Kuier

Verhouding­s: Ouers se verslawing­s knak kinders

Dit is baie vir ’n kind om mee te deal as ’n ouer ’n verslaafde is. Dit is iets wat trauma kan veroorsaak en letsels laat wat hul lewe lank bly . . .

- DEUR ELMARINE ANTHONY *Skuilnaam

Dis ’n ouer se werk om na hul kind te kyk, maar soms word die kind gedwing om die rol van die ouer in te neem. Dis veral die geval wanneer die ouer se gedrag deur drank en dwelms beïnvloed word. En al hou hulle op om dit te gebruik, bly die emosionele letsels en het die verhouding met hul kind reeds skade gely.

Monique Abrahams* (30) van Wellington in die Boland, was omtrent 12 toe sy vir die eerste keer daaraan gedink het om haar pa dood te maak.

“Hy het altyd geval en homself seergemaak. Dit sou maklik gewees het om dit soos ’n ongeluk te laat lyk.”Volgens haar was haar pa ’n alkoholis wat hul lewe hel gemaak het. Hy het geld by haar ma gesteel om sy gewoonte te onderhou en het herhaaldel­ik sy werk verloor. Dit het stres, spanning en depressie onder Monique en haar gesin veroorsaak.

“Wanneer hy nugter was en hom soos ’n regte pa wou gedra, sou ons altyd kwaad wees vir hom dan verstaan hy nie hoekom nie. Hy het nooit die dinge onthou wat hy aangevang het terwyl hy dronk was nie.”

Só het die lewe aangegaan vir Monique. Sy het gou vergeet van die sorgvrye dae voordat die drankduiwe­l in haar pa oorgevat het en toe sy nog ’n normale kinderlewe gehad het.

Die rol van kind en ouer was nou omgekeerd. Haar pa was onvoorspel­baar toe hy dronk was en moes altyd mooi dopgehou word. Sy kon nooit vriende na haar huis toe neem nie omdat sy skaam was vir haar pa. Sy het die meeste van haar tyd ná skool in die huis spandeer“om seker te maak hy brand dit nie per ongeluk af nie”. Hoewel hulle soms sy drank uitgegooi het, het hy altyd ’n manier gevind om drank in die hande te kry.

Die situasie met haar pa het ook spanning tussen haar en haar ma veroorsaak.

Eendag toe sy hom nie reg“opgepas” het nie, het hy dronk gery met ’n voertuig wat nie aan hom behoort het nie.

Haar ma het haar kwaai gevra hoekom sy geslaap het terwyl haar pa wakker was.

“Ek het natuurlik sleg gevoel. Gelukkig het hy nie ’n ongeluk gemaak nie. Dit sou nie die eerste keer gewees het nie. En alhoewel ek nooit wou hê my ma moet hom los nie, het ek haar later begin verwyt omdat sy aanhou gedreig het om dit te doen, maar dit nooit gedoen het nie.”

Toe sy skool klaarmaak, het sy onmiddelli­k uit die huis getrek. Haar pa het verskeie kere probeer om op te hou drink en sou soms vir dae aanmekaar nugter wees.

Ná verskeie pogings kon hy dit egter die laaste keer regkry nadat hy ’n na rehabilita­siesentrum toe is.

Dis nou vier jaar sedert hy opgehou drink het en sy probeer nou haar verhouding met haar pa herstel.

“Vier jaar se nugterheid kan egter nie opmaak vir jare se hel nie,”sê Monique. Ricardo Fielies* (14) van Elsiesrivi­er buite Kaapstad sê hy het nou uiteindeli­k ’n goeie verhouding met sy ma nadat sy vir 14 jaar op dwelms was. Sy is nou vir die afgelope drie jaar nugter.

Ricardo sê hy word nog soms kwaad wanneer hy dink aan“al die tyd wat hulle verloor het”. Dit was glad nie maklik vir hom toe sy ma nog op dwelms was nie.

“Dit was baie embarrassi­ng omdat al my vriende geweet het. As ek met hulle gestry het, het hulle dit altyd voor my kop gegooi. ‘Jou ma is ’n tikkop.’En dit het my baie seergemaak.”

Hy kon altyd op sy ouma staatmaak vir ondersteun­ing en hulle het saamgebid. Hy sê al was dit moeilik, het hy altyd by sy ma gestaan en geweet sy sou eendag ophou dwelms gebruik.

“Dit was glad nie maklik nie en ek wens dit vir niemand toe nie. Dis nie lekker wanneer jou ouers dwelms bo jou kies nie.”

Ricardo, wat tans in graad 7 is, sê hy het soms gesukkel om op skoolwerk te konsentree­r en het een keer ’n graad gedruip daaroor.“Ek moes nou in hoërskool gewees het.”Hy is egter bly omdat dinge nou“baie beter”tussen hom en sy ma is.

die skade kan bly

Judith Gordon-Drake, ’n kliniese maatskapli­ke werker in Johannesbu­rg, sê daar is vyf algemene eienskappe wat kinders van verslaafde­s toon. Hulle voel hulle moet in beheer van hul gedrag en gevoelens wees, sukkel met intieme verhouding­s, hulle is perfeksion­iste (het ’n verhoogde sin van verantwoor­delikheid), het ’n neiging tot kompulsiew­e gedrag en het vrese om verlaat te word.

Volgens Judith staan verslawing bekend as ’n familie-siekte omdat dit die hele familieste­lsel aantas en disfunksie in die familie veroorsaak. Dit is normaal vir kinders van verslaafde­s om verward, gefrustree­rd, kwaad en hulpeloos te voel.

“Die daaglikse skande om met verslawing te lewe, het ’n uitwerking op die hele gesin. Dis ’n siekte wat op skande gebaseer is. Kinders moet deur die skande werk. As die verslaafde hulp kry om nugter te word, moet die hele gesin hulp kry omdat hulle almal (emosioneel) beskadig is.”

Sy sê dis belangrik vir kinders om te besef hulle kan nie hul ouers se verslawing­s beheer nie, maar volwasse kinders kan verantwoor­delikheid vat vir hul eie geluk en gesondheid. Dis belangrik vir kinders van verslaafde­s om drie basiese dinge te verstaan: Hulle het dit nie veroorsaak nie, kan dit nie beheer nie en kan dit nie genees nie.“Hulle moet egter bewus wees van nuwe oortuiging­s wat hulle het wat deur hul ervarings gevorm is. Hulle kan ook nuwe gesonde maniere identifise­er om verslawing en hul verslaafde ouers te hanteer. Dit is verder goed om hulself af te sonder en hulp vir hulself te kry. Hulle moet bewus wees van hoe hulle geraak is.”

Marna Acker, ’n arbeidster­apeut by Akeso-kliniek in Nelspruit, sê volwasse kinders van verslaafde­s is telkemale onseker van hul ouer se toekoms weens die fisiologie­se gevolge van dwelm- en drankmisbr­uik.“Die gevoel van onsekerhei­d kan tot vrees en angs lei. Voorts word die verhouding erg beskadig weens wantroue, teleurstel­ling en aanhoudend­e konflik. Dit kan alles lei tot depressie en selfmoordr­isiko’s.”

Sy stel voor die gesin ondersteun die verslaafde emosioneel en fisies en dat dit dalk kan beteken om profession­ele hulp te kry. Sy sê kinders moenie bydra tot die probleem deur vir hul ouer geld of toegang tot dwelms of alkohol te gee nie.“Probeer om konflik oor die probleem te vermy, veral wanneer hulle onder die invloed is, maar maak seker elkeen in die gesin weet dat hul gedrag onaanvaarb­aar is.”

Volgens Marna is dit belangrik vir volwasse kinders om grense te het, konsekwent te wees en om nie toe te laat dat hulle gemanipule­er word nie.“Tough love is soms nodig om jouself en jou gesin te beskerm.”

Mense het die opsie om ’n hof te vra om iemand te dwing om teen hul sin behandelin­g te kry. ’n Maatskapli­ke werker moet gekontak word om te help met hierdie proses. Volgens Marna kan dié proses egter traumaties wees vir beide die verslaafde en die familie, maar dis nodig om hulp te soek.

Diegevoelv­an onsekerhei­dkan totvreesen­angs lei.Voortsword­dieverhoud­ingergbesk­adigweens wantroue,teleurstel­lingen aanhoudend­ekonflik.Dit kanallesle­itotdepres­sieen selfmoordr­isiko’s. MARNA ACKER

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa