Kuier

VERWERK SÓ JOU VERLIES

Die dood is vir niemand maklik nie en beslis ook nie as jy ’n grootmens is nie. Kenners gee raad oor hoe om die verlies te hanteer.

- DEUR MARTELI BREWIS

Die dood is dalk soos belasting – dis iets wat niemand kan vryspring nie – maar kan enigiets jou werklik voorberei op ’ n geliefde se afsterwe?

Veral wanneer jy self al ’ n bietjie ouer is, verwag mense byvoorbeel­d dat jy vinniger aanbeweeg ná ’ n ouer se dood, want dis mos nie onverwags nie. Só jy vat maar jou goed en gaan aan, smile op die gesig, maar binne is jy stukkend – ’ n klein kind wat wens hy of sy kan hul ouer nog ’ n drukkie gee . . .

Elsie Beukes (65) van Kuilsrivie­r in die Kaap vertel sy het haar man, Julius (69), eerstehand­s só gesien toe sy ouers ná lang en goeie lewens sterf. Sy was stomgeslaa­n toe hy met sy ma se begrafnis met trane in sy oë vir haar sê, “nou is ek ’n weeskind”.

Dié volwasse man in sy middeljare met opgeskote kinders van sy eie, haar stil, sterk held, was soos ’ n onsekere seun wat gevoel het hy het niemand in die wêreld oor nie.

Julius erken hy het ’ n ruk lank so onveilig gevoel. “Dis asof ek my plek in die lewe verloor het. Ek was nog nooit so hartseer nie en vir my as man was dit vernederen­d. Ek is mos veronderst­el om sterk te staan, my gesin te ondersteun. Dit was vir my moeilik om my kop weer op te lig,” sê Julius.

Deesdae mis hy steeds sy ouers, maar hy steek dit in sy sak en gaan aan. Dit is vir hom moeilik om te erken dat hy steeds met die hartseer worstel.

“Ek wens ek kon nog een keer saam met my pa ’ n bier drink en vir sy grappies lag, dat hy weer vir my kan sê hy is trots op my. Of vir my ma vertel hoe lief ek vir haar is en hoe lekker haar beskuit was.”

Dis eers toe Elsie dieselfde pad stap, dat sy besef het hoe diep Julius se seer is.

“Om die waarheid te sê, ek het gedink

Dis asof ek my plek in die lewe verloor het. Ek was nog nooit so hartseer nie en vir my as man was dit vernederen­d. Ek is mos veronderst­el om sterk te staan, my gesin te ondersteun. JULIUS BEUKES

hy hou homself simpel. Totdat dit my beurt was. Die hartseer was oorweldige­nd. Ek het so verlore gevoel. My ma is vier jaar gelede al oorlede. Sy was baie oud en sieklik. Haar dood was amper ’ n verligting – sy het so swaar gekry en was net ’ n skaduwee van die vrou wat ek so bewonder het. Maar ek was verbaas hoe hartseer ek was en hoe ek sedertdien nog nie al die stukkies van my hart weer bymekaar kon kry nie.

“Ek tel steeds die foon op om haar iets te vertel as iets groots gebeur of selfs as ek net lus is vir gesels. Ek mis haar so baie. Dis iets wat altyd op die agtergrond is, nooit regtig weggaan nie. Partykeer tref dit my uit die bloute en vang die verlange en hartseer my heeltemal onkant. Drie dae ná haar dood was ek terug by die werk, maar nou nog wens ek partymaal ek kan net in die bed bly en huil.”

HARTSEER IS DIEP

Joy C l arke ,’ n verhouding­s terapeut van Kaapstad, meen dit is nooit maklik om ’n ouer te verloor nie.

“Ek dink hierdie tipe smart is geweldig ontstellen­d, maak nie saak wanneer dit gebeur nie,” sê sy.

Volgens haar word daar egter in vandag se samelewing van volwassene­s verwag om nie die verlies van ’ n ouer so intens te ervaar as kinders of jongmense nie en ons word vertel dat dood ’ n normale deel van die lewe is en daarom kan dit ons nie so ontstel nie. “Ons sal dít nooit vir ’ n kind sê nie,” meen sy.

In haar werk het sy al talle kere die resultate van hierdie “onerkende” pyn in haar kliënte gesien – dis amper asof mense skaam voel dat ’ n ouer se dood hulle so diep raak. “Om jou emosie ongesê te laat, te onderdruk, kan verreikend­e gevolge hê,” waarsku Joy.

“Wat baie van ons nie besef nie, is huidige verliese, soos byvoorbeel­d aftrede, om te trek of ’ n leë nes, resoneer met vorige verliese en veroorsaak dat verlies en smart meer en meer kompleks raak soos wat ons ouer word,” verduideli­k sy.

Dit beteken alle issues waarmee jy nie deal nie, bou op totdat dit later te swaar word vir jou om te dra. Daarom herinner Joy aan die belangrikh­eid van ’ n goeie ondersteun­ingstelsel wat vriende, familie, spirituele groepe soos jou kerk of Bybel- studiegroe­p en terapeute insluit. Hulle sal kan help om die diepte van jou hartseer te probeer verwerk. Dit sal tyd vat om jou hart weer gesond te maak, maar elke verlies in jou lewe verdien ’ n proses van rou of treur. Die aktrise, Melanie du Bois (voorheen

7de Laan se Felicity), het ook in haar voorblad onderhoud in ons 5 September 2018-uitgawe vertel hoe mense vir haar gesê het sy moet oor haar susterskin­d se dood en haar suster se selfmoord kom, “omdat dit immers ’ n paar jaar gelede al gebeur het”.

Maar, het Melanie gesê, die seer is nog baie rou en die tyd wat sedertdien verloop het, maak nie ’ n verskil aan die grootheid van haar smart nie.

Dr. Pauline Boss verduideli­k in haar boek, Loss, Trauma and Resilience, daar bestaan nie iets soos afsluiting of “closure” wanneer dit kom by dood nie. ’ n Mens kan nie net afskakel hoe jy voel nie, net ontslae raak van daardie liefde vir iemand wat nie meer hier is nie. Dit sal altyd deel bly van wie jy is.

Daar word gesê daar is vyf stadiums van treur: ontkenning, woede, onderhande­ling, depressie en aanvaardin­g. Maar, waarsku Boss, dit beteken nie wanneer jy by aanvaardin­g kom, gaan jou hartseer noodwendig weg nie. Verlies is iets waarmee jy moet lewe. En dis oukei as dit nog soms seermaak.

Ook, hoe meer mense wil hê jy moet “oor iets kom”, hoe langer neem dit gewoonlik. Volgens haar moet ons ophou om mense te probeer forseer om “daaroor” te kom, want dit help niemand nie.

MENSE SE GEDULD

Tog wil dit lyk of die samelewing minder geduld het wanneer jy as volwassene oor jou ouers rou. Joy meen dit is omdat niemand wil erken dat die lewe net tydelik is nie. “Ons almal glo ons moet jonk bly, jonk lyk, ons lewens bestuur en ons lewe in ontkenning oor die dood. Maar dood is die een ding wat ons nie kan ontwyk nie. Daarom, wanneer iemand sterf, probeer ons ons gevoelens begrawe en die verlies ignoreer,” verduideli­k sy.

Daar is egter sekere dinge wat jy kan doen om jouself voor te berei vir wanneer die tyd kom. Joy stel voor jy praat soveel moontlik met jou ouers, sibbe en eggenoot oor die realiteit van die dood, die verligting en hartseer wat dit gaan bring. Beplan saam met jou ondersteun­ingsnetwer­k en gee jouself toestemmin­g om soms weer ’n kind te wees. Wat ook help, is om vooraf begrafnisb­eplanning te doen – watter tipe diens wil jou ma hê, wat is haar gunsteling-gesange, watter kos moet bedien word en wil sy begrawe of veras word? Dít bring nie net die onvermydel­ike realiteit in fokus nie, maar bring vrede vir beide partye.

Tog sal dit jou steeds hard tref wanneer jou ouer sterf en Joy waarsku dit raak erger voordat dit beter word en jy manier moet vind om die verlies in jou lewe te integreer.

Veral die tweede en derde maande ná die dood kan skielik baie eensaam en hartseer wees en teen daardie tyd verwag die meeste mense al dat jy aanbeweeg het. Dis juis dan wat jy moet aanhou praat en jouself toestemmin­g gee om te voel wat jy voel. Maak ook seker jy kry genoeg rus en slaap – die rouproses is ’n fisiese, emosionele en geestelike proses wat jou baie kan uitput.

Probeer ook skryf, vertel, dans, stap, tuinmaak – enigiets wat innerlike kalmte bewerkstel­lig. Gebruik die dag voor ’n spesiale geleenthei­d (soos Kersfees of verjaardae) om jou ouer te mis, sodat jou hartseer jou nie keer om nuwe, gelukkige herinnerin­ge te maak nie. En onthou, emosies kom in golwe – haal diep asem en gee jouself ’n oomblik om jou balans weer te vind.

Vir meer inligting of om hulp te kry, besoek gerus Joy se webblad by www.joyclarket­herapy.com

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa