Kuier

KuierCoach

Nie almal hanteer hul middeljare goed nie en dit kan in ’n krisis ontaard vir die mense rondom jou. Maar daar ís hulp om julle deur hierdie moeilike lewensfase te kry.

- DEUR SYDENE CLOETE

Vroueismee­rge plaoorhulv oorkoms,sek sueleenfis­ieseaantre­kkingskrag .

Die woorde “midlife crisis” word so maklik rondgegooi. Maar is dit ’ n werklikhei­d of is jy net vasgevang in ’ n nie-uitdagende dag tot dag bestaan?

Baie mans en vroue gaan deur dié fase en dikwels is dit die mense rondom hulle wat nie verstaan wat aangaan nie. Pa koop skielik ’ n motorfiets en kleur sy hare en Ma begin sexy, jonger klere dra. Maar moet dié stadium in ouer mense se lewe noodwendig ’ n “krisis” wees?

Die term “midlife crisis” is vir die eerste in 1965 bekendgema­ak deur Elliott Jaques en oor die jare gereeld gebruik deur bekende sielkundig­es soos Carl Jung. Hulle het dit beskryf as ’ n normale periode in die lewensfase, die oorgang van ’n jonger volwassene tot ’ n ouer volwassene. Tydens dié tydperk evalueer ons dan wat ons doelwitte en ons drome was en wat ons wel bereik het, teenoor dit waarvoor ons gewens het in die verlede. Ek sien ’n “midlife crisis” as die adolessens­iestadium van grootmense. Regdeur ons lewens groei ons en is daar verskuiwin­gs in onsself en ons leefstyl soos ons groei. Dit bepaal dan hoe ons die wêreld om ons sien en ervaar in die verskillen­de fases van ons lewens.

In die stadium tussen die ouderdomme van 40 en 65 is dit duidelik dat daar ’n gevoel van stagnasie is en ’ n begeerte om meer te wees. Om ’ n bydrae in die samelewing te maak en dinge te doen wat toekomstig­e generasies tot voordeel sal strek. Mense soek basies na ’ n dieper betekenis van hulself, die lewe en hul rol in die lewe. Hulle kan voel hulle het ge- faal, sou hulle dit nie vind nie.

Mans en vroue ervaar die oorgang op verskillen­de maniere. Vroue is meer gepla oor hul voorkoms, seksuele en fisiese aantrekkin­gskrag en mans fokus op wat hulle bereik het en om hul sukses aan ander te bewys. Beide geslagte herdefinie­er dikwels hulself en hul rol in die lewe tydens hierdie stadium en verander ook van loopbaan.

Dis egter nie almal wat die verskuiwin­g in hierdie lewenstadi­um as ’n krisis beleef nie. Daar is mense wat al vroeg in hul lewe weet wat hulle uit die lewe wil hê en hard daaraan werk om hul drome en aspirasies te vervul.

Maar mense wat hierdie stadium as ’ n groot uitdaging ervaar, tree nie op soos wat hulle gewoonlik sou nie. Hulle blaas geld op onnodige duur goed, want dit is asof hulle hul jeugdighei­d wil “terugkoop”. Hulle verruil dikwels hul ou en getroue vriende vir meer jeugdige vriende en maak impulsiewe en/of irrasionel­e besluite. Hulle kan ook meer as gewoonlik drink en met dwelms eksperimen­teer of

daarin verval. Mans veral, toon dikwels in hierdie stadium van hul lewens selfsugtig­e gedrag. Hulle raak dikwels betrokke in ’ n buiteegtel­ike verhouding, in die meeste gevalle met ’n jonger persoon wat hulle dan ’n sin vir jeugdighei­d gee. Wat kan jy doen as jy of jou maat ’n midlife crisis het? • Onthou wie julle saam en ook as individue was. • Wees simpatiek teenoor mekaar se behoeftes en ondersteun mekaar. • Kry profession­ele hulp om julle te ondersteun na gelang van die ernstighei­d van die krisis. • As jou middel-volwasse jare nog ’ n entjie weg is, werk aan jouself as ’ n geheel om jou innerlike balans te herwin. • Stel doelwitte en werk hard daaraan om dit te vervul om sodoende die beste weergawe van jouself na te streef en uit te leef. Doen dit sodat wanneer jy die midlife-stadium bereik, die oorgang vir jou makliker is. • Verskuiwin­gs is ’ n normale deel van die mens se groeisiklu­s en moet selfs in hierdie fase nie as ’ n krisis gesien word nie. ’n Krisis maak jou paniekbeva­nge en benoude katte gee benoude spronge. Ons herdefinie­er die stadium vandag as ’ n ontwaking van die self. Verwag dit en geniet dit om jouself en jou maat op ’ n ander vlak te leer ken en voed dit verantwoor­delik. Jy ken jouself nou beter en weet presies wat jy uit die lewe wil hê. • Wees geduldig, toon deernis aan jouself en jou maat. Op die einde van die dag is die grootste lewensles onvoorwaar­delike liefde en deernis teenoor jouself en ander mense in jou lewe.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa