Kuier

THELTOM VLIEG HOOG

Al is sy skryfwerk al keer op keer afgekeur, het hy nooit toegelaat dat enigiets hom terughou nie. Nou lê daar groot dinge – soos sy eie telenovela – vir hierdie Kuier- klong voor!

- DEUR CHRISLYNN SIAS

Dis menige jong draaiboeks­krywer se droom om hul stories op die kassie te sien lewe kry en al leef die 25-jarige Theltom Masimila van Kraaifonte­in nou daardie droom, motiveer dit hom om net hoër te mik.

Theltom is Arendsvlei, kykNET se nuutste telenovela, se skrywer en vervaardig­er. Arendsvlei wat onder meer handel oor tienerswan­gerskap, huishoudel­ike geweld, gedragspro­bleme en coloured upliftment, beloof om kykers vasgenael te hou. Theltom sê volgende op sy lys is ’n Netflix-reeks!

En soos ons hierdie klong van ons ken, sal dié droom nie meer lank net ’n droom bly nie.

Theltom van Scottsdene in Kraaifonte­in, Kaapstad, is geen vreemdelin­g vir Kuier- land se mense nie. Nee, dis juis in Kuier waar sy eerste kortverhaa­l gepublisee­r is.

Hy verklap dít was die oomblik toe die skryfgogga behoorlik byt en sedertdien het hy voor sy rekenaar geboer. Dit was ook die oomblik wat ’n wêreld van stories vir hom geopen is.

Theltom sê hy het nooit eens skryf as ’n loopbaan oorweeg nie.

“Ek het twee jaar medies studeer oor ek nooit eens daaraan gedink het om te skryf vir ’ n loopbaan nie. Dit was regtig net ’ n hobby – iets wat ek geniet het om in my vrye tyd te doen. Ek sou nooit kon dink dat dinge só vir my sal uitdraai nie,” sê hy amper asof hy dit steeds nie kan glo nie. Want voor hierdie groot oomblik met

Arendsvlei, het Theltom storielyne vir die gewilde sepies 7de Laan op SABC2 en

Suidooster op kykNET geskryf. En hy was toe nóg jonger.

Maar dit was altyd sy droom om ’ n TVreeks te skryf. Dis toe hy besluit het om

Arendsvlei aan kykNET te pitch. Hy het vir sewe jaar daaraan gewerk en het dit begin skryf toe hy net 19 jaar oud was.

Sy gesig helder op voor hy entoesiast­ies begin vertel: “Dis ’ n storie wat in die Kaap afspeel. Die fokuspunt is die skool, Arendsvlei Hoër, en al die drama, hartseer en geluk wat daarmee gepaard gaan. Toe ek jare terug daaraan begin skryf het, was dit net vir my logies dat ’n skool die middelpunt moet wees. ”

ONDERWYS IN FAMILIE

Theltom kom uit ’n familie van onderwyser­s – sy pa, tweelingbr­oer en peetma is almal onnies.

“Ek ken daai wêreld,” sê hy oor hoekom sy reeks by ’n skool afspeel.

Die reeks was ongelukkig afgekeur en vir ’ n paar jaar het dit stof vergader op Theltom se rekenaar.

Dis nie die enigste terugslag wat die jong skrywer gehad het nie, maar sê om op te gee was nooit vir hom ’ n opsie nie.

“Voor ek in 2015 by 7de Laan as skrywer aangesluit het, het ek verskeie scripts aan Danie Odendaal gestuur en vir drie maande het hy glad nie reageer nie. Tot eendag. Hy het my ge-SMS om ’ n ontmoeting te reël en siedaar! Ek moes ’ n toetsepiso­de skryf.”

Ongelukkig was sy poging onsuksesvo­l, maar hy is wel vier weke later gekontak om die dialoog van een episode te

skryf. Daarna is hy eers ’ n kontrak van drie maande aangebied, wat toe verleng is na ’ n jaar. Dit was nie die einde van Theltom se lucky streak nie.

Suidooster het hom toe ook genader om vir hulle te skryf. “Dinge was aan die gebeur en sedertdien was dit baie meer opdraand as afdraand.”

En dis op dié positiewe noot dat Theltom vroeër vanjaar vir Arendsvlei aan Penguin Films, die produksiem­aatskappy vir wie hy nou werk, voorgelê het. Penguin Films het toe weer aan kykNET gepitch en hierdie keer was die voorleggin­g in die kol! “Ek het gesien daar is nou ’ n mark vir

Arendsvlei. Ons makeer ’ n platform waarop ons mense se stories vertel kan word, nie net die negatiewe nie, maar ook die positiewe. Ons moet so baie in die gesig staar en dit moet vertel word. Mense moet weet,” sê hy passievol. Volgens Theltom bied kykNET&kie nou daai platform.

Op die vraag oor waaruit hy inspirasie put, antwoord hy eerlik, “Lees. As ’ n mens lees, voed jy jou verbeeldin­g. Terwyl jy lees, sal daar altyd iets wees waaruit jy iets kan pluk.”

Die energieke jong man vertel Arendsvlei is ’ n fiktiewe dorp in die noordelike voorstede van Kaapstad. Hoërskool Arendsvlei is ’ n onafhankli­ke skool en die middelpunt van alles.

“Die skoolhoof Beatrice, vertolk deur Jolene Martin, het die skool gestig om vir die kinders in die gemeenskap ’ n goeie opvoeding teen ’ n bekostigba­re prys te bied. ’ n Passieproj­ek wat befonds is deur erfgeld ná haar pa se dood.”

Hy is geheimsinn­ig oor waarna kykers alles kan uitsien in Arendsvlei. “Baie drama asook verbode liefde, skuld, skandaal, liefdesdri­ehoeke, passie en moord. Dis sommer ’ n lekker mengsel,” sê hy opgewonde.

Terwyl hy ons op die stel rondwys, laat val Theltom doelbewus dat ’n skietvoorv­al by die fiktiewe skool, Hoërskool Arendsvlei, gaan plaasvind. Dit gaan glo sorg vir groot drama en hartseer.

ROLVERDELI­NG

Oor die rolverdeli­ng kan Theltom nie uitgepraat raak nie.

“Dis mense wat ek as kind na op die kassie gekyk het. Dit was my sterre en nou speel hulle in mý reeks. Dis surreal! Daar is ook nuwelinge wat hul verskyning gaan maak. Dit is regtig ongeloofli­k,” vertel Theltom op sy kenmerkend­e borrelende wyse.

Gesoute akteurs soos Oscar Petersen, Jolene Martin, Jody Abrahams, Melanie du Bois, Crystal-Donna Roberts en Sherman Pharo is in Arendsvlei te sien.

Hy kan nog minder uitgepraat raak oor sy span kreatiewe skrywers. Die skrywers wat vir Arendsvlei skryf, is Quanita Adams, Margaret Goldsmith, Roberta Durrant, Johan Davids, Henri Cloete, Retief Scholtz en Ilse Oppelt.

“Die storielyne is universeel. Dit fokus hoofsaakli­k op familie. Dit is die storie van ’ n broer en suster wat ’ n verskil wil maak in die gemeenskap, maar hul lewens word onherroepl­ik verander ná ’n skietvoorv­al.”

Theltom het die volgende te sê oor wag op kykers wag: “Die taalgebrui­k is Kaaps. Dis baie gemaklik en eie aan die mense wie se stories ons vertel. Ons kan nie wag om die kykers te vermaak met karakters wat baie beslis in hul harte gaan kruip nie.”

Met ’ n glimlag, wat van oor tot oor strek, vertel hy trots vroue staan n sentraal in die reeks.

“Daar is ’ n vrou as ’n protagonis onis en ook ’ n vrou as antagonis. Meer as dit kan ek nie sê nie, maar wat ek wel kan sê, is dat kykers uit kan sien na ’ n lekker mix!”

Theltom vertel borrelend dat hy steeds starstruck is oor al die groot sterre wat nou in sy reeks gaan speel.

“Mense, julle sal nooit glo hoe ek steeds uitfreak as ek die mense sien nie. ’n Mens het mos maar altyd net die mense as kind op die TV gesien en nooit eens gedink dat jy hulle ooit sal ontmoet nie.”

Hy herinner ons saggies dat hy nie eintlik ’ n mens vir die limelight is nie.

Laggend sê hy: “Ek hou glad nie van in die limelight wees nie. Waar ek nou is, is ek op my beste – agter die skerms. Vir my gaan jy nie sommer voor ’ n kamera kry nie!”

Dié reeks, wat by Atlantic Studios in Milnerton en Axios Hoërskool in Eersterivi­er in Kaapstad verfilm word, word vervaardig deur Penguin Films, eksklusief vir kykNET&kie en eindig eers in September 2019.

“Dis ons mense se stories, vertel en gespeel deur ons mense.”

So, wat kan ons volgende verwag van ons Kuier- klong? Hy lag uitbundig voor hy ernstig verklaar: “Die volgende stap is ’n internasio­nale reeks. En nee, ons gaan nie na hulle toe nie, hulle moet na óns toe kom en ons unieke talent hier op ons eie tuisgrond kom vind. ’ n Netflix-reeks wat oral opslae gaan maak. Ek sien dit en ek glo dit,” sê Theltom vasbeslote.

Ons kan nie wag om te sien wat hy volgende gaan vermag nie . . .

ONDER: Theltom en Melanie du Bois werk nou weer saam.

 ??  ?? HOOFFOTO: Theltom Masimila is die skrywer van die nuwe telenovela, Arendsvlei.
HOOFFOTO: Theltom Masimila is die skrywer van die nuwe telenovela, Arendsvlei.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa