Kuier

Jou vagina: Antwoorde op vrae waarvoor jy skaam is

Is jy te skaam om te vra wat daar onder aangaan? Hier is antwoorde wat kan help met ’n ongemaklik­e probleem.

- DEUR marteli brewis

’NBesoek aan die ginekoloog is ’n móét vir elke vrou, maar vir sommige kan dit nogal ’n ongemaklik­e saak raak, want hulle is skaam om álles te vra. Maar as daar een mens is met kennis oor al die dinge wat jy wil weet, is dit jou ginekoloog.

Baie vroue het vrae oor dit wat aangaan in hul onderdele, maar nie almal is eens gemaklik om die woord‘vagina’hardop te sê nie. Dr. Natalia Novikova, ’n bekende Kaapse ginekoloog, het ’n paar van die vrae beantwoord waaroor jy dalk wonder. LYK MYVAGINA NORMAAL? Die enigste manier hoe jy kan uitvind of jou vagina normaal lyk, is om jou dokter – ’n kenner op die gebied – te vra.

Volgens Natalia is jou vagina ’n plek waar jy graag plooie wil hê – ’n normale vaginale wand is redelik gefrommel. Die opening van die vagina het oorblyfsel­s van jou maagdevlie­s (hymen) wat kan lyk soos ’n klein lussie aan die binnekant.

Jou vagina is gewoonlik bedek deur jou labia (die twee velvoue of lippe) en jy kan dit (jou vagina) nie sien nie. ’n Ginekoloog sal ’n spesiale instrument, ’n spekulum of dokterspie­ël gebruik om te kyk wat daar onder aangaan. Dít is gewoonlik die ongemaklik­ste deel van die ondersoek. Natalia raai vroue aan om te probeer ontspan om die proses te vergemakli­k. IS DIT NORMAAL OM ’N BIETJIE TE PIEPIE AS EK LAG OF HOES? Om onwillekeu­rig te piepie, is nie normaal nie en dit kan dui op druklek of urinêre inkontinen­sie (verlies van blaasbehee­r wat veroorsaak dat urine lek)– ’n baie algemene, maar meestal ongediagno­seerde probleem. Dit is meer geneig om te ontwikkel in ouer vroue, nadat jy geboorte geskenk het en soms tydens swangerska­p. Behandelin­g sluit in bekkenvloe­roefeninge (Kegel), vaginale laserbehan­deling of, in meer ernstige gevalle, chirurgie. KAN MYVAGINA SWEET? Jou vagina kan sweet en dit is belangrik om dit altyd skoon en droog te probeer hou. Probeer om altyd katoenonde­rklere te dra. Moenie roll-on aansmeer nie – dit kan meer skade doen as goed. IS DITVERONDE­RSTEL OM DAAR ONDER TE JEUK? Geen gejeuk is normaal nie, waarsku Natalia. Daar is baie moontlike oorsake, waarvan die algemeenst­e ’n swaminfeks­ie (of Candida) is. Dit kan ook ’n veltoestan­d soos ekseem, psoriase of ’n allergie vir produkte wees. WAT IS VAGINALE AFSKEIDING? Dit is slym (ook mukus genoem) wat vervaardig word deur jou serviks (baarmoeder­nek) en vagina se kliere.

Dit is gewoonlik wit tot grys en kan deursigtig of deegagtig wees. Natalia verduideli­k dit is normaal om ’n afskeiding te hê en die hoeveelhei­d wissel van vrou tot vrou. As jy egter voel jy het meer afskeiding as gewoonlik, moet jy maar eerder jou dokter besoek. IS DIT NORMAALVIR MY VAGINA OM ’N REUKIE TE HÊ? Volgens Natalia het normale vaginale afskeiding nie ’n reuk nie. ’n Visserige reuk is gewoonlik ’n teken van bakteriese vaginose wat ’n wanbalans is van jou gesonde vaginale bakterieë.

HOE WEET EK EK HET ’N STD? Volgens Natalia ervaar die meeste vroue geen simptome wanneer hulle ’n seksueeloo­rdraagbare siekte het nie. Jy kan selfs jare met ’n STD rondloop sonder om dit te weet. ’n Branderige gevoel, oortollige vaginale afskeiding, vreemde reuke, maagpyn, pynlike seks, puisies of knoppies in jou geslagsare­a, sere en swere is alles moontlike simptome.

As jy vermoed jy het ’n siekte of daar is ’n kans dat jy een het, maak dadelik ’n afspraak by jou dokter. Sonder behandelin­g kan seksueel-oordraagba­re siektes tot baie ernstige gesondheid­sprobleme soos selfs kanker lei. HOEKOM KRY EK SEERTYDENS SEKS? Daar is baie redes vir pyn wanneer jy seks het, sê Natalia. Moontlike oorsake kan byvoorbeel­d ’n vaginale swaminfeks­ie, ander vaginale of servikale infeksies, endometrio­se, siste of vaginismus (pyn tydens vaginale penetrasie – met ander woorde wanneer iets by die vaginale opening ingaan) wees. As jy baie droog is, kan dit ook pyn veroorsaak. WATTER LUBRICANT MOET EK GEBRUIK? Natalia stel voor jy gebruik K-Y gel wat ’n waterbasis het. Die meeste vroue kies natuurlike smeermidde­ls soos coconut olie. Solank dit nie enige abnormale simptome soos branderigh­eid of swelling veroorsaak nie, kan jy dit veilig gebruik. KAN EK SEKS HÊTERWYL EK SWANGER IS? Ja, seks is veilig tydens ’n gesonde swangerska­p. Jou dokter sal beslis vir jou sê as jy eerder seks moet vermy. IS MY KANSE MINDER OM SWANGER TEWORD AS EK SEKS HET NET NÁ MY MAANDSTOND­E? Volgens Natalia is daar ’n kleiner risiko vir swangerska­p in die eerste week vanaf die eerste dag van jou menstruele siklus, asook ’n week ná jou maandstond­e, maar daar is steeds ’n kans. WERK‘UITTREK’REGTIG NIE? Baie mense gebruik die pull-out-metode as voorbehoed, maar dit is nie ’n goeie idee nie, waarsku Natalia. Die kanse dat dit gaan misluk, is baie groter as wanneer jy regte voorbehoed gebruik soos die“loop”, die pil en kondome. REK SEKS MY VAGINA UIT? Daar is baie mense wat glo dat seks jou vagina kan uitrek. Dit is net ’n mite. Vaginale kindergebo­orte kan jou egter uitrek.

Natalia raai vroue aan om al hul vrae neer te skryf voor hul doktersbes­oek. Jou dokter is daar om jou te help, jou vrae te beantwoord en toestande wat jy dalk het, te diagnoseer en behandel. Dis dalk nie die lekkerste halfuur van jou lewe nie, maar dis baie belangrik, dis meestal nie seer nie en gereelde besoeke help om probleme vroeg op te spoor. Om meer gemaklik en ontspanne te wees, sal jou én jou dokter help. Nie almal voel gemaklik om vrae oor hul vroulike dele vir enigeen te vra nie. Maar wees verseker, daar is niks wat jy kan vra wat jou ginekoloog nog nie gehoor het nie. So trek jou big girl panties aan en vra voort! Vir meer inligting, besoek gerus drnovikova.co.za.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa