Kuier

Só help sy dahlias hom

-

Toe Rowland Williams (72) ’n beroerte kry, kon dít hom nie eens weghou van sy geliefde plante nie. Met net een arm en been wat normaal funksionee­r, sal jy hom van vroeg tot laat in die tuin kry, besig om na sy dahlias om te sien.

Sy vrou, Sylvia, sê sy word soggens wakker gemaak deur geluide in die tuin by hul huis op Pniel buite Stellenbos­ch.“Ek gee nie om nie, dit hou hom besig en gesond. Om tuin te maak, is sy pille,” sê sy.

Wanneer Desember aanbreek en toeriste na die Kaapse wynlande stroom, stop hulle dikwels om Rowland se pragtige dahlias met hul verskeiden­heid helder kleure te bewonder. Nie eens die droogte wat die Kaap geteister het, kon sy gees demp nie. Rowland het opgemerk dat daar water uit ’n slootjie naby sy huis borrel. Hy het ’n pyp aangelê en só verseker dat dié kosbare water nie gemors word nie, maar eerder sy blomme aan die lewe hou.“Daar is nie baie water nie, maar ons gebruik darem nie die munisipali­teit se water nie,”sê Rowland.

“Ek het besluit dat ek nie kan sit en niks doen nie. Ek het ’n stokperdji­e nodig gehad. Toe het ’n vriend, wat dahlias kweek, voorgestel dat ek tuin maak. Hy het my tips gegee en ek het boeke gekry wat my gehelp het om te verstaan hoe om die plante te kweek. Dit is die beste ding wat ek kon gedoen het. Dit het my lewe verander. Dit hou my aktief en vol lewe.” STOP BY ’N STASIE! In die aanloop tot Tuindag, op 13 en 20 Oktober tussen 10:00 en 12:00, kan jy ’n draai maak by ’n blommestas­ie in Kaapstad en Johannesbu­rg. Registreer op www.tuindag.co.za om uit te vind waar jou naaste blommestas­ie is en wat jy alles kan doen.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa