Kuier

Voorblad: Crystal-Donna Roberts vier vrouwees

Crystal-Donna wil hê vroue moet stereotipi­ese rolle wat die samelewing voorskryf, afskud. En sy dra dié boodskap oor op die beste manier wat sy kan − as aktrise.

- DEUR Tarren-Lee Habelgaarn

As jy kos op die tafel wil sit, kan jy as aktrise nie altyd kies watter rol jy wil speel nie en moet jy dikwels vat wat jy kry. Maar Crystal-Donna Roberts (33) beskou haarself as gelukkig en geseënd, omdat sy die afgelope tyd besig kon wees en ikoniese rolle soos haar een in die bekroonde fliek, Krotoa, kon vertolk en steeds in verskeie mediums van die bedryf kan groei en haar passie uitleef.

En of dit nou in haar persoonlik­e lewe of haar werk as aktrise is, droom Crystal-Donna steeds groot en sê sy niemand anders se persepsies, opinies of invloed sal haar sukses, lewe of drome bepaal nie.

Crystal-Donna is tans te sien in die nuwe kykNET-drama, Fynskrif, wat oor die regsfirma Van Wyk & Vennote gaan. In elk van die 13 episodes het die prokureurs ’n saak wat hulle tussendeur persoonlik­e en familiedra­mas moet hanteer.

Mense mag dalk gewoond wees daaraan dat Crystal-Donna gewoonlik ernstige karakters aanpak, maar in hierdie drama geniet sy dit om die rol van Thandi Ndlovu te vertolk. Sy beskryf die karakter as die snaaksste karakter wat sy al vertolk het en een van haar gunsteling­e wat sy al ooit gespeel het.

“Al is dit ’n regsdrama is daar baie elemente van haar persoonlik­heid wat snaaks is soos die feit dat sy alles wil hashtag en Instagram. Maar sy weet wanneer om ernstig te wees en het ’n klassieke tipe A-persoonlik­heid. As jy iets gedoen wil hê, gaan sy dit doen. Sy sê wat sy wil en daar is nie regtig ’n filterpros­es nie. Sy dink iets en sê dit,”vertel sy opgewonde.

“Die klere wat hulle vir haar gegee het, was ook amazing. Dit was vir my groot pret om hierdie karakter te vertolk,”vertel sy.

basta met geslagsrol

Toe Crystal-Donna besluit om ’n aktrise te word, het sy geweet sy wou hard werk om hopelik toekenning­s te wen, dinge te bereik en ’n verskil in sowel die filmbedryf as die samelewing te maak. Sy wil mense en haarself uitdaag om buite die boksies waarin hulle geplaas word, te dink. Sy wil ook hê dat mense in iemand anders se skoene moet stap sodat hulle mekaar beter kan leer ken en respekteer.

Dit is ook met hierdie ingesteldh­eid teenoor mense en hul situasies dat sy droom alle vroue sal kan leef op die manier

Dietyehetv­eranderen’nmenshoefn­ie meervir’nmantewago­mdingevirj­ou tedoennie. CRYSTAL-DONNA ROBERTS

en tydlyn wat vir hulle die gemaklikst­e is, sonder die druk van die samelewing wat steeds ’n sekere persepsie oor vroue en hul rol in die samelewing het. Ons het Crystal-Donna as ’n sterk en dinamiese vrou leer ken wat die meeste van die tyd, ten spyte van haar stralende persoonlik­heid, ernstige rolle aanpak om vir ander dapper en kwesbare vroue ’n stem te gee. En al is sy mal oor teater, sê Crystal-Donna, is dit juis die proses om heeltemal jouself te omskep in iemand anders en as daardie persoon te kan leef vir ’n tydjie wat haar so opgewonde maak oor film en televisie. Die energie op stel is iets wat sy nie kan beskryf nie en iets wat sy nooit genoeg van kan kry nie. Sy is mal oor die uitdaging om ’n karakter te skep en lewe aan daardie persoon te bring. Nie net deur die fisiese veranderin­gs nie, maar ook deur outentieke storievert­elling en sy glo elke karakter wat sy al vertolk het, leer haar en die gehoor iets anders. “Film is ’n uitstekend­e manier om boodskappe oor te dra aan baie mense op dieselfde tyd en dit is hoekom ek mal is daaroor. Wat ons doen, is meer as net stories vertel en dit is iets wat vir my baie belangrik is,” sê sy. “Mense besef daar is steeds ’n groot probleem wanneer dit kom by die manier hoe stories oor vroue vertel word. Daar is ’n gebrek aan die gebruik van sterk vrouerolle in ons bedryf en om die stories van ander sterk vroue te vertel. Ja, dit gebeur al hoe meer, maar dit is steeds nie genoeg nie. As ’n mens kyk na wat op die oomblik in Suid-Afrika met ons vroue en meisies gebeur; dit is nie reg hoe ons behandel word nie en dit is omdat mans dink dat dit oukei is om vroue en meisies sleg te behandel.”

rolmodelle is nodig

Sy sê dit is belangrik dat vroue en meisies moet leer oor hoe om hulself te beskerm en wanneer hulle verkeerd behandel word, maar as daar nie iemand is om vir ’n jong meisie dit te sê nie, meen CrystalDon­na, is film en televisie ’n sterk platform om hierdie boodskappe oor te dra.

Terselfder­tyd voel sy is dit ook belangrik om goeie rolmodelle rondom ons te hê en sy voel dit hoef nie net in die werklike lewe te wees nie, maar dit kan ook op televisie of in film wees.

Crystal-Donna, wat ’n self ’n groot aanhanger van televisier­eekse is, lag lekker wanneer sy vertel mense kyk haar altyd snaaks aan wanneer sy sê sy kyk televisie om navorsing te doen. Só word sy self deur ander sterk vroue in die bedryf geïnspiree­r soos skrywer en vervaardig­er, Shonda Rhimes en aktrise, Viola Davis.

Dit is vir haar veral aangrypend dat vroue nou ook stories vertel wat hulle opbou en nie net stories of rolle speel waarin vroue die slagoffer is nie.

“Dit is lekker om te sien dat vroue empowered word en dat daar sterk vrouekarak­ters op televisie is om ander jong meisies te inspireer. Ek het nou die dag ’n T-hemp gesien met die woorde:‘Be the doctor your parents wanted you to marry’. Ek dink dit is so belangrik dat ons sulke boodskappe met ons kinders deel,”sê sy.

“Die tye het verander en ’n mens hoef nie meer vir ’n man te wag om dinge vir jou te doen nie. Nog minder moet ’n mens verwag dat ’n vrou se drome of lewe moet verander wanneer sy trou. ’n Huwelik is daar sodat julle mekaar kan ondersteun. Die een se drome is nie belangrike­r as die ander se drome nie en daar moet nie net verwag word van ’n vrou om net ’n ma en vrou te wees nie. Elkeen moet mekaar ondersteun vir hul eie drome en doelwitte.” Crystal-Donna sê dit is ’n saak waaroor sy baie sterk voel en persepsie wat sy graag wil hê die samelewing moet verander.

Toe sy vyf haar gelede getrou het, het sy en haar man ’n ernstige gesprek gehad waarin sy aan hom verduideli­k het en hulle saam besluit het dat hulle met ’n gesin sal begin wanneer die tyd vir hulle reg is en nie wanneer ander besluit dit is tyd nie. Sy meen baie keer ervaar ’n mens druk van familie, vriende of selfs vreemdelin­ge, maar dit is eintlik net ’n man en vrou se besluit wat ander moet respekteer.

“Hy het geweet daar gaan tye wees wanneer ek vir vyf weke in Johannesbu­rg of iewers anders moet gaan bly, maar hy is fine daarmee omdat hy weet dit my droom is wat ek uitleef. Ons het saam besluit ons sal dit maak. Ek is dankbaar om ’n man en familie te hê wat my drome ondersteun en wat nog altyd vir my gesê het dat ek enigiets kan bereik wat my hart begeer,”sê sy.

“Dit is iets wat so belangrik is en wat ons vir al ons jong mense en veral meisies moet leer. Jy kan enigiets bereik en dus is dit vir my lekker wanneer ek geleenthed­e kry soos onlangs toe ek die Cannes Film Festival kon bywoon. Dit was omdat ek ondersteun­ing gehad en hard gewerk het om ’n toekenning te wen. Dít het my die geleenthei­d gegee om een van die oudste film festivals te kon bywoon. Dit is iets wat ek nooit sal vergeet nie.”

 ??  ?? HOOFFOTO: CrystalDon­na Roberts leer hoe dit voel om in ander mense se skoene te stap deur die karakters wat sy vertolk. REGS: Sy jaag al haar drome na sonder om te skroom.
HOOFFOTO: CrystalDon­na Roberts leer hoe dit voel om in ander mense se skoene te stap deur die karakters wat sy vertolk. REGS: Sy jaag al haar drome na sonder om te skroom.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa