Kuier

Alternatie­we produkte

-

Kan jy glo in die 70’s moes vroue nog hul doekies op verskeie kreatiewe maniere aan hul panties vasmaak omdat dit toe nog nie kleefband op gehad het nie? Gelukkig het tegnologie vinnig gevorder en jy hoef nie eens meer elke maand doekies of tampons te gebruik nie. Daar is ander opsies: •

’n Mens kry oulike herbruikba­re doekies wat ’n paar jaar kan hou. Jy knip dit aan jou pantie vas en was dit net as jy dit klaar gebruik het. Dit is effens aan die duur kant om mee te begin, maar daarna sal jy hope geld spaar aangesien jy nie meer elke maand produkte hoef te koop nie. •

As dit dalk vir jou te bonkig klink, kan jy vir jou ’n“period pantie”aanskaf wat ’n sanitêre doekie ingebou het in die vorm van absorberen­de materiaal. Dit kan dieselfde hoeveelhei­d bloed absorbeer as twee tampons! Hierdie broekies is ideaal vir vroue wat nie seker is wanneer hul maandstond­e begin nie en is blykbaar baie gemaklik. Dit is wasbaar, wat beteken dit is ook beter vir die omgewing. •

Menstruele sponse is beslis nie almal se koppie tee nie, maar nog ’n alternatie­f. Jy sit dit in om die bloed te absorbeer. Jy kan een spons vir ’n jaar lank gebruik. •

Hoewel menstruele koppies al vir jare bestaan, het dit eers onlangs gewild geraak. Dit werk baie eenvoudig: jy sit dit in jou vagina, dit vang die bloed op en jy maak dit elke 10 tot 12 ure leeg. Dit kan ook lank hou – party tot 10 jaar!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa