op pitswere om dit uit te trek. JENNIFER ROBERTS, PELICAN PARK

Vir haargroei, meng amandeloli­e, klapperoli­e en argan-olie saam in ’n spuitkan. Wend aan en los oornag vir een keer per week. Was jou hare met sjampoe, smeer opknapper aan en spoel af met koue appelasynw­ater. TERONE, WORCESTER

Vir hoë bloeddruk en suikersiek­te: Gooi kookwater op peperboom en koejawelbl­aar en laat dit trek. Drink twee keer per dag. CHRISTOLEN­E KLAASEN, BARRYDALE

Ek sukkel al jare met my wenkbroue. Ek moes dit elke tweede dag pluk, maar toe ontdek ek Vaseline. Ek smeer dit aan my wenkbroue en vandat ek dít doen, pluk ek een keer ’n week. CATHY KERBY, KRAAIFONTE­IN

Voordat jy iets in warm olie bak, gooi ’n paar druppels vanilla essence in ’n bakkie in die kombuis. Dit sal die oliereuk intrek en dan sal jou huis nie soos olie ruik nie. Dit hou ook vlieë weg. AMMAARAH WANZA, STRAND

’n Paar motbolletj­ies onder in die vullisblik voordat jy die plastieksa­k daarin plaas, verwyder alle slegte reuke. MARLENE GERTSE, GANSBAAI

Stik ’n handvol hawermout (oats) in ’n stuk meelsak en gooi die sakkie in jou badwater. Dit sal die water sag maak. Maak die volgende mengsel vir bedsere: Meng ’n bietjie brandewyn met eiergeel en smeer oral waar die sere is. ISABELLA BENADIE, MIDDELBURG

Om te verhoed dat die velletjie van jou wors oopbars, doop dit eers in water. AULBANY DYERS, ELSIESRIVI­ER

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa