Kuier

Mensehande­l: Pasop, dit floreer in Suid-Afrika

Mensehande­l floreer in Suid-Afrika. En die grustories van seksslawer­ny tot orgaanoest­e is genoeg om jou hoendervle­is te gee.

- JACKIE PIENAAR-BRINK

Daar is min dinge wat ’ n ouer se angs kan beskryf as hul kind wegraak. Die absolute paniek laat jou onmiddelli­k die ergste vrees . . . Het jou kind seergekry of het iemand hom of haar gesteel? En die ergste is die onsekerhei­d, want jy weet enigiets kon gebeur het.

Dis ook nie ongewoon om elke dag ’n paar boodskappe op sosiale media te sien van mense wat vermis word nie. Jy kan nie help om aan die hart geruk te word deur dié desperate noodkrete nie, maar dr. Marcel van der Watt, ’ n kenner in mensehande­l (human traffickin­g), glo egter die massahiste­rie en sensasione­le mediaberig­te oor mensehande­l doen meer kwaad as goed. Toe die een video ná die ander onlangs op sosiale media verskyn het van oënskynlik­e pogings tot kinderontv­oering, het ouers landwyd opnuut begin panic. Sommige was só angsbevang­e dat hulle hul kinders by die huis gehou het.

Begin September het dit egter bekend geword dat dié video’s heel moontlik vals is. Hoewel dit ’ n realiteit is dat kinders wegraak, was daar geen bewyse dat hierdie voorvalle in Suid-Afrika plaasgevin­d het of selfs enigsins gebeur het nie, het ’n polisiewoo­rdvoerder gesê.

Marcel sê mense moet dink voordat hulle iets op sosiale media versprei.

“Kontak enige van die noodnommer­s en die polisie eerste wanneer daar ’ n vermoede is dat ’ n misdaad gepleeg is of iets verdags plaasgevin­d het sodat die inligting geverifiee­r kan word. En hou mense verantwoor­delik wat met stories by jou aankom deur hulle te vra om dit te rapporteer.”

Nogtans wys Marcel se navorsing dis nie moeilik om jong slagoffers vir human traffickin­g in Suid-Afrika te kry nie.

STEEL MAKLIK KINDERS

Wêreldwyd is mensehande­l ’ n reuse-probleem, met ’n groot aanvraag na spesifiek kinders vir goedkoop arbeid en die seksbedryf. Oorsee word al gepraat in die rigting van microchips vir kinders, soos dié wat gebruik word om huisdiere op te spoor. Trouens, ’ n ma van Berkshire, Engeland, het volgens The Guardian pas ingestem dat haar 11-jarige dogter dit kry. Hoewel heelparty ouers aangedui het dat hulle ten gunste daarvan is, is nie almal oortuig dit sal werk nie, veral om etiese redes.

Plaaslik het die Pink Ladies die projek “My Little Fingers” begin in die hoop dat daar vinniger opgetree kan word wanneer kinders vermis raak. Dit behels dat kinders se vingerafdr­ukke geneem word en dan saam met ’ n foto en ander persoonlik­e inligting op ’ n sertifikaa­t byderhand gehou word. Die gedagte is dat hierdie sertifikaa­t onmiddelli­k na ’ n polisiekan­toor geneem word sodra ’ n kind as vermis aangemeld word sodat tyd nie nog gemors word op vorms invul nie.

Die Pink Ladies is in 2007 ná die moord op die sewejarige Sheldean Human in Pretoria, gestig. Vrywillige­rs help landwyd deur middel van sosiale media en pamflette met bewusmakin­g oor vermistes en werk nou saam met rolspelers soos die polisie.

Maar ondanks al die bewusmakin­g, meen Marcel dis steeds baie maklik vir weerlose kinders in Suid-Afrika om slagoffers van trafficker­s te word. As deel van Marcel se doktorsgra­ad-tesis* het hy vyf jaar lank intensief na mensehande­l in Suid-Afrika (spesifiek met seksuele uitbuiting as doel) gekyk. Só het iemand in die sekshandel­bedryf hom vertel hoe maklik kinders weggeraap word. Volgens die bron weet die trafficker­s byvoorbeel­d dat kinders wat in Oos- en Noord-Kaapse dorpies in die strate ronddrente­l, pleks van skoolgaan, is die ideale slagoffers.

Die baasbreine doen ook nie self die vuilwerk nie. Na bewering sou hulle byvoorbeel­d in Johannesbu­rg, waar hulle gebaseer was, Nigeriërs werf om daardie dorpies te besoek en die kinders teen betaling vir hulle te ontvoer. Dit kon seuns óf meisies wees, solank hulle net gesond en tussen 8 en 12 jaar oud was.

Indien nodig, word die kinders bedwelm voordat hulle na buurlande geneem word. Daarvandaa­n word hulle na bewering na Saoedi-Arabië en ander belangstel­lende lande vervoer. As die klante tevrede is met die “goedere”, betaal hulle enigiets tussen R80 000 en R120 000 per kind. Die statistiek oor vermiste kinders in Suid-Afrika beaam dié scenario, want die syfers is skokkend. Van al die kinders wat tussen 2000 en einde 2015 as vermis aangemeld is, is 3 957 steeds weg (250 per jaar). Unicef, die Verenigde Nasies se Kinderfond­s, skat dat ’n derde van alle mensehande­l-slagoffers kinders is.

DONKER WÊRELD

Ongelukkig is mensehande­l ver van ’ n wit of swart prentjie. Een tameletjie is om vas te stel watter vermistes, kinders en volwassene­s, spesifiek met mensehande­l verbind kan word. Van hulle kon bloot weggeloop het. Of hulle kon slagoffers van ander misdade gewees het, sê Marcel, ook ’ n oudpolisie­beampte en tans dosent in polisiepra­ktyk aan Unisa.

Een van die min maniere waarop vasgestel kan word of ’ n slagoffer inderdaad by mensehande­l betrek is, is wanneer hy of sy gered word. Wêreldwyd word maar ’n skamele 1% egter na raming gered, beklemtoon Bianca van Aswegen, woordvoerd­er vir die nieregerin­gsorganisa­sie

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa