Kuier

FACEBOOK

-

As jy vandag sou sterf, wat sal jy vir die mense naaste aan jou sê?

Ek wens ek het die moed gehad om ’n lewe getrou aan myself te leef, nie die lewe wat ander van my verwag het nie.

MARIETA VAN ZYL

Ons kook mos laat die rook draai vir die funeral. Ek wil net vir julle sê by my funeral gaan daar net ’n koppie tee wees en een koekie elk. My geld moet belê word vir my kind.

MARGARET JANE DAWIDS, OOS-KAAP

My begrafnis moet op ’n Vrydag wees, want dan kan my ware vriende se kleure uitkom. Want dan is hulle mos daar omdat hulle omgee en afvat by die werk. En dis anyway goedkoper om in die week begrawe te word.

LINDA SCHEEPERS, WINDHOEK

Moenie bang wees, moenie huil nie. Ons gaan mekaar weer sien. Ek gaan my kroon haal en gaan julle s’n hou totdat julle ook daar uitkom. Totsiens, maar nie vaarwel. Ek is ontsettend lief vir julle!

SALMAH HAINES, KIMBERLEY

Ek glo die oomblik wat jy jou asem uitblaas, is jy dadelik in God se teenwoordi­gheid en Sy heerlikhei­d. Hoe jy op aarde gelewe het, sal die graad van heerlikhei­d bepaal wat jy sal beleef. Om net op ’n distance te moet aanskou wat jy kon gehad het – dit moet hel wees. So dit sal my laaste aansporing wees aan my geliefdes – lewe só op aarde dat jy ten volle kan deel in al God se heerlikhei­d.

SHARON CUPIDO, POTCHEFSTR­OOM

Daar is ’n gesegde wat sê: Jakkals verander van hare, maar nie van streke nie. Dink jy mense kan regtig verander?

Wie is ons om te oordeel?

JILL CROUCH, PORT ELIZABETH

Die woord van die Here sê niemand is te goed om sleg te word nie en niemand is te sleg om goed te word nie.

ESMERALDA PLAATJIES, HOPETOWN

Jy kan nie verander wie jy is nie, maar mens groei met die jare en word wyser.

LINDA NAUDE, PRETORIA

Ses van die een en ’n halfdosyn van die ander. Soms bid ons so hard vir die veranderin­g in iemand, maar gee die persoon nooit ’n kans nie. Party gee voor hulle het verander, maar dis net lippediens. Dis dié dat ons maar skepties bly.

LINDA STORM, MOSSELBAAI

My ouma het altyd gesê as jy wil hê iemand moet verander, moet jy sy haarslag uitsny. Ek los dit daar. Seker net Namakwalan­ders wat hierdie sal verstaan!

CHAMAGNE CLOETE, OKIEP

My ma het altyd gesê: Respekteer almal en gee, my kind, al is dit jou laaste. Dan, sê sy, môre sorg vir homself, want God is al klaar daar. YOLANDA WAGENAAR, KAAPSTAD

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa