Kuier

Boodskap: Oorkom alles met God aan jou sy

Soms is ons so vasgevang in probleme dat ons nie ’n uitweg sien nie, maar met God aan ons sy is niks tevergeefs nie.

- Past. karina kordom

Daar was ’n groot hongersnoo­d in Betlehem toe Naómi, haar man en twee seuns na Moab getrek het om daar ’n beter heenkome te probeer vind. Uit ’n menslike oogpunt is dit seker te verstane dat Naómi baie verbitterd na haar land teruggekee­r het. Dit is daar in Moab waar sy haar man en seuns aan die dood afgestaan het.

Ná 10 jaar keer sy terug na Betlehem met haar skoondogte­r, Rut. Terug in Betlehem, verander sy haar naam, Naómi (liefklikhe­id), na Mara (bitterheid). Die wêreld en lewe het vir haar bitterheid gebring.

Naómi se verhaal is ook myne en so baie ander vroue s’n. Ek het al beide my ouers aan die dood afgestaan en onlangs my enigste broer, maar in dit alles sien ek God se groter plan.

Naómi se lewe is vir my ’n voorbeeld. Ons lees van Naómi se bitterheid, maar ook van haar deelname in Rut se vreugde. Die feit dat Naómi haar man en albei haar seuns verloor het, gee haar genoeg rede om bitter te wees, maar sy het Rut by haar gehad. Eers toe sy deel word van Rut se lewe, toe kry hare sin. Naómi se deelname in Rut se lewe het die geboorte van Obed tot gevolg. Dis so belangrik om nie by die bitterheid te bly nie, maar die doel agter die bitterheid te vind.

Daar is baie Naómi’s, duisende wat met hul eie vreugde dobbel om sodoende geluk en vreugde in ander se lewens te bring. Daar is duisende vroue wat soveel bitterheid beleef as gevolg van kinders wat aan dwelms verslaaf is en misdaad pleeg. Hierdie vroue kan nie aanbeweeg nie om- dat hulle nie closure kan kry nie.

Naómi kon aanbeweeg met haar lewe. Sy het ’n gedagtesku­if gemaak wat haar vrede gegee het. In my eie lewe kan ek net soos Naómi ’n gedagtesku­if maak deur vir God se doel met my verlies, te soek.

Naómi, net soos baie ander vroue, is keer op keer deur tragedie getref, maar ten spyte van haar omstandigh­ede het sy iets in Rut gevind wat haar dwarsdeur bitterheid gelei het na oorwinning.

Daar is so baie vroue wat voel goedheid het hulle verlaat. Hul sin vir die lewe is vernietig en daarmee ook hul geloof in God. Vroue wat as gevolg van hul verlies verwerping beleef, jy verhard jou hart en is bitter. Haak in by Rut soos Naómi. Jy sal ook verander soos Naómi se bitterheid verander het toe sy die skakel tussen Rut en Boas word.

Bitterheid is die pyn wat ons voel wanneer ons God of iemand anders vir ons omstandigh­ede blameer. Dit is ons reaksie op wanhopige gebeurteni­sse in ons lewe. Dit is eintlik die tyd wanneer ons op God moet vertrou ten spyte van ons omstandigh­ede.

Ek leer by Naómi – dat bitterheid ’n mens se lewe so kan oorneem dat jy as vrou onherkenba­ar word.

Maar God is wonderlik. Hy sorg dat daar ’n Rut in elke Naómi se lewe moet wees. God belowe om ons nooit te verlaat nie en om alles ten goede te laat uitwerk. En dis in moeilike tye dat ons God se hand sien. Sy lig skyn deur die duisternis waarin ons vasgevang is.

In my eie lewe het ek ervaar dat God my nooit verlaat het nie – my ouers en broer is weggeneem, maar God het my nog nooit verlaat nie. Deur alles het God ’n plan gehad om my te herstel en hoop te gee. Hy het my herstel sodat ek ’n betekenisv­olle rol in lewens speel wat deur ons samelewing afgeskryf word.

Die beste ding wat Naómi gedoen het, was om haar fokus van haar verdriet af te skuif en op iemand wat haar vreugde bring, te plaas.

“Toe sê die vroue vir Naómi,‘Aan die Here kom die lof toe, omdat Hy vandag vir jou ’n losser gegee het, mag die losser se naam bekend wees in Israel en mag hy vir jou vreugde bring . . .’ Naómi het die seuntjie op haar skoot gevat en hom as haar eie aangeneem.”(Rut 4:14 – 16)

Soos Naómi het ek ook my fokus verskuif en op evangelie-werk geplaas.

God het ’n plan met alle gebroke vroue. Hy belowe,“Want Ék weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die Here, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle ’n hoopvolle toekoms te gee.”

Sy plan en beloftes is steeds dieselfde, maar ’n bitter gees maak jou ontoegankl­ik vir God se wil.

Vrou van God, dink jy nie dis tyd om jou bitterheid, seer en verwyt te laat vaar nie? Dink jy nie dis tyd om by Rut in te haak nie? Watter mure het jy om jou gebou wat jou so blind maak dat jy nie vir Rut kan sien nie, wat te sê nog by Rut inhaak?

Dis nog te laat nie. Daar is hoop vir jou bitterheid. God het vir Naómi gesien, haar verlos en haar herstel. Netso is sy beloftes ook vandag vir ons geldig. *Pastoor Karina Kordom is verbonde aan evangelie-werk in gevangenis­se.

Syplanenbe­loftesis steedsdies­elfde,maar ’nbittergee­smaak jouontoega­nklikvirGo­dsewil.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa