Kuier

KuierCoach

Niemand kom dieselfde anderkant mishandeli­ng uit nie. Begin só planne maak om uit ’n abusive verhouding te kom.

- DEUR SYDENE CLOETE

Wanneer iemand in ’n abusive verhouding bly, is daar baie redes, soos ’n gebrek aan selfwaarde, ’n gebrek aan selfrespek, geen eie plek in die samelewing nie of omdat sy ’n skadu van die man geword het.

Hoe kan ’n vrou staande bly te midde van fisiese, emosionele of finansiële mishandeli­ng en heel aan die anderkant uitkom? Die antwoord is, sommige kom nie heel uit nie. Ander mense is nie noodwendig stukkend nie, maar sterker, broser, harder, kil en gestroop van vertroue. Nie stukkend nie, maar ook nie dieselfde nie.

Wanneer ’n vrou genoeg gehad het en soos ’n leeuwyfie opstaan en brul met áls in haar om haarself, maar veral haar kinders te beskerm, dan is sy onkeerbaar! Wanneer is genoeg genoeg? Genoeg het geen maatstaf nie. Vandag is dit ’n hoop sand en môre is dit net ’n korrel wat daai kameel se rug finaal laat breek. Genoeg! Stop! Nee! Ek weier! Nie meer nie! So baie keer word die woorde gegil, maar die aksie of wil om tot daardie aksie oor te gaan, ontbreek.

Dit verskil van persoon tot persoon. Vir een vrou is dit een of twee verbale woede-uitbarstin­gs, vir ’n ander ’n gewelddadi­ge pluk aan die arm en vir ’n ander is dit jare se klappe, skoppe, vuishoue, blou oë, gebreekte ribbes en leuens.

Elke situasie is anders

Geen situasie is identies aan ’n ander nie. In elke situasie hanteer die mishandeld­e en die mishandela­ar die situasie met life tools wat hulle in hul wêrelde opgedoen het. Persepsie en projeksie speel ’n groot rol vir hulle albei.

Ons is creatures of habit en ons vind selfs sekuriteit in die ongesondst­e situasies. As dit bekend is, vind ons ’n vals veiligheid in vrees, in plaas van veiligheid in die onbekende, al sê jou nugter brein vir jou dis beter om te loop. Dié gevaarlike situasie word dan ’n gemaksone. Wanneer jy in ’n gemaksone is, strem jy persoonlik­e groei en kan jy nie in die beste weergawe van jouself ontwikkel nie.

Wat van die kinders?

Mishandeli­ng speel ’n groot rol in kinders se karakter en menseverho­udings. Hierdie kinders het ’n versteurde beeld van wat ’n verhouding moet wees. Hulle kan voel dis hul skuld en met ’n ewige skuldgevoe­l saamlewe wat hul lewens op alle vlakke negatief beïnvloed. In baie gevalle is skoolboeli­es ook kinders wat by die huis mishandel word. Dit gee hulle ’n gevoel van beheer en daarom sal hulle maklike teikens uitsoek.

In ander gevalle herhaal die geskiedeni­s van gesinsgewe­ld homself wanneer die kinders wat slagoffers was, self in verhouding­s ingaan. Dit weerspieël die teenoorges­telde van ’n liefdevoll­e en vredeliewe­n- de verhouding. Jaloesie, verbale en fisiese mishandeli­ng, onthouding van aanraking, belaglike strafritue­le en besitlikhe­id vorm deel van só ’n stormagtig­e verhouding.

In ander gevalle weer, kan kinders ’n beskerming­sdrang teenoor hul ma’s ontwikkel dat hulle dikwels planne beraam oor hoe om van die mishandela­ar ontslae te raak en dit dan ook probeer deurvoer. Angsaanval­le en nagmerries is ander tekens van hoe die kinders se lewens beïnvloed word.

Hoekom bly vroue?

Om weg te breek, word fisies en emosioneel beperk. As gevolg van jare se mishandeli­ng, ontbreek moed en selfvertro­ue. Moontlike ander redes sluit die volgende in: Geen heenkome en ondersteun­ing. Finansieel afhanklik van mishandela­ar. Glo nie in skei nie en glo dis beter vir die kinders om albei ouers in hul lewe te hê. Weet nie hoe om oor te begin nie. Skaam om veroordeel te word. Bang hulle word nie geglo nie. Hulle is bang, want hulle glo die mishandela­ar sal hulle weer in die hande kry.

Wat kan jy doen om weg te breek?

Bemagtig jouself. Vind ondersteun­ingsgroepe. Neem iemand in jou vertroue. Vind ’n manier om te spaar sodat jy ’n nuwe begin kan maak. Gaan na die polisie. Doen aansoek vir ’n interdik of veiligheid­sbevel.

Reël met ’n familielid of vriendin vir tydelike verblyf.

Dit is nooit te laat vir ’n nuwe begin nie. Solank as wat jy vandag ’n beter besluit as gister neem, beweeg jy vorentoe.

Leavingfor­me wasaproces­s,not anevent. SLAGOFFER VAN GESINSGEWE­LD

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa