Kuier

Inspirasie: Dokter maak hart en beursie oop vir almal

Haar hande staan vir niks verkeerd as dit kom by haar medemens dien nie. Sy maak haar hart oop vir almal – veral vroue met borskanker.

- Deur Elmarine Anthony

Dokter Karin Baatjes (44) is meer as net ’n chirurg wat mense se lewens red en ’n dosent wat toekomstig­e dokters help oplei. Haar passie vir mense strek verder as werk.

Karin, die jongste van vyf kinders, is oorspronkl­ik van De Aar in die Noord-Kaap. Op sewe het hul gesin Kaap toe getrek. Sy het later in Kraaifonte­in skoolgegaa­n en aan Scottsvill­e Sekondêr gematrikul­eer.

“Ek is baie trots om met Scottsvill­e geassosiee­r te word,”vertel Karin in haar kantoor in Tygerberg.

Haar ouers was albei onderwyser­s en sy sê dis een van die redes hoekom sy so akademies gerig is. Ná skool het sy medies by die Universite­it Stellenbos­ch studeer.

Karin se kantoor sê baie oor wie sy is. Tussen die boeke en foto’s van haar gradeplegt­ighede, is die ding wat die meeste uitstaan, ’n handgeteke­nde portret. Dit is ’n portret van die vroulike bolyf wat sy as geskenk by ’n groep van haar studente ontvang het.

Sy sê haar werk het drie komponente wat geïntegree­rd is: Om ’n dokter te wees, navorsing en om mediese studente op te voed terwyl sy werk.

Dit was altyd Karin se plan om ’n chirurg te word en nie net ’n dokter nie, omdat sy daarvan hou om met haar hande te werk.

“Ek hou daarvan om vinnig die impak te sien. Ek is ongeduldig van aard. In chirurgie kan jy die veranderin­g vir die persoon maak, byvoorbeel­d, as jy die blindederm uithaal, gaan die pasiënt die volgende dag beter wees. Dis baie bevredigen­d.”

Haar werk in borskanker is waaraan sy die meeste van haar tyd bestee. Sy is ’n algemene chirurg, maar opereer grootliks op borskanker­pasiënte by Tygerbergh­ospitaal waar sy sedert 2000 werk. Sy sê sy het ’n sagte plek in haar hart vir vroue met borskanker.“Dis nie iets wat jy self veroorsaak nie. Met borskanker, ja daar is risiko-faktore, maar daar is nie ’n vasgesteld­e oorsaak nie. Ek het in die privaatpra­ktyk ook gewerk. Of jy in die privaat- of openbare praktyk werk, die pasiënte is basies dieselfde. Hulle is toegewyde vroue wat beter wil word en hul lewens vir hul families wil verbeter. Dit is lekker om met hulle (die pasiënte) te werk.”

geseënde lewe

Karin sê sy was nog altyd geseënd. Haar ouers het vir haar studies betaal en al wat sy moes doen, was om goeie punte te kry. Dinge was egter nie altyd sonder uitdagings nie. In 2000 het haar pa, Fred (61), ’n maand nadat sy in chirurgie begin spesialise­er het, afgesterf. “Dit was baie moeilik toe hy oorlede is.”Dit was een van

die redes hoekom Karin nie tyd gehad het om op enigiets behalwe haar studies te fokus nie.

Sy was die enigste vroulike kliniese assistent toe sy in 2000 begin het, maar sê geslag was nog nooit iets wat baie op haar gedagtes was nie.“Jy moet ’n goeie chirurg wees of jy ’n man of ’n vrou is. Dit gaan oor die werk wat jy doen, nie oor wie dit doen nie. Toe ek begin het, het mense altyd vir my gevra hoe ek kan opereer met sulke klein hande of hulle is verbaas om te sien hoe kort ek is. Moet ek dan nou lank wees?”grap sy.“Ek het nie tyd gehad om te dink aan wat die mans besig was om te doen nie. Dit was baie harde werk. Ek het net my kop bo water gehou en gefokus.”

Harde werk werp vrugte af, maar tydens haar finale jaar voordat sy as ’n chirurg gekwalifis­eer het, is haar ma, Evelyn (79) met borskanker gediagnose­er. Dit was ook in daardie jaar toe sy in Tygerberg-hospitaal se borskanker­eenheid begin werk het en waar sy steeds vandag werk.“Dit is nie wat my gedryf het nie. Borskanker is so algemeen. Baie van my vriende se ma’s het dit al gehad. Baie mense ken iemand wat dit al gehad het.”

Haar ma se diagnose het ’n beduidende impak op haar gehad en die feit dat sy ’n dokter is, het dit soveel meer uitdagend gemaak.“Sy het ’n operasie en behandelin­g ontvang. Dis baie anders om die dokter te wees as om die dogter te wees. Dis ’n heeltemal ander ball game. Dis baie moeilik, want jou ouer kyk ook na jou om advies te gee en haar gerus te stel. Dit was moeilik om haar nie te behandel nie en om die kind te bly, want dis wat jy bedoel is om te doen, om ondersteun­ing te gee, nie om te behandel nie. Ek het ook by haar gebly.”Karin moes dus borskanker by die huis en by die werk in die gesig staar.

Haar gesig helder egter op terwyl sy oor haar ma se komende verjaardag praat.“Sy word op 15 Augustus 80. Ons is almal baie opgewonde daaroor.”

Karin is vanjaar as hoof van die Universite­it Stellenbos­ch se afdeling Anatomie en Histologie aangestel. Karin handig ook binnekort haar tesis vir haar PhD in. Haar onderwerp kyk na ’n tipe behandelin­g wat postmenopo­usale vroue vir borskanker ontvang. Dis iets wat haar sewe jaar geneem het om te voltooi en ’n opgewonde Karin het reeds ’n lys dinge saamgestel wat sy gaan doen wanneer sy klaar is.“Ek hou van reis. My werk het my baie geleenthed­e gegee om te reis. Ek wil graag Denemarke toe gaan. Ek wil ook meer hardloop, want jy voel net soveel beter.”Karin beplan ook om blatjang en konfyt te maak, ’n stokperdji­e wat sy ’n ruk gelede begin het. Sy het ook altyd vir haar vriende gekook.“Al hierdie dinge wat ek altyd gedoen het, wil ek weer doen.”Sy sien die meeste daarna uit om tyd met haar familie te spandeer. “My familie is belangrike­r as enigiets anders,”benadruk sy.

help ander

Sy het geen kinders van haar eie nie en voel daarom baie sterk daaroor dat sy van haar vermoëns moet oordra om ander mense se kinders se lewens ’n bietjie makliker te maak. As individu help sy altyd wanneer sy gevra word by skole en ander plekke. In 2015 het sy 440 baadjies en 700 pare sokkies vir leerders by ’n skool in Delft ingesamel. En vir haar 42ste verjaardag het sy besluit om ’n 42 km-marathon te hardloop met die doel om R42 000 in te samel.“Ek hou van syfers,”lag Karin. Sy het verwagting­e oortref deur R57 000 vir die borskanker­ondersteun­ingsorgani­sasie, Reach for Recovery se DITTOproje­k in te samel.

Die projek verskaf eksterne prosteses wat vroue wie se borste verwyder is, in hul bra’s sit. Sy is ook ’n raadslid van Reach for Recovery.

Die projek waaraan sy tans die meeste van haar tyd spandeer, is die spensproje­k by die mediese kampus. Dis basies ’n oop kas met kos en higiëniese produkte vir studente wat in die nood is. Elke koshuis het so ’n kas en aan die begin het Karin van haar eie geld gebruik om produkte vir die projek te koop. Hulle hou nou elke kwartaal ’n wedloop om produkte en geld vir die projek in te samel. Karin voel veral baie sterk daaroor dat daar higiëniese produkte moet wees.“Dis maklik om vir iemand ’n sny brood te vra. Dis nie maklik om iemand vir enige tipe higiëniese produk te vra nie.”Karin is ook betrokke by Project Flamingo, waar dokters hul dienste gratis beskikbaar stel deur elke tweede maand op borskanker­pasiënte by Tygerberg- en Groote Schuur-hospitale te opereer.

Karin is onseker hoe om te reageer op die vraag oor waar sy tyd kry vir alles.“Ek doen baie van my navorsing ná-ure. As jy wil en jy voel baie sterk oor iets, sal jy tyd maak.”

Sy mag baie suksesvol wees, maar dr. Karin Baatjes is saggeaard en plat op die aarde met ’n sagte plek in haar hart vir haar medemens.

Jymoet’ngoeie chirurgwee­sof jy’nmanof’n vrouis.Ditgaanoor­diewerk watjydoen,nieoorwied­it doennie. KARIN BAATJES

 ??  ?? HOOFFOTO: Dr. Karin Baatjes is by baie projekte betrokke om haar medemens se lewe te verbeter.
HOOFFOTO: Dr. Karin Baatjes is by baie projekte betrokke om haar medemens se lewe te verbeter.
 ??  ??
 ??  ?? REGS: Karin (links voor) is besig in die teater by Tygerberg-hospitaal met ’n borskanker­pasiënt as deel van die Flamingo-projek.
REGS: Karin (links voor) is besig in die teater by Tygerberg-hospitaal met ’n borskanker­pasiënt as deel van die Flamingo-projek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa