Kuier

HAM MET WHISKYGLAN­S

Genoeg vir 6

-

BESTANDDEL­E

Ham 2 – 2,5 kg ham 3 heel wortels 1 ui, geskil en gehalveer 3 selderysti­ngels, in stukke gesny 7 kruienaelt­jies 3 bay leaves 7 swartpeper­korrels Glaze ½ koppie bruinsuike­r ½ koppie marmelade ¼ koppie whisky ¼ koppie lemoensap 2 kaneelstok­kies Omtrent 20 – 30 kruienaelt­jies

METODE

Ham: Plaas die ham saam met die wortels, ui, seldery, kruienaelt­jies, bay leaves en peperkorre­ls in ’n diep kastrol. Giet genoeg water in die kastrol sodat die ham heeltemal bedek is. Bring tot kookpunt, verlaag die hitte en bedek die pot. Kook vir ongeveer 30 minute per 500 g; 2 kg ham sal ongeveer twee ure neem.

Glaze: Plaas al die bestanddel­e vir die glaze, behalwe die kruienaelt­jies, in ’n kastrol en bring tot kookpunt. Kook vir ongeveer 5 – 7 minute saam. Sny versigtig die velbolaag van die ham af sodat die vetlagie daaronder heel bly. Maak eweredige snye in die vetlagie, maar moenie tot in die vlei- slaag sny nie. Maak nou weer eweredige snye oorkruis en druk ’n naeltjie in op elke plek waar die lyne mekaar kruis. Gebruik ’n kombuiskwa­s en verf die glaze oor die vetlaag. Plaas die ham op die draadrak van ’n oondrooste­rpan en bak vir 15 – 20 minute in ’n voorverhit­te oond van 200°C. Verf nog van die glaze bo-oor ná die helfte van die baktyd verby is.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa