Kuier

Verlange en verlies: Kr yhulpvirde­pr essie

Die Kersseisoe­n is allesbehal­we feestelik vir baie mense wat in hartseer en eensaamhei­d vasgevang is. Maar hulle hoef nie in die stilte te suffer nie, daar is hulp.

- DEUR CHRISLYNN SIAS

Dis daardie tyd van die jaar wanneer ons Krismis in die lug kan vóél al moet ons nog ’ n paar weke wag vir Kersdag. Die winkels is lankal reeds vol versiering­s; families maak reg vir ’n groot gekuier en almal is in ’n gesellige en feestelike luim. Maar dié tyd is nie vir almal ewe jolig nie . . .

HARTSEER EN EENSAAM

Hoewel baie mense heeljaar uitsien na dié tyd van die jaar, is dit vir ander hul ergste nagmerrie. Eensames, depressie-lyers en diegene wat mense aan die dood afgestaan het, vrees die vakansiese­isoen meer as enige ander tyd van die jaar. Dis vir hulle veral moeilik om te sien hoe al- mal rondom hulle tyd met hul geliefdes spandeer. Dit veroorsaak dikwels dat hulle hul eie gevoelens van emosionele isolasie meer intens ervaar. Dié tyd van die jaar, wat veronderst­el is om vol geluk en liefde te wees, herinner hulle aan alles en almal wat hulle nie in hul lewens het nie.

Dit is ook die geval vir Rozaan Kleinhans* (29) van Citrusdal in die Wes-Kaap, wat elke jaar in ’n diep put van depressie verval sodra die Krismis-gees in die lug is. Rozaan het beide haar ouers ses jaar gelede in ’n gru-botsing verloor. Die ongeluk het tydens die feesseisoe­n plaasgevin­d. “Sedertdien was dinge nooit weer dieselfde nie. Kersfees is ’n herinnerin­g aan die tyd toe my ouers skielik van my weggeruk is deur ’ n dronkbestu­urder. Dis ’n tyd van die jaar wat sorg dat honderde mense sterf aan die hand of wiel van ander,” sê sy.

Sy sê voor haar ouers se sterfte was dit haar gunsteling­tyd van die jaar.

“Ek en my ma het saam gekook en ons het altyd kos vir die hele Afrika voorberei. Ek onthou hoe my pa toe ek ’ n kind was, hom as Kersvader aangetrek het net om my geskenk vir my te gee. Ons het nooit baie gehad nie, maar dit was genoeg.”

Oor hoe sy deesdae dié tyd van die jaar ervaar, antwoord sy met ’ n swaar sug: “Dis asof alles om my verdwyn en dis net ek alleen. Ek haat dit, dis asof ek

in ’ n donkerte gehul is en niemand verstaan dit nie, want almal is net gelukkig en festive. Ek het al telkemale gewonder of ek beter af sou wees as ek ook in daai voertuig was waarin my ouers gesterf het. Dan kon ons ten minste almal saam Kersfees in die hemel gevier het. Ek het ook probeer selfmoord pleeg en sien nou ’ n sielkundig­e. Nooit sou ek kon dink om oor my seer te praat sal help met my genesing nie, maar ek is stadig maar seker besig om lig in te laat, veral nou voordat die feesseisoe­n regtig begin. Ek weet nie of ek ooit van die pyn en hartseer sal herstel nie, maar ek is bereid om ten minste te probeer.”

EMOSIONEEL KWESBAAR

Pauline Mawson, ’ n kliniese sielkundig­e van Johannesbu­rg, sê daar is oor die algemeen ’ n instroming van pasiënte oor die feesseisoe­n, maar nie net vir depressie nie. “Daar is ’ n toename van pasiënte en ek werk oor die algemeen langer ure oor die feesseisoe­n. Daar is meer pasiënte met geestesiek­tes in die geheel, insluitend depressie, angs, persoonlik­heidsteuri­ngs, ensovoorts. Daar is verskeie redes daarvoor en van die redes is dat dit die einde van die jaar is.

“Mense is meer emosioneel kwesbaar as gevolg van verskeie faktore soos stres, finansies, kinders se eksamens, die komende vakansiese­isoen wat dalk of nie familie insluit nie en die gevoelens wat daarmee verband hou, byvoorbeel­d die verlies van ’ n geliefde, vrees en konflik. Mense kan sukkel om dié faktore te hanteer en dit kan hulle geestelik affekteer.”

Volgens Pauline het sy ’ n toename in selfmoordn­eigings in haar praktyk vir dié tyd van die jaar opgemerk. “Familiekon­flik kan ’ n rol speel, eksamens, finansiële nood en verlies van geliefdes. Sosiale media speel ook beslis ’ n baie groot rol daarin. Sosiale media is ’ n konstante herinnerin­g aan jou verlies en die dinge en mense wat jy nie het nie. Hierdie soort dinge maak dit baie moeiliker vir individue om hul probleme en gevoelens te vermy, aangesien ons ’n samelewing is wat oënskynlik verslaaf is aan sosiale media.”

Sy raai mense aan wat met depressiew­e en selfmoordg­edagtes sukkel, om hulp te kry. “Reik uit, moenie jouself isoleer nie. Dra by tot jou gemeenskap deur moontlik vrywillige werk by jou plaaslike sopkombuis te doen, hou by jou roetine en doen ook oefening om jou besig en aktief te hou. Dit sal jou goed laat voel.”

Sy maan familieled­e en vriende om op die uitkyk te wees vir die waarskuwin­gstekens. “Kyk uit vir mense wat hulle isoleer, skielike irritasie, oormatige kommer, skielike krisisse waar daar voorheen geen probleme was nie, slaap- en eetlusvera­nderings en dreigement­e van selfmoord of dat hulle wil ‘wegloop’. Reik uit na daardie een en praat met hom of haar of gaan na ’n profession­ele persoon vir hulp.”

Nadia Krige van Misgund in die Langkloof, Oos-Kaap, sê dié jaar gaan besonders moeilik wees vir hulle omdat sy en haar man in Oktober vanjaar hul seun aan die dood afgestaan het. Roslin Krige (12) het op 1 Oktober in ’ n dam verdrink.

“Roslin was ’ n kind wat lief was vir Kersfees. Hy was lief vir speel en lief vir mense, ’ n kind wat in baie mense se harte gekruip het. Hierdie tyd van die jaar was sy gunsteling omdat hy lief was vir kuier en om see toe te gaan. Hy was ’ n baie beskeie kind wat akademies en in sport baie goed gevaar het. Dit gaan vir ons moeilik wees, maar ons gaan ons bes doen om sy memory lewendig te hou.”

Volgens Nadia het Rossie, soos sy liefdevol na haar stiefseun verwys, ’ n vol lewe gehad en probeer hulle hom onthou vir die goeie kind wat hy was.

“Dis baie moeilik vir die ander kinders om sy dood te verwerk, maar ons vat dit dag vir dag. Sy gunsteling­kos was pasta, maak nie saak watter tyd van die jaar dit was nie, hy wou altyd net pasta hê. En dié jaar sal ons steeds op Kersfees pasta eet, want elke geleenthei­d is nou vir ons ’n viering. Ek bid elke dag dat ek nooit sy gesig sal vergeet nie. Dit gaan een van die moeilikste Kersfeeste ooit wees.”

JY IS NIE ALLEEN NIE

Die Suid-Afrikaanse Depressie en Angsgroep (SADAG) sê hoewel hulle nie ’n toename sien in oproepe na hul inbelsentr­um nie, kry hulle wel oor die feestyd meer oproepe van mense wat ouer is, alleen of oor die vakansie bedroef is.

Kayla Phillips, ’ n woordvoede­r vir dié organisasi­e, sê hulle kry dieselfde aantal oproepe regdeur die jaar, feesseisoe­n of nie.

“Tensy daar ’ n toename is in die media wat stories dek wat verband hou met geestesges­ondheid en selfmoord, of meer onlangs celebs wat aan die hand van selfmoord gesterf het, skep dit baie bewustheid en baie mense reik uit vir hulp wat ’ n instroming van oproepe tot gevolg het.

“Die enigste ding wat deur die jaar sal verander, is die redes hoekom mense ons bel. Byvoorbeel­d, hulle kan meer gespanne voel, angstig of selfs selfmoordn­eigings toon tydens eksamentyd­perke, of aan die begin van die jaar as gevolg van verhoogde druk, of hulle het probleme of vrae oor hul verhouding­s. SADAG bly dwarsdeur die jaar oop. Ons sluit nooit – ons bly oop om mense te help deur die feesseisoe­n,” sê sy.

Die feesseisoe­n is nie jolly tyd vir almal nie, maar die goeie nuus as jy depressief of alleen voel, is daar ís hulp vir jou. Reik net uit.

Sosiale media is ’n konstante herinnerin­g aan jou verlies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa