Kuier

Date rape: Maverwerkt­raumanáv erkragting

So versigtig soos wat sy was, is sy steeds bedwelm met ’n date rapedwelm en verkrag. Maar dis weereens ’n bewys dat ’n mens nooit te versigtig kan wees nie.

- DEUR CHRISLYNN SIAS

“Uit watter gebroke plekke moet hulle nie kom om iets só wreed en onmenslik aan ’ n ander te doen nie. Mag God hul siele genadig wees.”

Dít is al wat Tershia Snyders (28) van Pelican Park in Kaapstad die mens of mense toewens wat haar na bewering laasmaand in ’n nagklub in die Moederstad met ’n date rape drug bedwelm, ontvoer en verkrag het.

Maar die ergste is dat die dwelm die grootste deel van haar geheue van die voorval uitgewis het. Wat presies met haar gebeur het nadat sy ’ n drankie wat ’n kelner vir haar gebring het, gedrink het, is ’ n absolute blank space. Dis amper soos ’n file wat van ’ n memory stick delete is.

Herinnerin­ge aan daardie aand, dié wat sy nog het, spoel weer soos ’n em- mer yskoue water oor Tershia en sy gril effens aan die gedagte van die gruweldaad wat teenoor haar gepleeg is. “Ek sou nooit in my wildste drome kon dink dat ék, ’n sterk en verantwoor­delike vrou, ’n slagoffer sou wees van ’n date rapedwelm in ’n klub nie. Ek weet van en ken mense wat al deur dié dwelms geraak is en het gedink ek neem alle voorsorgma­atreëls. Die misdadiger­s is egter slimmer en slinkser, maar hoe dit ook al sy, niemand het die reg om iemand anders so ’n groot onreg aan te doen nie.”

KRAGTIG EN GEVAARLIK

Juis omdat haar pa ’n polisieman is en haar bedag gemaak het op die gevare vir vroue, was sy nog altyd versigtig. Maar toe word sy ’n slagoffer van date rape, waar die vermeende verkragter(s), dwelms gebruik om hul slagoffers te laat “uitpass” en dan hul vieslike daad te pleeg.

Volgens www.womensheal­th.gov is date rape-dwelms glo kragtig en gevaarlik en kan dit in jou drankie geglip word wanneer jy nie kyk nie of toilet toe gaan. Dit het dikwels geen kleur, reuk of smaak nie, so jy weet nie wanneer of hoe jy bedwelm word nie. Die uitwerking van die dwelms kan jou swak, verward en selfs flou maak. As jy bedwelm word of is, sal jy waarskynli­k nie kan onthou wat met jou gebeur het gedurende jou bedwelmde toestand nie. Die middels staan ook bekend as “klub drugs” omdat perpetrato­rs geneig is om dit by dansklubs, konserte en feeste te gebruik. Die drie algemeenst­e date rape-dwelms is Rohypnol, GHB (wat kort is vir gamma hydroxybut­yric) en ook Ketamine.

Kuier het statistiek­e oor date rape en

hoe algemeen hierdie tipe verkragtin­g is by die polisie probeer kry, maar hulle het teen druktyd nog nie op navrae gereageer nie.

Tershia weet nie presies waarmee sy bedwelm is nie, maar sy onthou wel toe sy bykom in ’n vriend se huis en nie kon onthou wat met haar gebeur het nadat sy ’n drankie in ’n Kaapse nagklub gedrink het nie, het sy “vuil” gevoel. Tershia, so getraumati­seerd soos sy was, het die saak by die polisie aangemeld en indringend­e toetse ondergaan, waarvan een ’n vaginale swab was. Tershia sê sy het daar die bevestigin­g gekry dat sy wel verkrag is en dwelms is ook in haar stelsel gevind.

Netso moedig soos wat sy daardie tyd was, is sy nou ook moedig deur haar storie vir Kuier te vertel, sonder om te versoek dat ons haar identiteit weerhou.

“Ek het besluit om die negatiewe ding te vat en dit op sy kop te draai. As ’ n ma van twee meisiekind­ers wil ek nooit hê my kinders moet bedreig voel nie. Ek wil nooit hê hulle moet skaam kry oor die feit dat hul ma verkrag is nie. Nooit nie,” sê sy vurig. En gaan dan voort: “Dis nie iets wat ek onder die mat gaan vee nie. Geen vrou vra om verkrag te word nie. Dis ’ n gru-misdaad wat al soveel lewens verwoes het. Ek gaan nie toelaat dat die wreedheid van ander my in vrees laat lewe nie. Ook hierdeur sal ek kom. Sterker as vantevore.”

En dis wanneer Tershia haar nagmerrie in die onderhoud begin herleef dat jy agterkom presies hoe sterk sy regtig is. Sy skram nie weg van enige ongemaklik­e detail en vir die grootste deel van die onderhoud is sy in beheer van haar emosies. Wanneer Tershia nou terugkyk op daardie spesifieke Saterdag, onthou sy vreemde dinge wat vroeër daardie dag gebeur het. Agterna het sy gewonder of alles wat daardie dag uit plek was, maar nie net ’n teken was dat iets gróót daardie aand sou skeefloop nie . . .

DIE BEGIN VAN ALLES

“Dit was een van my kollegas se 40ste verjaardag en ek het besluit om twee van my vriende, Bradley* en Nadine*, saam te neem. Terwyl ek op pad was om Nadine te gaan optel, het ek gaan staan sonder petrol. ’n Ander vriend het my kom help en ons is toe weer vort. Ons het verder gery en skielik het die bonnet van die voertuig oopgeskiet. Gewoonlik sou dié tipe ding my afsit, maar nie daai dag nie, nee.” Sy lag saggies en wrang. “As ek maar net toe geweet het wat ek nou weet . . .”

(Tershia se vriende se regte name

Ek sou nooit in my wildste drome kon dink dat ék, ’n sterk en verantwoor­delike vrou, ’n slagoffer sou wees van ’n date rape-dwelm in ’n klub nie. TERSHIA SNYDERS

 ??  ??
 ??  ?? HOOFFOTO: Tershia Snyders is bedwelm, ontvoer en verkrag.
HOOFFOTO: Tershia Snyders is bedwelm, ontvoer en verkrag.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa