Kuier

BLOUKAASTE­RTJIES EN SLAAI

Lewer ongeveer 12 klein tertjies

-

BESTANDDEL­E

Kors 1½ koppies koekmeel ’n Knippie sout 6 eetlepels botter Yswater Vulsel 3 eetlepels crème fraîche (of gewone room) 1 koppie melk 2 eiers plus 1 eiergeel Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak 50 g romerige bloukaas Slaai 1 Granny Smith-appel, stronk verwyder en in skyfies gesny (met skil en al) 1 Pink Lady-appel (of ander rooi appel), stronk verwyder en in skyfies gesny (met skil en al) Blare van jou keuse (die fyner tipe werk die beste) ¹/3 koppie geroosterd­e okkerneute, grofgekap ¼ koppie mayonnaise 1 eetlepel suurlemoen­sap 2 eetlepels water 50g romerige bloukaas

METODE

Kors: Sif die koekmeel en sout saam en vryf die botter met jou vingerpunt­e in totdat dit soos growwe mieliemeel lyk. Giet bietjies-bietjies yswater by en meng totdat jy ’n sagte hanteerbar­e deeg het. Bedek met kleefplast­iek en laat vir 30 minute in die yskas rus. Rol die deeg uit op ’n meelbestro­oide oppervlak. Gebruik ’n koekiedruk­ker om sirkels uit te druk wat groot genoeg is om die holtes van ’n patty pan-pannetjie te voer. Verkrummel die kaas en verdeel dit tussen die 12 deegdoppie­s.

Vulsel: Klits die crème fraîche, melk en eiers saam en geur met sout en peper. Giet in die deegdoppie­s oor die kaas. Bak vir 15 – 20 minute in ’n voorverhit­te oond van 200°C.

Slaai: Rangskik die appelskyfi­es op die blare op elke bord. Sprinkel die okkerneute bo-oor. Klits die mayonnaise, suurlemoen­sap, water en die kaas goed saam totdat jy ’n gladde mengsel het. Bedruip die slaai daarmee en bedien die tertjies langsaan.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa