Kuier

LESERSWENK­E

-

Om hardgekook­te eiers in ’ n japtrap af te dop, sit ’n stukkie suurlemoen in die water wanneer jy die eiers kook. Die dop sal dan nie aan die eierwit vasklou nie en baie makliker afkom. As jy nie suurlemoen byderhand het nie, sal ’ n bietjie asyn in die water ook die ding doen. MARION BUIS, OUDTSHOORN As jou onderarms (blaaie) ’n stink reuk gee en jou roll-on is op, maak lyfseep nat en smeer dit aan. Dit ruik onmiddelli­k weer lekker. GILBERT MALGAS, TOUWSRIVIE­R Vir lastige kokkerotte en miere, plaas bakkies met koeksoda in, veral onder yskaste, wasbakke en stowe. Dis hul gunsteling­broeiplekk­e. Hulle sal die koeksoda eet, die vog in hul ingewande sal die koeksoda laat bruis en hulle sal vrek. Glo my dit werk. COLLEEN WITBOOI, MISGUND Gooi ’n bietjie thick bleach en water in die toiletbors­el se bakkie waarin die borsel is. Dit sal lekker vars ruik en die toiletbors­el sal altyd skoon en wit wees. ANDREA, PAARL Vir Prestik wat moeilik van mure afkom, KONDOME kan met Doom gespuit word. Los dit aan vir ’n paar minute en vee dan af met ’n klam lap. CYNTHIA, ATLANTIS As jy waterpuisi­es of ’n olierige vel het, was jou lyf met Sunlight-seep. MELLORY COETZEE, SOMERSET-WES Vryf Handy Andy op jeans met vuil oliekolle. CYNTHIA EDWARDS, ATLANTIS Om ’n plat magie in ’ n japtrap te hê, meng die volgende: Twee eetlepels aloe vera gel, ’n halwe suurlemoen se sap en twee eetlepels Colgate-tandepasta. Smeer net saans aan oortollige vette. VANESSA FIELIES, ELSIESRIVI­ER Eet ’n mespunt Zam-Buk vir maagsere. MECAYLINN FORTUIN, WORCESTER Om te voorkom dat skoene jou voete blase druk, vryf die binnekant van die skoene met seep. JOAN PRINSLOO, BURGERSDOR­P As jou voete hard of gebars is, was, skuur en droog dit goed af. Smeer dan die kondoomoli­e aan. LULU, BISHOP LAVIS Jy kan dit gebruik om jou skoene op te vryf. Dit werk ook goed om CD’s wat gekrap is op te vryf. Ek het gehoor dit sit die glans terug in droë hare. THEO BURKE, CLANWILLIA­M As ek nie silicone het vir my hare nie, vryf ek die kondoom deur my hande en vryf dan aan my hare. Dit werk net so goed en my hare mince nie so gou nie. CANDICE DANIELS, KAAPSTAD Ek smeer dit op my stoofplate om die roes te keer en dit mooi te hou. CRISELDA ADAMS, GEORGE Ek smeer dit aan my gewrigte. Dit help vir artritispy­n. CAROLINE JAFTA, BLOEMFONTE­IN ELS Gebruik dit as fire lighters. PETERS, RAVENSMEAD

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa