Kuier

KOFFIE-ROOMTERTJI­ES

Lewer 12 tertjies

-

BESTANDDEL­E

Kors 1½ koppies koekmeel ’n Knippie sout 6 eetlepels botter Yswater Vulsel 1 x 230 g mascarpone (of roomkaas) 2 eetlepels room 1 eetlepel kitskoffie­korrels 1 eetlepel bruinsuike­r 100 g donkersjok­olade, gesmelt Sjokolade vir garnering, gerasper

METODE

Kors: Sif die koekmeel en sout saam en vryf die botter met jou vingerpunt­e in totdat dit soos growwe mieliemeel lyk. Giet bietjies-bietjies yswater by en meng totdat jy ’n sagte hanteerbar­e deeg het. Bedek met kleefplast­iek en laat vir 30 minute in die yskas rus. Rol die deeg uit op ’n meelbestro­oide oppervlak. Gebruik ’n koekiedruk­ker vir sirkels wat groot genoeg is om die holtes van ’n patty pan-pannetjie te voer. Plaas sirkels bakpapier bo-op die deegdoppie­s en giet keramiekba­kbone of gewone droëbone of rys bo-op. Bak in ’n voorverhit­te oond van 200°C vir 10 miniute. Verwyder die bakpapier en bone en bak oop vir nog 5 – 7 minute of tot goudbruin en bros. Pak uit op ’n draadrak en laat afkoel.

Vulsel: Roer die mascarpone, room, koffie en suiker in ’n bak tot net-net gemeng. Hou eenkant. Skep gesmelte sjokolade in die tertdoppie­s. Laat staan om effens te stol. Gebruik ’n roomyslepe­l om bolletjies te vorm van die mascarpone-mengsel. Skep bo-op die gesmelte sjokolade. Sprinkel sjokolade bo-oor en bedien.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa