Kuier

NAMELEKKER­S

Die feit dat mense namelekker­s móét dra, maar hul koskaste is leeg, krap aan haar. Sy stel voor ouers hou matigheid voor oë.

- DEUR ERNUSTA MARALACK

As daar een ding is wat ek nog nooit regtig kon verstaan nie, is dit ons mense se beheptheid met name brand-tekkies. Dit maak nou nie saak of die koskas (of yskas) leeg staan en of sekere skuld vir die maand geskip moet word nie óf nuwe skuld gemaak moet word nie, maar daai paar name brand-tekkies móét die kind – tot op babas – kry!

Man, dis Nike, Adidas, Puma, Reebok, All Stars, you name it – ons mense kan maar swaar kry, maar niks gaan tussen hulle en ’ n paar name brand-tekkies staan nie. Gaan kyk maar net hoe lyk dit byvoorbeel­d Desember in die tekkiewink­els soos wat ons mense hul bonusse blaas sodat die hele gesin op Krismis die nuutste tekkiemode­s kan dra.

Daai tyd worry niemand oor Janu-worry nie. Al wat saak maak, is “wat die mense gaan sê” as jy of jou kinders weer met ’n duidelike paar tekkies uitsteek!

Maar ek gaan nie maak asof ek nie in ’n stadium ook heeltmal meegevoer was deur die hele name brand-tekkie hype nie.

Op hoërskool het ek elke trick in die boek probeer om my ma, wat daai tyd maar ’ n paar honderd rand ’ n week verdien het, sover te kry om vir my ’ n paar Adidas te koop. Ek was my hele lewe lank vet en glad nie sportief nie. Maar toe bedink ek in gr.10 ’ n plan en sluit by my hoërskool se sosiale tennisklub aan. En tennis speel ’ n mens mos in tekkies en ek sê vir my ma “dis onmoontlik om in goedkoop tekkies tennis te speel. Dit móét Adidas wees, want dis sterk vir die rondhardlo­pery op die tennisbaan. Goedkoop tekkies gaan nie hou nie”. My arme ma het ingegee en ek weet nie hoe lank sy aan daai paar Adidas afbetaal het nie, maar ek kon nie vir my worry nie.

Sy het my nie eens ’ n tennisweds­tryd in daardie einste paar Adidas sien speel nie. Al waaroor ek omgegee het, was dat ek uiteindeli­k my heel eerste paar nametekkie­s gehad het en ek ’n trappie hoër geklim het op die social ladder.

Maar die ding van duur, name brandtekki­es is, jy bly nie lank voor nie, want daar is alewig ’ n nuwe “maak” wat uitkom, wat almal gaan dra en wat jy voel jy móét ook hê. Ek het egter geweet met my ma se karige weeklikse loon en my pa se fabriekswe­rkersalari­s waarmee hy ’ n gesin van vyf mee moes onderhou, sou ek nooit kon byhou nie. Toe hou ek op goed begeer totdat ek nie self daarvoor kon werk nie.

En ja, ek koop sedertdien self vir my name brand-tekkies. Ek het tans net twee paar Nikes, maar ek het dit nie gekoop om by te hou met modes of enigeen nie, maar omdat ek al goedkoper tekkies gekoop het en op die ou end meer geld uitgegee het. Toe besluit ek ek koop gehalte wat langer hou, maar ek weier om myself in die skuld te druk vir tekkies. Ek koop dit kontant wanneer ek ’ n ekstra geldjie het. Ek is nou ook ’ n ma van twee meisies (een is vier jaar en die ander vier maande) en my oudste het verlede jaar haar eerste paar name brand-tekkies gekry. Weer- eens nie om in te wees nie, maar omdat die goedkoper tekkies wat ek al vir haar gekoop het, net ’n maand gehou het. Maar ons koop vir haar ook net een keer ’n jaar ’n paar indien nodig en wanneer daar ’n ekstra geldjie is.

Maar ek weet ook ons almal is nie dieselfde nie en mense kan met hul geld doen wat hulle wil. Al wat ek wil sê, is moenie jou kinders so grootmaak dat hulle dink hul waarde as mens word gemeet aan hoe duur die skoene en klere is wat hulle aanhet nie.

“Dis onmoontlik om in goedkoop tekkies tennis te speel. Dit móét Adidas wees”.

En ouers, ek weet ons wil ons kinders die beste gee, maar laat daardie beste langtermyn­voordele het. Byvoorbeel­d, in plaas daarvan om vir jou kind vier pare name brand-tekkies per jaar te koop, koop een of twee pare en spaar daai ander pare se geld in ’n investment account wat rente verdien. Jy sal verbaas wees hoeveel geld jy sal het oor 12 jaar wanneer jou kind skool klaarmaak. Dié geld kan eendag vir hul tersiêre opvoeding gebruik word sodat hulle hulself kan bekwaam om selfonderh­oudende volwassene­s te wees. Hulle kan dan eendag self koop wat hul hart begeer en nie van jou verwag om jou in die skuld te druk – en dit vir ’n paar name brand-tekkies nie!

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa