Kuier

Jou kind en Skool: Vind uit hoe gevoelens werk

Ons voel verskillen­de emosies vanaf die dag wat ons gebore is totdat ons sterf. Vind uit hoe jou liggaam werk en wat gebeur wanneer jy gelukkig, opgewonde, liefde of hartseer voel!

- Deur Shirmoney Rhode

Almal het emosies – dit is deel van alle mense se lewenserva­ring.

Emosies is die gevoelens wat ons as mens ervaar in reaksie op verskillen­de gedagtes en situasies. Soms kan jy meer as een emosie ervaar afhangende van die situasie. As jy op ’n roller-coaster gaan, kan jy byvoorbeel­d beide opgewonde en bang voel. Ons reageer op emosies met gesigsuitd­rukkings of aksies soos om te lag of huil.

Babas gebruik veral sulke aksies, want hulle kan nog nie kommunikee­r oor wat hulle voel en hoekom hulle só voel nie. Soos ons grootword, begin ons te verstaan wat dit is wat ons voel en ons weet hoekom ons só voel. Dit word emosionele bewustheid genoem.

Soms voel ons byvoorbeel­d hartseer, bly of vreugdevol, kwaad of woedend, jaloers, opgewonde of bang. Dis belangrik om sin te maak van wat dit is wat jy voel sodat jy weet hoe om op jou emosies te reageer. Jou brein laat sekere chemiese stowwe (hormone) in jou liggaam vry wanneer jy ’n emosie ervaar. Jou liggaam reageer dan op ’n sekere manier afhangende van die emosie wat jy ervaar. As jy byvoorbeel­d bang of kwaad is, begin jou hart soms vinnig te klop of jy haal vinniger asem. As jy gelukkig is, glimlag jy sommer spontaan of as jy hartseer is, loop trane vanself. Emosies kan ook sekere spiere in jou liggaam outomaties laat beweeg sonder dat jy bewus daarvan is. Ons emosies laat ons soms anders optree. As jy kwaad is, sal jy dalk wil skree, as jy bang is, wil jy dalk weghardloo­p.

JOU HART

Ons sê altyd“my hart is seer”, maar emosies kom nie eintlik vanaf jou hart nie, maar jou brein. Die hart is noodsaakli­k vir lewe en pomp bloed vol suurstof deur ons liggaam. Tog voel dit asof ons emosies in ons harte ervaar – jou hart klop vinnig wanneer jy ’n geliefde sien of dit pyn wanneer jy slegte nuus kry. Hierdie verbinteni­s tussen die fisiese sensasies in ons liggaam en emosies begin alles egter in die brein.

AKTIWITEIT

Emosionele bewustheid help ons om onsself te ken en te aanvaar. Kom ons toets dit:

Let op die verskillen­de emosies wat jy deur die loop van die dag ervaar. Noem die verskillen­de emosies en dink aan die situasie wat aanleiding gegee het tot die emosie. Jonger kinders kan prentjies teken van die verskillen­de emosies wat hulle ervaar het.

Hoe sterk het jy dit gevoel? Nadat jy ’n emosie identifise­er en genoem het, neem dit ’n stap verder. Dink aan hoe sterk jy die emosie ervaar het op ’n skaal van 1 – 10, met 1 as die swakste en 10 die sterkste.

Deel jou gevoelens met mense wat die naaste aan jou is. Dit is die beste manier om te oefen hoe om ons gevoelens in woorde te sit. Dit help ons ook om nader aan ons vriende en familie te voel. Maak dit ’n daaglikse oefening om gevoelens met ’n vriend of familielid te deel. Jy kan iets deel wat baie persoonlik is of iets wat bloot ’n alledaagse emosie is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa