Kuier

Mini-wafels met nuggets

-

Lewer omtrent 20 nuggets en wafels

BESTANDDEL­E Hoender

4 ontbeende hoenderfil­ette 1 koppie meel 2 eetlepels hoenderspe­serye 2 eiers, geklits 2 koppies broodkrumm­els

Wafel

2 eiers, geskei 1 eetlepel suiker ’n Knippie sout 2 eetlepels gesmelte botter ½ koppie melk 1 koppie bruismeel (selfraisin­g flour) 1 teelepel bakpoeier Stroop of sous vir opdiening

METODE Hoender

Kap die filette plat met ’ n koekroller en sny dan in happiegroo­tte stukkies. Plaas die meel in ’ n plat bak, die geklitste eier in ’n tweede bak en die krummels in ’n derde bak. Geur die hoender met die hoenderspe­serye en doop om die beurt in meel, eier en broodkrumm­els. Pak op ’n bakplaat en verkoel vir 30 minute. Braai alkant in vlak olie tot gaar en bruin.

Wafel

Klits eierwitte totdat punte vorm en hou eenkant. Meng eiergele, suiker, sout, botter en melk saam. Roer bruismeel en bakpoeier by die nat bestanddel­e tot gemeng. Vou eierwitte in by die beslag. Bak eetlepels van die beslag op ’n warm wafelpan. Stapel die wafels en hoender om die beurt en bedruip met goue stroop of soetrissie­sous. Bedien dadelik.

WENK: Vir ’n vullende ligte ete, maak die wafels groter, die nuggets heel en bedien met groente.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa