Kuier

Geskenke: Hoeenvir nvirwiegee­jy?

Nie almal glimlag breed as hulle Kersgesken­ke oopmaak nie . . . Bekendes deel hul stories. DEUR TARREN-LEE HABELGAARN

-

Kersfees is ’ n tyd vir samesyn, familie, ontspannin­g, borde vol kos en ook natuurlik geskenke. Maar met alles wat duur raak, kan ’ n mens deesdae nog bekostig om geskenke vir die hele familie te gee?

Dit lyk of die ekonomiese knyp mense meer sentimente­el laat kyk na geskenke, want deesdae hoor jy al hoe meer mense sê tyd saam met familie is ’ n geskenk wat baie meer spesiaal is. Ander wat steeds daarvan hou om geskenke te gee oor Kersfees, raak kreatief. Van hulle koop byvoorbeel­d geskenke reg deur die jaar sodat hulle teen Desember nie hul hele bonus op presente hoef te blaas nie, terwyl ander eerder geskenke op Black Friday of ná Kersfees koop wanneer dit op uitverkopi­ng is.

Aktrise Nicole Fortuin (26), wat onlangs die rol van Danni in die SABC2reeks Onder die Suiderkrui­s vertolk het, reis baie vir werk en trek gereeld waar ook al haar volgende werk haar neem. So, as sy Desember wel die kans kry om tyd saam met haar familie deur te bring, is dit meer spesiaal vir haar as enige geskenk wat sy onder ’ n Kersboom sal kry. Nicole sê soos wat sy ouer word, het geskenke in hul familie al hoe minder geword.

“Ons is vier mense in die huis en almal het altyd vir almal iets gekoop, maar soos ons ouer geword het, het dinge duurder geraak. Ons het besluit dat ons net een keer ’ n jaar vir mekaar ’ n groot geskenk sal koop, maar dit beteken nie dat dit oor Kersfees moet wees nie. Ek probeer vir mense deur die jaar geskenke koop wanneer ek iets sien waarvan hulle sal hou. Dit is sodat ek nie alles in Desember hoef te koop nie, maar die probleem is ek hou dit nooit tot Kersfees nie!” sê sy terwyl sy lekker lag.

Akteur en TV-aanbieder Christophe­r Jaftha (33) stem saam en sê hulle is van kleins af geleer dat elke dag Kersfees

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa