Kuier

AntieVal

Sukkel jy met jou liefdeslew­e? Hier is raad.

-

Ma worry nie Vraag VERSTOOT KINDERS

Liewe Antie. Ek ken iemand wat elke dag drink en sy kry nooit tyd vir haar kinders nie. Sy stel meer belang in drank en is net drie dae in die week sober. Ek wil net hê sy moet minder drink en na haar kinders kyk vir ’n slag. Haar kinders het haar nodig en sy weet sy is ’n enkelouer. BEKOMMERD

Antwoord BESTE BEKOMMERD

Ai, dit maak my hart so seer as ek sulke goed hoor. En jy het ’ n goeie hart om jou hieroor te bekommer, maar as die antie nie self hulp soek nie, gaan dit niks baat nie. Het jy al met haar gepraat? Kry iemand om jou by te staan soos ’ n familielid of die dominee. Ek hoop nie sy gebruik die kinders se Allpay-geld om só te drink nie, want dan sal daar ingegryp moet word. Te veel kinders ly onder ouers se gedrinkery. Daar gebeur sulke lelike goed in die wêreld met kinders en ons wil nie hê die kinders moet ook slagoffers word van geweld of seksuele dade nie. As sy nie wil hoor nie, is daar drastiese stappe soos om die welsyn in te roep. Miskien sal sy dan luister as sy besef sy kan hulle verloor.

Vraag MOET OU BLY OF GLY?

Antie, ek is 22 en het ’n maand gelede uitgevind ek en my ekskêrel gaan ’n baba hê. Voor dit alles het ons probleme ervaar tot hy my verneuk het met sy eerste kind se ma. Hy antwoord die vrae wat ek hom vra met, “ek sal jou antwoord as ek gereed is”. Hy het nog nooit vir my in soveel woorde gesê hy wil my nie meer hê nie. Toe ek die nuus aan hom breek van die swangerska­p, het hy ook gesê dat hy nog nie weer gereed is vir nog ’n kind nie. Ek is nog lief vir hom. My eintlike vraag is: Laat ek dit alles gaan en gaan voort met my lewe en probeer die beste doen vir my ongebore baba of moet ek aanhou hoop vir die beste moontlike resultaat tussen ons twee? VERWARD

Antwoord BESTE VERWARD

Daar is ’ n spreekwoor­d wat sê niemand is so blind soos dié wat nie wil sien nie. Wil jy nou rêrig só aansukkel met ’ n man wat niks vir jou voel nie?

Dis tyd dat jy die waarheid in die oë kyk, want iemand wat so hanna-hanna en reguit in jou gesig sê hy wil nie ’n kind hê nie en nog rondjol, wil nie met jou wees nie. En ’n kind gaan niks tussen julle regmaak wat hy nie wil reghê nie.

Jy is nog jonk en moet nou liefs konsentree­r om die beste ma vir jou ongebore kind te wees. As jy nie na die kind gaan omsien nie, wie gaan? Jou kind het nie gevra om hier te wees nie, so konsentree­r op die baba. Ek hoop ook jy het familie wat jou darem kan bystaan, want dis nie lekker om alleen deur so iets te gaan nie. As dinge te rof raak, vra vir hulp, want om goed na jou kind te kan kyk, moet jy ook na jouself kyk.

Vraag OU IS ’N WILLIEWERK­ER

Hi, Antie. Ek het ’ n probleem met my boyfriend. Ons is al drie jaar saam en hy wil nie werk nie. Hy verkies om hom muf te rook aan die dagga. Ons moet maar saans sonder kos gaan slaap. Ek werk, maar pay eers einde van die maand. Deur die maand as hy nie dagga het nie, vat hy die kos en verkoop dit. Ek kan nie meer nie, ek soek hulp asseblief, Antie. MOEDELOOS

Antwoord BESTE MOEDELOOS

My liewe kind, jy verdien beter. Die liefde mag blind wees, maar beslis nie dom nie!

Jy kan met jou eie oë sien die man is besig om jou te kasty deur jou hardverdie­nde salaris op dagga te vermors. Jy kan nie ’n toekoms bou met ’n afbreker nie. Sorg dat jy uit die verhouding padgee, want dit lyk na ’n lost cause. Aan die anderkant, as jy voel om hom te help en hy wíl gehelp wees, kry hom by ’n berader of rehabilita­siesentrum. Gee hom ’n ultimatum – óf hy verander óf jy los hom. As hy weier, beweeg aan met jou lewe, want dan gee hy nie genoeg om vir jou nie. Die lewe is te kort om dit te mors op iemand wat nie op dieselfde golflengte ingeskakel is as jy nie!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa