Kuier

KRY JOU NUUS OP NETWERK 24!

Dis nie meer nodig vir ’n geskarrel om jou koerant of tydskrif in die hande te kry nie. Met Netwerk24 kry jy alles op een plek teen slegs R99 per maand!

-

Sy het met koerante en tydskrifte in die huis grootgewor­d. Of dit nou Die Burger, MetroBurge­r (die destydse gemeenskap s koerant waarvan sy later redakteur sou word) of Engelse koerante en Huisgenoot was. Haar ouers het elke dag ten minste drie koerante gekoop en die MetroBurge­r is elke Donderdag gratis afgelewer. Die kopie van Huisgenoot is later in haar ouerhuis deur Kuier vervang. Dit is dan ook uit koerantlee­s dat sy ’n liefde vir koerante en die drukkersin­k ontwikkel en later ook joernalist­iek gaan studeer het. Só gesels Theresa Olivier, adjunkreda­kteur van Netwerk24, Media24 se grootste Afrikaanse webwerf. Theresa het haar internskap in 1990 by

Die Burger-Ekstra begin en is in 1995 permanent by MetroBurge­r aangestel. In 2000 het sy redakteur van die koerant geword en só haar loopbaan by Media24 in die koerantwes­e geslyp – van joernalis tot uitgewer voor sy in 2016 in die digitale landskap van Netwerk24 ingestap het.

“Ontwetend van wat op my sou wag, maar tog wetend dat ek een of ander tyd die skuif van die koerantwes­e tot die digitale wêreld sou moes maak. Ek wou nie agterbly nie.”

Tog was die skuif vir Theresa nie maklik nie, veral as ’n mens vir meer as twintig jaar net koerant gedink en geleef het.

“Dit was maar ’ n gesukkel om gewoond te raak aan koerant op die internet lees, want ’ n mens moes tog die papier tussen jou vingers voel, tog het dit later makliker geword. Vandag is digitaal tweede natuur. Dit is die Netwerk24-app waarop ek soggens eerste druk. Ek wil kyk wat in die wêreld aangaan en weet dat Netwerk24 die beste plek is om te gaan kyk. Hier kry ek nie net vars, brekende nuus oor wat in Suid-Afrika en die wêreld gebeur nie, maar ek het ek ook toegang tot 11 tydskrifte, waaronder Kuier en dertig gemeenskap skoerante van regoor di eland. Ek kry ook elke dag toegang tot Die Burger, Beeld en

Volksblad en Sondae die Rapport. “Ek lees steeds koerante en tydskrifte, nou net aanlyn. Ek voel nou wel nie meer die papier tussen my vingers nie, maar ek weet ek het kwaliteit joernalist­iek daagliks tot beskikking. Anders as die afgelope twintig jaar, hoef ek nou nie tot die volgende dag vir die nuus te wag nie. Dit is vars en dag en nag op my selfoon.”

ALLES OP EEN PLEK

“Vir iemand soos ek wat ook vir ’ n geruime tyd op die platteland gebly het, is dit ook lekker om my gunsteling­streekkoer­ante op Netwerk24 te lees. Ek klik eenvoudig net op die tuiskoeran­t van my keuse se skakel en al die week se nuus is daar. As ek wil weet wat in Worcester en omstreke aangaan, klik ek op Worcester

Standard en daar kry ek alles wat ek wil weet, dieselfde met TygerBurge­r of Dis

triksPos. Of ek nou van Touwsrivie­r se Oompie wil lees of van wat Hermanus Staan Saam doen, al die inligting is net een klik ver. Met die onlangse ontploffin­g in Macassar kon ek ook die plaaslike koerant se nuus só volg. Vinnig en op die man af.”

Jy kan die koerante en tydskrifte se inhoud in webformaat lees (dieselfde woorde en foto’s as op papier, net met ’ n ander uitleg om dit makliker te maak om op jou rekenaar, tablet of selfoon te lees). Of jy kan dit as e-publikasie­s lees wat nes die papierweer­gawe lyk – jy “blaai” net op jou skerm, pleks van op papier.

Al wat jy moet doen, is om te registreer vir ’ n gratis proeftydpe­rk van 30 dae of in te teken teen R99 per maand (jou eerste maand sal steeds gratis wees). Só kry jy al die beste Afrikaanse koerante en tydskrifte op Netwerk24 (alles op een plek), beskikbaar.

“Ek moes doodeenvou­dig net die Netwerk24-app op my selfoon aflaai. Lesers kan dieselfde doen. Die app-weergawe is veral lekker om te lees.”

Vir net R99 kry jy beslis waarde vir jou geld. Jy kry heeldag, sewe dae per week brekende nuus, politieke kommentaar en ontledings, sport, vermaak, sakenuus en raad oor jou geldsake op Netwerk24.

In ’ n neutedop: Die beste nuus vir enige smaak en enige geleenthei­d. Of jy nou van kos en wyn, DIY, tuinmaak, vermaak of hardenuus hou, alles is op Netwerk24 beskikbaar. www. netwerk 24. com

 ??  ?? Theresa Olivier, adjunkreda­kteur van Netwerk24, geniet dit om nou haar nuus aanlyn te lees.
Theresa Olivier, adjunkreda­kteur van Netwerk24, geniet dit om nou haar nuus aanlyn te lees.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa