Kuier

KIES DIE BESTE‘ B VIR VIR‘ JOU

Die perfekte roetine vir somerhare is om nie te veel tyd daaraan af te staan nie. Daar is baie behandelin­gs wat jou kan help om gesonde, vars en sterk hare te kry met min moeite. Oorweeg Hair Botox of ’n Brazilian treatment.

- DEUR KYRA LOUBSER

TIP: Gebruik altyd die aanbevole sulfaatvry­e sjampoe en opknapper om ná die behandelin­g te gebruik.

Hair Botox

As jy gedink het botoks (botox) is iets wat net ou ryk vroue doen om hul plooie weg te steek, gaan jy verras wees. Daar is ook nou ’n botoksbeha­ndeling vir jou hare. Dis ’n alternatie­f vir ’n Brazilian blowout vir hare wat droog, swak en leweloos is van al die hitte en bleikmidde­ls.

Wat doen dit?

Hair Botox is ’n vinnige manier om jou hare weer lewe te gee. Hierdie behandelin­g maak gebruik van onder meer keratien, koringkiem- en argan-olies en Vitamiene A, C en E wat kitsresult­ate gee. Dit gee jou hare volume en maak dit terselfder­tyd beheerbaar. Jou hare sal blink, bevogtig en sterk wees en minder mince. Jy kan dit gebruik om jou Brazilian op te touch. Dit maak nie jou hare so reguit soos ’n Brazilian nie, maar gee eerder meer volume.

Só werk dit:

• Jou hare word gewas met ’n detokssjam­poe om dit heeltemal skoon te kry. • Die behandelin­g word in seksies van jou haarwortel tot -punt aangewend. • Jou hare word met plastiek toegedraai en vir 30 minute aangelos en dan uitgespoel. Dit kan ook jou haarkleur varser laat lyk.

Wat is die verskil?

Botoks is ideaal vir mense met fyn hare. ’n Brazilian of keratienbe­handeling is dikwels te swaar vir fyn hare en laat dit dunner en olieriger lyk.

Brazilian

As jy sukkel met hare wat aanhou mince en droog en beskadig is, is die Brazilian blowout dalk jou oplossing. Hierdie behandelin­g het die laaste paar jaar gewild geword en baie sweer by dié treatment wat jou draad binne ’n paar uur omskep in ’n gladde, hanteerbar­e haredos.

Wat doen dit?

Met ’n Brazilian word elke haar met ’n vloeibare keratienfo­rmule bedek. Só ’n behandelin­g kan tussen een en twee ure duur afhangend van hoe lank en dik jou hare is en hoe reguit jy dit wil hê. Dit beskerm jou hare teen hitte en sal dit sterk en glansend laat. Die nadeel is dat die fumes tydens die treatment nogal sterk kan ruik en jou oë laat traan. Swanger vroue word afgeraai om hierdie treatment te doen.

Só werk dit:

Jou hare word gewas om dit heeltemal skoon te maak.

Die formule word dan in seksies van jou haarwortel tot -punte aangewend. Jou hare word daarna drooggebla­as tot glad.

’n Spesifieke flat iron word gebruik om die produk te seël. Hierna word jou hare weer gewas en ’n masker aangewend.

Laastens word jou hare weer gestileer.

Hoe lank hou dit?

Beide Hair Botox en Brazilian blowout hou vir drie tot vier maande afhangend van hoe vinnig jou hare groei en wat jou oorspronkl­ike haartekstu­ur is. Daarna kan jy jou hare versorg deur net sjampoe en conditione­r sonder sulfaat en chloor te gebruik sodat die behandelin­g langer hou. Hair Botox en Brazilian treatments is net beskikbaar in salonne en die pryse verskil gewoonlik van plek tot plek. Vir Hair Botox betaal jy enigiets van R400 tot R800. ’n Brazilian sal jou R500 – R1 000 uit die sak jaag.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa