Kuier

OOSTERSE EEND MET AARTAPPELS

Genoeg vir 4 – 6

-

BESTANDDEL­E

Eend 1 groot eend 2 eetlepels Chinese five spice 1 klein gemmerwort­el, in skyfies gesny 2 sprietuie (spring onion), opgesny ¼ koppie sjerrie ½ koppie sojasous 2 eetlepels heuning Sap van ½ suurlemoen 1 liter kookwater Aartappels 1 kg aartappels

METODE

Eend: Maak die eend skoon as dit nie skoon is nie. Sny oortollige vet af en pluk vere. Sny die vleis borslangs en lê plat neer. Gooi kookwater en die res van die bestanddel­e in ’n groot plat kastrol en bring tot kookpunt. Prik die vel van die eend liggies met ’n skerppuntm­essie. Plaas die eend versigtig in die kokende sous en prut vir 30 minute. Haal die eend uit die pot en plaas op ’n draadrakki­e en laat koel af. Kook die sous in die pot verder totdat dit effens verdik. Plaas die draadrak met die eend netso onbedek in die yskas vir 3 – 4 ure of oornag. Hierdie proses droog die vel uit. Die vel sal dan lekker bros wees wanneer jy dit rooster. Neem ’n skoon oondskotte­l en voeg een koppie kookwater daarby. Plaas die roosterrak­kie met die eend, oor die kookwater. Roos- ter die eend in ’n voorverhit­te oond by 200°C vir een uur. Die vel moet lekker bruin en bros gebak wees. Bedien warm met die oorblywend­e sous.

Aartappels: Skil en kook die aartappels in kokende soutwater tot gaar. Dreineer die water en pak die aartappels in ’n oondskotte­l. Skep die eendvet oor die aartappels en geur liggies met sout. Bak saam met die eend in voorverhit­te oond vir 45 – 55 minute tot goudbruin.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa