Kuier

Wayde van Niekerk: Sy padtothers­tel

Hoewel hy vir ’n tyd lank beseer was, is Wayde gereed om weer die atletiekba­an aan te durf. En tussendeur geniet hy dit net om tyd saam met sy vrou en familie deur te bring.

- DEUR JODY HENDRICKS

Hy is ons land se goue seun en al het ons hom meer as 18 maande laas op die baan gesien, hou Suid-Afrikaners asem op vir wanneer hy weer die wêreld aan die brand gaan hardloop.

Dié boorling van Kraaifonte­in in die noordelike voorstede van Kaapstad, is trots Suid-Afrikaans en om die groen en goud by internasio­nale atletiek-byeenkomst­e te dra, bly vir hom ’ n groot voorreg. Wie sal ooit daai glorieryke oomblik vergeet toe Wayde in 2016 lag-lag onder die res van die deelnemers by die Olimpiese Spele in Rio De Janeiro, Brasilië, uitgehardl­oop het?

Hy het egter voor ’ n groot terugslag te staan gekom wat die hele land laat skrik het.

Wayde is ’n groot rugbyliefh­ebber en het in Oktober 2017 in ’ n voorwedstr­yd vir die Springbokk­e se kragmeting teen die All Blacks op Nuweland in Kaapstad ’n ernstige kniebeseri­ng in ’ n touchrugby­wedstryd opgedoen. Dit was ’ n groot terugslag vir Suid-Afrika se groot sport fans, want dit het beteken dat Wayde nie met sy spanmaats Suid-Afrika vanjaar by die Statebonds­pele en ander internasio­nale atletiekby­eenkomste kon verteenwoo­rdig nie.

OORKOM BESERING

Ná sy besering in 2017 moes hy vele besoeke aan dokters en spesialist­e regoor die wêreld aflê. Hy het ’n operasie in Amerika ondergaan en daarna sy herstelpro­ses in Suid-Afrika en Doha, Qatar, voortgesit. Wayde het sy rehabilita­sieproses onder die wakende oog van die wêreldbeke­nde dr. Louis Holtzhause­n begin. Dr. Holtzhause­n is ’n voormalige spandokter vir Suid-Afrika en ken dus vir Wayde baie goed.

Wayde sê: “Dr. Holtzhause­n het my onder sy vlerk geneem en gesê dat alles reg sal kom en dat ek weer sal kan hardloop. Sy gerusstell­ing het baie vir my beteken.”

Wayde is nou besig met die laaste ronde van sy rehabilita­sieproses en gaan binnekort weer ’n spesialis in Doha sien om te hoor wanneer hy weer sy spikes kan aantrek om sy land op die hoogste vlak te verteenwoo­rdig.

Hoewel sy anterior kruisligam­entbese-

ring in sy knie baie ernstig was, was daar nie vir een oomblik twyfel by die 26-jarige spoedvraat dat dit nie die einde van sy loopbaan sou wees nie. Hy wou net herstel en is nou meer as ooit vasbeslote om weer aan atletiekby­eenkomste deel te neem en ook sy tye te verbeter.

“Ek wil nou net die besering agter my sit en weer op die baan kom. Gedurende my tyd op die kantlyn, kon ek my loopbaan en die items waarin ek deelneem herevaluee­r en ook beplan hoe om my vertoning te verbeter. Ek hardloop alreeds ’ n maand voluit en ek en my afrigter, tannie Ans Botha, is besig met beplanning vir die pad vorentoe,” vertel hy.

Hoewel Wayde die Statebonds­pele in Australië weens sy besering misgeloop het, is hy trots op wat sy landgenote daar vermag het. “My ingesteldh­eid was nie om kwaad te wees omdat ek nie aan die Spele kon deelneem nie. Ek het eerder op die sukses van my landgenote gefokus. Ek was baie trots op die 37 medaljes wat hulle huis toe gebring het.”

Gedurende sy tyd op die kantlyn reken Wayde hy het baie lesse geleer, maar dat dit ook vir hom ’n tyd was om op dinge anders as atletiek te fokus. Hy het ook sy geliefdes en ondersteun­ers bedank vir hul ondersteun­ing en geduld gedurende sy besering.

Op ’ n persoonlik­e vlak het sy lewe net vooruitgeg­aan, want op 27 Oktober 2017 het Wayde met die liefde van sy lewe, Chesney Campbell, getrou.

Wayde reken dat die besering dalk ’ n bedekte seën was. Hy en Chesney (25) is kort ná sy besering getroud. “As gevolg van my besering hoef ek nie baie gereis het nie. Ek kon dus vir ’ n groot gedeelte van ons eerste huweliksja­ar baie meer tyd met haar spandeer,” vertel hy.

Chesney en Wayde het mekaar as studente in Bloemfonte­in ontmoet en dit is ook waar sy deesdae as sosioloog werk.

SIEN UIT NA FEESTYD

Wayde sê Chesney se ondersteun­ing het geweldig baie vir hom beteken. “Om met haar getroud te wees, is ’n unieke ervaring en een wat vir my as persoon laat ontwikkel en verbeter het. Selfs voor ons getroud was, was sy altyd daar vir my en het sy my loopbaan ondersteun. Sy motiveer my ook as ek ongelukkig of moeg is. Sy is my rots en ek is regtig geseënd om haar in my lewe te hê.”

Wayde beklemtoon ook dat dit vir hom belangrik is om ’n goeie balans tussen sy privaat lewe en dié van sportster en atleet te hê. Tussen die herstelpro­ses en getroude lewe kon hy ook aan borge se vereistes voldoen en tyd met sy familie spandeer.

Sy neef, Cheslin Kolbe, het juis vroeër vanjaar sy debuut vir die Springbokk­e gemaak. Wayde sê hulle het ’n baie noue band. “Toe ek hoor hy is in die groep het ek hom net gelukgewen­s, maar toe hy in die wedstryd vir die kragmeting teen die All Blacks gekies is, het die opwinding eers begin. Veral omdat dit teen die All Blacks was – ’n span wat ons as kinders gevolg het en mal was oor die tipe spel waarmee hulle vorendag gekom het. Toe Cheslin sy drie gaan druk het, was ek buite myself van opgewonden­heid. Ek het altyd geweet hy is goed genoeg om op die hoogste vlak te speel. Ek is bly vir dit wat hy sover bereik het en ek glo hy het ’n blink toekoms in die Springbokt­rui.”

Met 2018 wat nou einde se kant toe staan, sê Wayde hy gaan die komende feestyd met sy familie spandeer.

“Sedert ek in 2015 die eerste keer wêreldkamp­ioen geword het, kon ek nie gereeld Kersfees by die huis wees en my familie sien nie. Maar hierdie jaar gaan ek dit beslis doen en soveel tyd moontlik met my familie en vriende spandeer en ook hier vakansie hou.”

Wayde en sy familie bly in Bloemfonte­in en dit is ook hier waar hy en sy afrigter, tannie Ans, besig is om hom beseringvr­y en fiks te kry – gereed om weer wêreldatle­tiek te oorheers.

Sy boodskap aan Kuier- lesers is: “Om ’n geseënde Kersfees te hê en die jaar goed af te eindig en wanneer dit aanbreek, die beste van 2019 te maak.”

Maar wat kan ons in 2019 van Wayde van Niekerk verwag? “Alles hang af van wat binnekort in Doha gaan gebeur. Indien ek daar goeie nuus kry, sal ons ’n datum vir my terugkeer na die atletiekba­an bekend maak. Ek wil nie nou al ’n datum gee nie, want dit sal onnodige verwagting en druk op my en my span plaas. Vir nou wil ek eers net volkome herstel en die feestyd met my geliefdes geniet.”

 ??  ?? HOOFFOTO: Wayde van Niekerk vind binnekrot uit wanneer hy weer op die hoogste vlak kan begin deelneem.
HOOFFOTO: Wayde van Niekerk vind binnekrot uit wanneer hy weer op die hoogste vlak kan begin deelneem.
 ??  ?? BO EN REGS: Wayde en Chesney het verlede jaar ’n privaat troue gehad met hul naaste vriende en familie.
BO EN REGS: Wayde en Chesney het verlede jaar ’n privaat troue gehad met hul naaste vriende en familie.
 ??  ?? Wayde werk hard om weer fiks te word.
Wayde werk hard om weer fiks te word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa