Kuier

Brande: Familiesin­Tuinroetev­erloorálle­s

Toe joernalis Monique Mortlock laasmaand die ververwoes­tende bbranded llangs didie TTuinroete­i iin didie WWes-KKaap ddekk en ’n man ontmoet wat agt familieled­e op een slag verloor het, het sy opnuut besef dat familie eerste kom . . .

-

As tiener kon ek nooit verstaan hoekom my ma so gehamer het op die belangrikh­eid van familie nie. Maar dis my ma se stem wat ek herhaaldel­ik in my agterkop gehoor het toe ek verlede maand met my eie oë die verwoestin­g gesien het wat die vernietige­nde brande langs die Tuinroete in die Wes-Kaap gesaai het.

Dit het my laat wonder hoe ek sou reageer as ek al my geliefdes moes verloor – op één slag, soos wat met Benjamin Oelf en sy familie gebeur het. Hy het einde Oktober agt geliefdes in die WesKaapse veldbrande verloor.

Verwoesten­de veldbrande het op 24 Oktober in George en Knysna uitgebreek. Dit het vandaar af versprei na verskillen­de gebiede regoor die Tuinroete en tot dusver oor meer as 91 000 hektaar gestrek. Daar is nog geen amptelike verklaring uitgereik oor hoe die brand ontstaan het nie, maar inwoners sê dit het op ’ n plaas uitgebreek en vandaar handuit geruk. Altesaam 19 huise en sowat nege strukture is afgebrand en ten minste 170 mense is dakloos gelaat. Daar was op een tyd meer as 600 brandbestr­yders op die grond, maar soos die brande onder beheer gebring is, was daar agterna net ’n paar dosyn nog besig.

Ek het vir Benji, soos hy bekend staan, toevallig ontmoet toe ek verslag gedoen het oor die groot veldbrande vir Eyewitness News. Nadat die Wes-Kaapse premier, Helen Zille, die area besoek het, het sy dit beskryf as die ergste verwoestin­g wat sy nog ooit gesien het.

ALLES VERLOOR

Die op en af geryery elke dag van George na Karatara na Sedgefield en Wildernis het my en kameraman Bertram Malgas erg uitgeput. Ek het elke dag vier tot vyf stories vir ons bulletins geskryf. Ons het met brandbestr­yders, verskillen­de beamptes en families wat hul huise verloor het, gepraat. Die stories van mense soos Fiela en Andre Makelie het my geestelik geknak. Die Makelies het hul huis en alles daarin sien afbrand toe die brand die Geelhoutvl­ei-plakkerska­mp tref. Hulle kon net hul vyf kinders en twee kleinkinde­rs uit hul blyplek kry voor alles waarvoor hulle so hard gewerk het, voor hul oë as geword het.

Ons was drie dae daar toe ons die opdrag kry om meer stories te doen oor mense wat alles verloor het.

Ek en Bertram was op die derde dag in Sedgefield om met meer families te praat wat hul huise verloor het.

Toe ons by die Sedgefield-gemeenskap­saal aankom, het ons gesien hoe Benji met ’ n groep inwoners praat. Die inwoners het tydelik in die saal gebly tot die Knysna-munisipali­teit ’ n ander plan vir tydelike blyplek kon maak. Benji het die mense aangemoedi­g om sterk te bly, om nie moed te verloor nie, al lyk die situasie hoe droewig.

Wow! Dié man het sy hele familie verloor, maar hy het nog die krag om ander te bemoedig? het ek gedink terwyl ek my storie agtermekaa­r probeer kry het om hom te nader vir ’ n onderhoud.

Ek kon die moegheid en hartseer in sy oë sien – hy het gelyk soos iemand wat op autopilot was, nie regtig hier nie, maar ook nie heeltemal weg nie. Ek het soos ’n vulture gevoel, ek wou hom net space

gee, maar as joernalis moes ek probeer om die storie te kry.

Benji was gaaf en het met ons gepraat, al het hy ’ n miljoen goed gehad om te doen, soos om vir sy geliefdes te sorg en om by die polisie te hoor wanneer hulle die liggame van sy oorlede familieled­e kon kry om met die begrafnisr­eëlings te begin.

Hy woon en werk in Johannesbu­rg, en hy was nog op kantoor op 29 Oktober, besig om die brande te monitor op sosiale media toe hy ’ n WhatsApp-boodskap kry wat sy lewe vir altyd verander het . . .

Sy broer Netaniël het vir hom ’n boodskap gestuur om te sê sy (die broer se) drie dogters is weg. Benji kon nie verstaan waarvan hy praat nie en het probeer om sy familie in Karatara te bel. Later het hy nóg ’ n boodskap gekry – hul huis het afgebrand.

“Op daardie stadium het ek nog geen bevestigin­g gekry van enige sterftes nie. Maar ek het geweet ek moet daar wees vir my familie. Maak nie saak wat aangaan nie, ek moet daar wees vir my familie. Niks moet meer belangrike­r wees as familie nie.”

Hy is toe op die eerste vlug Kaapstad toe en het met sy neef Karatara toe gery. Toe hy die Dinsdag in Karatara aankom, het hy die verskrikli­kste nuus gehoor. Agt van sy familieled­e het verkool toe hul huis afgebrand het. Sy suster, Elsabe Windvogel (42), haar twee kinders Eljade (12) en Ethan (2); aldrie sy broer se dogters, Nalaya (5), Niah (3) en Nalani (11 maande), en sy ander broer, Simea, se swanger meisie, Andrea Bewee (21) en hul dogter, Aliyah (13 maande).

Benji het hul name en ouderdomme amper soos ’ n robot opgenoem – so asof hy afgesny is van die werklikhei­d van sy verlies. Volgens hom het hy homself nog nie kans gegee om te rou nie.

“Ek dink ek sluit dit uit. Maar ek is nou al hier vir drie dae en ek het nog nie my suster, of haar kinders, of my skoonsuste­r óf haar kind gesien nie. En dit sê vir my, ja, hulle is weg . . .” Dan hou Benji eers op met praat en kyk weg, asof hy hard probeer om sy emosies te onderdruk.

ROU NOG NIE

Hy het die trane wat vlak in sy oë gaan lê het, weggeknip en moedig aangegaan.

“Ek dink nie te veel daaraan nie, want ek dink ek het ’n keuse. Óf ek rou nou omdat hulle weg is óf ek is hier vir my familie. En ek kies om nou hier te wees vir hulle. Ek dink ek sal in my eie tyd rou. Maar ja . . . Hulle is weg en niks wat ek sê of doen, sal hulle terugbring nie. Miskien sal ek by die begrafnis besef ek het my suster verloor.” Ek wil vir hom troos, maar ek onthou (terwyl ek my eie trane wegvee) dat ek hier is om te werk. Maar dis nie die ergste nie. Hy sê die laaste keer toe sy hele familie bymekaar was, was verlede jaar by sy tweejarige seun se begrafnis. Hy was ’ n siek kind, is al wat Benji oor sy seuntjie sê. Nou moet hy nie net een begrafnis reël nie, maar agt in totaal – ’n jaar ná hy sy seuntjie begrawe het en boonop twee maande voor Kersfees; Kersfees wat gelyk is aan familietyd.

Dit was een van die moeilikste onderhoude wat ek tot dusver gedoen het as joernalis. Die storie het my herinner hoe geseënd ek is om my familie te hê, om liefde te kan deel met mense wat my verstaan. Om elke dag met my suster, my broer, my ouers en ouma te kan praat. Om familie te hê wat net om die draai bly en al sien ons mekaar nie elke dag nie, weet ek hulle is daar, dat hulle vir my omgee. Ons is al deur moeilike tye saam, het die ergste van mekaar gesien, maar ons sal altyd daar wees vir mekaar. Ja, die liefde is diep; net God se liefde is dieper.

Benji is reg: Dit maak nie saak wat aangaan of hoe besig die lewe raak nie, ons moet altyd daar wees vir ons familie. Maak tyd vir hulle, terwyl julle nog die geleenthei­d het. Daar is bitter min dinge in hierdie wêreld wat belangrike­r is.

Monique Mortlock is ’n veelbekroo­nde joernalis en werk vir Eyewitness News.

Hulle is weg en niks wat ek sê of doen, sal hulle terugbring nie. Miskien sal ek by die begrafnis besef ek het my suster verloor. BENJAMIN OELF REGS: Benjamin Oelf het agt van sy familieled­e in die brande in Sedgefield, tussen George en Knysna, verloor.

 ??  ?? HOOFFOTO: Die brand het verwoestin­g gesaai op Farleigh, naby Karatara, buite Knysna.
HOOFFOTO: Die brand het verwoestin­g gesaai op Farleigh, naby Karatara, buite Knysna.
 ??  ??
 ??  ?? Só lyk dit by SANParks op George ná die brande.
Só lyk dit by SANParks op George ná die brande.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa