Kuier

Versekerin­g: Weet presies wat jy gaan uitkry

Polisse is ’n goeie uitweg om jou bas te red as jou huis brand, goed gesteel word of iemand sterf, maar jy móét weet wat jy teken.

- Deur Marteli Brewis

Baie van ons glo versekerin­g is net ’n geldmaakst­orie – tot die dag wat die weerlig jou tref, jou geyser bars of ’n brand uitbreek. Só het Janie Opperman (31) en haar man, Kevin (36), van Witbank aan die begin van verlede jaar geleer nadat hul huis afgebrand het. Hulle was met vakansie. Vieruur een oggend het ’n buurman gebel. “Julle huis brand af!”Hulle het eers gedink hy skeer die gek, maar teen daardie tyd het die dak al begin ingee.

Die Oppermans het dadelik teruggejaa­g huis toe.“Ons het kwart oor ses by die huis opgedaag en die vlamme was ver bo die dak,”onthou Janie. Die inspekteur vermoed daar was ’n kortsluiti­ng êrens. Die skade was enorm – alles in die huis was óf afgebrand óf beskadig deur die brandweer se water.

Alles wat hulle oor die jare opgebou het – net weg in ’n oogwink.

Gelukkig het die Oppermans gebou- en inhoudsver­sekering gehad, maar dit was nie kinderspel­etjies om dit uit te sorteer nie. Janie se advies is dat jy altyd moet weet wat in jou kontrak staan en jy moet weet wat jou regte is, sodat jou verseke- raar jou nie in ’n blik kan druk nie. Weet ook vooraf waarvoor jy verseker is en wat uitgesluit is. Verder stel sy voor dat jy nie al jou versekerin­g op een plek het nie.“Ja, dis gemaklik, maar as jy so ’n groot eis sou insit, tel dit teen jou en jy word geklassifi­seer as ’n hoë risiko,”verduideli­k sy. Nou, meer as ’n jaar nadat hul huis afgebrand het, is hul versekerin­g gekanselle­er omdat die maatskappy hulle as ’n hoë risiko beskou en hul premie met 20% wou verhoog. Tog erken Janie versekerin­g is baie belangrik, want daarsonder sou hulle baie meer verloor het.

“Dis ook baie goed om dinge soos jou bouplanne op datum te hê en iewers anders gebêre as net jou huis, so ook jou belangrike polisdokum­ente en COC (certificat­e of compliance) van jou huis.”

Wynand van Vuuren, woordvoerd­er van King Price Insurance, verduideli­k gebouverse­kering dek gewoonlik die fisiese strukture op jou eiendom, soos jou huis, buitegebou­e en enigiets onbeweegli­k. Dit sluit in jou geysers, volvloerma­tte, ingeboude kaste, ingeboude oond, oprit, mure, garages, heinings, stoep, swembad (en pomp), boorgat, hekmotors, ondergrond­se pype en kabels en water-, gas-, elektrisit­eit- en foonverbin­dings – enigiets

wat jy nie kan saamvat as jy trek nie.

As jy ’n grasdak of ’n lapa het, moet jy jou versekeraa­r inlig omdat sekere veiligheid­smaatreëls in plek moet wees voordat dit gedek is, byvoorbeel­d dit moet met Thatch Safe behandel word en moet ’n SABSgoedge­keurde weerligafl­yer hê. Selfs al het jy dit alles, is dit steeds ’n groot brandrisik­o en sal jou premie opstoot. Hoe ver dit van jou huis af is, sal ook ’n invloed hê.

Jy het ’n sertifikaa­t nodig om te bewys jou gasstoof (of enigiets wat met gas werk) voldoen aan die nodige vereistes en jy het ook ’n brandbluss­er in jou kombuis nodig. Gas is ’n baie hoër risiko as elektrisit­eit.

Wendyhuise en ander“los”strukture, insluitend alles wat daarin is, moet saam met jou huisinhoud verseker word.

wat is die waarde?

Dit is baie belangrik dat jy jou gebou verseker vir wat dit werd is, meen Wynand.

’n Gebou se versekerde waarde (vervanging­swaarde) moet dek wat dit sal kos om, ten tye van die eis, die gebou te herstel of te herbou van die fondasies op. Hierdie bedrag moet die groot goed soos grensmure, solar panels en ’n swembad insluit, asook die klein goedjies soos krane en teëls.

Die versekerde waarde moet ook die goed insluit waaraan ’n mens nie dink nie – die worst case scenario, soos slopingkos­tes asook die profession­ele en munisipale fooie wat deel is van die bouproses. Daarom is dit beter om eerder te oorverseke­r as om te onderverse­ker. As jy twyfel, kry eerder profession­ele hulp van ’n waardeerde­r, want as jy onderverse­ker, sal jou versekeraa­r net ’n pro-rata bedrag betaal indien jy eis.

Versekeraa­rs assesseer jou unieke risikoprof­iel wanneer hulle jou premie uitwerk. Daarom is dit baie belangrik om 100% eerlik te wees wanneer jy hul vrae beantwoord, meen Wynand. Hulle sal jou vra oor jou krediet- en eisegeskie­denis, asook jou gebou se fisiese eienskappe, ligging en sekuriteit­smaatreëls. As jy jok om ’n laer premie te kry, gaan jy baie spyt wees wanneer jy die dag wil eis en jou versekeraa­r nie uitbetaal nie.

Die area waarin jy woon, bepaal ook jou risikoprof­iel. As jy in byvoorbeel­d ’n hoë misdaad area bly, sal jou premie ook hoër wees.

Maak altyd seker jy verstaan presies waarvoor jy in is, insluitend waarvoor jy verseker is en waarvoor nie, waarsku Wynand. As jy nie ’n term of ’n woord verstaan nie – vra! As jy nie verstaan hoe die eisproses werk nie – vra!

Volgens die Treating Customers Fairlyregu­lasies wat die finansiële dienste bedryf reguleer, is dit jou reg om duidelike, verstaanba­re inligting te kry waarop jy jou besluit kan baseer.

Charmaine Moses (68) van Kraaifonte­in was geskok om uit te vind haar versekerin­g betaal nie uit in geval van ’n inbraak as haar alarm nie aan is nie.“Ná 20 jaar se paaiemente het hulle nie ’n sent opgedok nie, net omdat ek vergeet het om die alarm-knoppie te druk voordat ek uitgegaan het,”vertel sy ontsteld. Nou is sy haar TV en ’n hele klomp geld kwyt. Geen versekerin­gsmaatskap­py sal ’n eis uitbetaal as jy sê jy het ’n alarm en hy was nie aan of in ’n werkende toestand nie, waarsku Wynand.

Wanneer jy besluit om versekerin­g te kry, is daar twee roetes wat jy kan volg: Jy kan direk met die versekeraa­r werk of ’n makelaar kry.

Wynand stel voor jy hersien jou gebouverse­kering jaarliks om seker te maak jou versekerde bedrag hou tred met inflasie en enige ander faktore wat moontlik die boubedryf beïnvloed. Jy moet ook altyd jou versekerde bedrag aanpas as jy enige verbeterin­gs, aanbouings of opknapping­s aangebring het.

beskerm ook inhoud

Baie mense slaap gerus as hul gebou verseker is, maar vergeet heeltemal van die inhoud. Dit voel of dit onnodig is om jou TV en messegoed te dek, maar verbeel jou jy verloor elke appliance in ’n brand – dis ’n groot klomp geld om op een slag uit te gee. Huisinhoud­versekerin­g dek ook jou besittings wanneer dit uit jou huis gesteel word.

Onthou ook as jy huur, is jy as huurder gewoonlik verantwoor­delik daarvoor om jou eie besittings te verseker, terwyl die eienaar die gebou moet dek.

Dit kan soos ’n groot klomp geld voel om elke maand te spandeer aan ’n“wat as”-scenario. Volgens Wynand sal die meeste versekeraa­rs vir jou ’n beter premie aanbied as jy jou polisse kombineer of “bondel”. Byvoorbeel­d, dis moontlik dat jy ’n beter premie sal kry as jy jou kar, huis en huisinhoud by dieselfde maatskappy verseker.

Nog iets waaraan min mense dink wanneer dit kom by hul huise en die versekerin­g, is persoonlik­e aanspreekl­ikheid. Het jy geweet as jou vriende kom braai en jou afdak val op een se kop, hy jou kan dagvaar vir sy mediese kostes? Of as jou muur omval in jou buurman se swembad, hy van jou kan verwag om dit uit te sorteer? In hierdie gevalle sluit die meeste omvattende gebouverse­kering persoonlik­e aanspreekl­ikheidsdek­king in.

Dit dek jou teen die toevallige dood of besering van ander mense, die verlies of skade aan hul besittings asook die regskoste om so ’n eis te verdedig of uit te sorteer as die ongeluk op jou eiendom gebeur het. Dit dek ook die besering of dood van jou huiswerker­s ingeval van ’n ongeluk op jou eiendom.

Maak ook seker jou versekerin­gspolis dek natuurramp­e of soos dit in die versekerin­gsbedryf bekend staan,“acts of God”. Dit sluit in skade as gevolg van storms, wind, weerlig, hael, oorstromin­gs, sneeu en aardbewing­s. Dit sluit gewoonlik nie aardversku­iwing (landslides) in nie en jy moet bykomend verseker word hiervoor, so maak seker jy weet wat is jou versekeraa­r se beleid hieroor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa