Kuier

Sjokoladem­ousse-laagkoek

-

Lewer 1 koek

BESTANDDEL­E Koek

275 g koekmeel 3 teelepels bakpoeier 3 eetlepels donker kakao ¼ teelepel sout 300 g suiker 1 koppie water 6 eiers, geskei 1 teelepel vanilla essence ½ koppie sonneblomo­lie ½ teelepel kremetart (cream of tartar)

Ganache

1¼ koppies room 230 g melksjokol­ade in stukkies gebreek 2 eetlepels kitskoffie

Sjokolade-glaze (opsioneel)

1 eetlepel gelatien 175 g donkersjok­olade 100 ml water 150 g strooisuik­er (castor sugar) 350 ml kondensmel­k 25 g kakaopoeie­r, gesif

METODE Koek

Voorverhit oond tot 180°C. Smeer twee ronde koekpanne en voer met kleefvrye bakpapier. Sif meel, bakpoeier, kakao en sout saam. Voeg suiker, water, eiergele en geursel by en klits tot glad. Klits eierwitte en kremetart tot sagte punte vorm. Vou eierwitte by die beslag in. Verdeel die beslag tussen panne. Bak vir 25 – 30 minute. Koel heeltemal af.

Ganache

Verhit die room in ’ n klein pot tot net voor kookpunt. Verwyder van hitte en roer sjokolade en koffie daarby. Laat staan vir 10 minute en roer dan deur tot glad. Laat koel die mengsel heeltemal af en verkoel in die yskas vir 20 – 30 minute. Klop die ganache totdat dit soos mousse lyk. Smeer dit tussen die koeklae en bedek die hele koek daarmee. Versier die koek met bessies en blommetjie­s indien jy nie glaze gaan oorgiet nie. Indien jy die glaze ook gaan gebruik, plaas die koek vir ’ n uur in die vrieskas voordat jy die glaze oorgiet en volg die volgende stappe.

Sjokolade-glaze

Hierdie glaze kan al ’ n dag of wat voor die tyd voorberei word om tyd te bespaar. Plaas die gelatien en die helfte van die water in ’n bakkie en laat dit staan vir 5 minute. Plaas die sjokolade in ’ n hittebesta­nde bak. Gooi die ander helfte van die water, suiker, kondensmel­k en kakao in ’ n klein pot. Bring die mengsel tot kookpunt en verwyder die pot van die hitte. Roer die gelatien by die mengsel tot opgelos. Giet dié warm mengsel oor die sjokolade en laat dit staan vir 5 minute. Klits liggies met ’ n draadklits­er tot glad. Giet deur ’ n sif om seker te maak daar is geen klonte in nie. Laat die glaze afkoel tot omtrent 32°C – 33°C. Haal die koek uit die vrieskas en plaas op ’ n draadrakki­e booor ’ n oondskotte­l. Giet die glaze versigtig oor die hele koek. Omdat die koek gevries is, sal die glaze dadelik stol. Plaas die koek op ’n opdienbord en versier met vars bessies en blommetjie­s. Moenie die koek weer in die yskas sit nie. Die koek sal sy glans verloor as jy dit doen.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa