Kuier

Gebed: Bid vir alle vroue vir nuwe krag

Soms is ons lewenspaai­e besaai met dorings en dit voel asof daar geen uitweg is nie. Maar dis met die Here aan ons sy wat ons alles kan oorwin.

- saamgestel deur lavern maarman

Gebed Liewe Heer, Dit laat my hart aan skerwe om te sien hoe vroue verpletter word deur die seer van ander se toedoen.

Here, soms is dit moeilik om die silwer randjie om die pikdonker wolk raak te sien, veral as dit voel asof alles net te veel word.

Here, ek bring elke vrou wie se kinders verslaafde­s, ongehoorsa­am en by verkeerde dinge betrokke is, na U troon. Here hou hulle staande.

Here, kom maak hierdie vroue heel, omskep die bitterheid van die lewe in soete dinge. Verhoed dat bitterheid hulle insluk. Wees hul lig. Lei hulle om hul probleme aan te pak met U aan hul sy. Daar is geen uitweg sonder U nie, want U is die weg.

Gee vir hierdie vroue ’n Rut op wie hulle kan steun. Met wie hulle kan bid, U naam kan aanroep en wie mooiheid in hul lewe kan bring.

Help ons om deur al die donker dinge by U voete te bly en te onthou dat U ons nooit verlaat nie. En dat ons al ons struikelbl­okke by U kan neerlê. Here, gee elke vrou nuwe krag en nuwe hoop in U. Laat ons in U naam jubel. AMEN

A strong woman knows she has strength enough for the journey, but a woman of strength knows it is in the journey where she will become strong. − LUKE EASTER She never seemed shattered; to me, she was a breathtaki­ng mosiac of the battles she won. − MATT BAKER

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa