Kuier

Inspirasie: Seunredsus­selewe metbeenmur g

So isSoklein soos hy is, het hy nie geskroom om sy eie lewe in gevaar te stel om sy suster s’n te red toe kanker haar by hulle wou steel nie . . .

- DEUR MARTELI BREWIS

Hoe sal jy as ouer voel as jy jou een kind, een van jou jongstes, moet vra om sy suster se lewe te red deur moontlik sy eie op die spel te plaas?

William Fortuin (9) van Darling in die Wes-Kaap, wat eendag ’n mechanic wil word, was nie vir ’ n oomblik huiwerig, of eens bang om sy suster, Cleo (15), wat in Maart vanjaar met leukemie gediagnose­er is, se lewe te red nie.

Ousus Cleo was altyd die een wat vir William en sy klein broertjie, Iham (5), soggens wakker gemaak, aangetrek, kosblikke gepak en skool toe gestap het – amper soos ’ n tweede mammie. Miskien daarom het dié seuntjie, met ’ n glimlag so ondeund en so helder dat dit die hele wêreld om hom verlig, nie vir ’n oomblik geaarsel het toe hy hoor hy kan vir ’ n veranderin­g háár hero wees nie.

Cleo was altyd Petula Fortuin (38) se borrelende, outgoing kind. “Oe, as daar ’n model-ding was, was sy daar. Sy is lief vir die lewe en vir mense. Sy is die vriendelik­e een en was eintlik my staatmaker,” onthou Petula met ’ n glimlag. Deesdae is haar sprankel-kind egter net ’n skaduwee van wie sy eens was.

SIEKTE VREEMD VIR MA

Leukemie is ’ n bloedkanke­r wat jou gesonde bloedselle opvreet en jou beenmurg se vermoë om nuwe, gesonde rooibloeds­elle, witbloedse­lle en bloedplaat­jies te maak, kelder. Hiersonder kan jou liggaam nie infeksies stop nie. Die chemoterap­ie wat gebruik word om die kanker te beveg, maak ook al jou goeie selle dood – so dit is ’ n dubbele aanval op jou liggaam. ’ n Beenmurg-oorplantin­g kan ’n mens help om gesonde selle te vorm. Die proses kan weke of selfs maande duur. Gesonde selle vir oorplantin­g kan van ’n familielid of onbekende skenker kom. In die Fortuins se geval is die hele gesin getoets en William was ’ n 100% match.

Ma Petula vertel sy het aanvanklik nie eens geweet Cleo is siek nie. Cleo het sedert September verlede jaar gesukkel om ontslae te raak van ’ n verkoue en was konstant lam en tam. Maak nie saak watter antibiotik­a die dokter vir haar voorgeskry­f het nie, sy het siek gebly. “Ek het eintlik gedink sy is net ’n bietjie lui vir

 ??  ?? HOOFFOTO: William Fortuin het beenmurg vir sy suster geskenk.
HOOFFOTO: William Fortuin het beenmurg vir sy suster geskenk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa