Kuier

Op TV: Rumarquesv­anPasellam­aaknaam

Ná sy kankerstry­d het hy besluit om alles te probeer en voluit te leef en nou is hy op TV!

- DEUR TARREN-LEE HABELGAARN

Wanneer iemand van ’ n klein dorpie skielik op ’ n groot radiostasi­e, TV-program of in ’n fliek verskyn, dink mense maklik hulle het dit “gemaak” en dat hulle een van die gelukkige mense is wat van rags tot riches gegaan het. Maar Rumarques Gelderbloe­m (33) van Worcester in die Wes-Kaap, een van die nuwe gesigte op die SABC2 se leefstylpr­ogram, Pasella, voel glad nie só nie.

Volgens Rumarques, ook bekend as die rapper, Oxijin, kan jy eers sê iemand het dit gemaak wanneer hul gemeenskap ook vorentoe beweeg, want hy voel daar is niks wat hom spesiaal of anders maak as enigiemand anders in sy gemeenskap nie. Hy was net gelukkig dat mense potensiaal in hom raakgesien en hom ’ n geleenthei­d aangebied het.

Nou wil hy sy geleenthed­e gebruik om ander kinders en mense in sy gemeenskap bewus te maak van húl potensiaal en om hulle aan te spoor om elke geleenthei­d aan te gryp wat hulle kant toe kom.

Wanneer jy met Rumarques gesels, voel jy sommer asof jy met ’ n ou vriend praat. Rumarques vertel hy het as oumakind in die lane van Worcester grootgewor­d en nooit gedink hy sal eendag op TV as aanbieder werk of by groot kunstefees­te as rapper optree nie. Maar hy het altyd ’ n gevoel gehad dat hy iets in ander se lewens sal beteken.

“Dit is moeilik om te verduideli­k. Jy weet, soms kry ’ n mens net daardie gevoel – jy kan dit nie beskryf nie, maar jy weet dat jou lewe ’ n greater purpose het

en dat dit iets gaan beteken. Ek is nog nie heeltemal seker wat my purpose is nie, maar ek weet deur dinge wat al met my gebeur het, dat mense ander mense nodig het,” sê hy.

“Mense het al vir my baie beteken, of dit nou was toe ek teen kanker geveg het of dit nou was toe ek hierdie werk as aanbieder gekry het, en of dit nou is deur my musiek wat mense ondersteun. Mense het my al baie gehelp om te kom tot waar ek vandag is en daarom wil ek ook vir ander mense daar wees.”

Op skool het hy nooit regtig in akademie of sport uitgeblink nie. Hy was ook nie te swak nie, maar hy het altyd net genoeg punte gekry om te slaag. Hy het wel uitgeblink in leierskap en hy het altyd moeite gedoen om seker te maak dat hy ’n goeie voorbeeld vir ander stel en hy ander kon help.

Hierdie waardes glo hy kom van sy ouma, oupa, ma en pa af, wat hy by hulle as kind geleer het. Hy sê selfs as kind het hy danksy hierdie sterk mense in sy lewe altyd sy oë op die Here gehad en hy het geglo dat die Here sy pad vir hom uitgesit het en hom lei.

GELOOF IS ALLES

“Dit was altyd snaaks vir mense, want op skool het ek nie baie oor sport of akademie geworry nie, ek wou ’n leier wees en ek wou net oor die Here praat. Vir my was dit Jesus of niks en ek onthou selfs toe ek nie geld gehad het nie, het ek altyd ’n Bybelvers in my beursie gesit en geglo dat daar geld gaan kom.”

Dit is met hierdie geloof dat Rumarques al baie dinge in sy lewe aangepak het, maar sy grootste toets en iets wat hy glo sy lewenspad vir altyd verander het, was toe hy in 2015 op die ouderdom van 29 met kolonkanke­r gediagnose­er is.

Twee jaar voor dit was hy op sy vetste en het hy omtrent 130 tot 140 kg geweeg. Hy het ongesond gevoel en het gesien hoe dit sy lewe en vertroue begin aantas. Hy het besluit om by plaaslike rugby betrokke te raak en het ook begin draf. Hy wou dit vir sy gesondheid doen, maar ook om beter te voel.

Hy het onmiddelli­k gewig begin verloor en teen die tyd toe hy met kanker gediagnose­er is, was hy op sy fiksste en die gesondste wat hy in ’n lang tyd was.

SY LEWE VERANDER

Toe hy begin siek voel, het hy nooit verwag dat hy moontlik kanker kon het nie en toe hy die diagnose ontvang, het dit sy wêreld geruk.

“Ek kon nie meer werk nie, ek moes onmiddelli­k vir ’n operasie gaan om die kanker te verwyder en daarna het ek met chemo begin. Toe ek huis toe is, was dit Kersfees en almal was besig om hulself te geniet en te eet, maar ek kon niks eet nie. My derms moes nog herstel, so ek kon net sop en slaaie eet. Ek moes ook toe baie veranderin­gs aan my dieet maak en ek kon ook glad nie meer rugby speel nie,” vertel Rumarques.

“My ma moes my was en dit het ’n volle jaar gevat voordat ek weer kon hardloop. Dit was ’n baie moeilike tyd in my lewe, maar dit het my verstom hoe mense se harte vir my oopgegaan het en hoe mense wat ek nie eens verwag het nie, net daar was vir my. Dit was toe ek regtig besef het dat mense ander mense nodig het. Dit was ook tydens hierdie tyd dat ek liedjies begin skryf het en met my rymkletser­y begin het.”

Rumarques sê daar was so baie dinge waaraan hy gedink het en wat hy vir mense wou sê en dit is hoe hy begin skryf het. Hy sê wanneer jy nie kan beweeg nie, sien jy alles rondom jou raak en dan waardeer jy alles nóg meer. Dit is ook hoe hy aan sy verhoognaa­m, Oxijin, gekom het, want toe hy so na aan die dood kom, het hy besef sonder suurstof kan niks in die lewe gebeur nie en kan ons nie bestaan nie.

Dit was ook toe hy besluit het om alles in die lewe te probeer, veral as dit regtig ’n verskil in sy lewe, sy gemeenskap of in enigiemand anders se lewe kan maak. Hy het dus die geleenthei­d aangegryp om ’n oudisie vir Pasella te doen al het hy nooit gedink dit is iets waarin hy sou belangstel nie. Hy het tog probeer, want as dit uitwerk en iemand sien iets in hom raak, het hy geweet dit sal ander kinders ook aanspoor om groot te droom.

“Toe kry ek die werk en ek kon dit amper nie glo nie. Ja, ek is al vir jare deel van die bedryf, maar om ’n rymkletser te wees en om op televisie te wees, is twee verskillen­de perde,” sê hy laggend.

“Elke werk kom met sy eie uitdagings en perks, maar ek moet sê ek geniet dit verskrikli­k baie. Ek het hoogtevree­s, ek kan nie regtig swem nie en ek hou glad nie van perde nie, maar ek moes nou al daardie dinge voor die kamera doen en elke keer as ek iets anders regkry, dan voel ek goed.

“Ek het ook al mense ontmoet wat ek nooit gedink het ek ooit in my lewe sou ontmoet nie en vir dit alles is ek net dankbaar. Toe ek kanker oorwin, het ek besluit die lewe gaan ek voluit lewe en dit is wat ek nou doen,” sê Rumarques passievol.

Hy sê mense wil net iets hê om na te strewe en hy hoop om dit vir die jongmense in sy gemeenskap te wees – net ’n voorbeeld van dit wat reeds binne hulle almal ook is. Hy is ook opgewonde oor sy nuwe CD waaraan hy werk, maar vir nou het hy geen haas nie en wil hy eers gemaklik voor die kamera word en lééf!

 ??  ?? HOOFFOTO: Rumarques Gelderbloe­m, ook bekend as die rapper Oxijin, is ’n aanbieder op Pasella.
HOOFFOTO: Rumarques Gelderbloe­m, ook bekend as die rapper Oxijin, is ’n aanbieder op Pasella.
 ??  ?? BO: Rumarques klink ’n glasie met gaste op Pasella. ONDER: Hy en ’n gaskunsten­aar op die program.
BO: Rumarques klink ’n glasie met gaste op Pasella. ONDER: Hy en ’n gaskunsten­aar op die program.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa