Kuier

DAPPER NÁ RAPE

-

word weerhou omdat hulle getuies is in haar saak.)

Toe Tershia by Nadine se huis aankom, was sy te bang om verder met haar kar te ry omdat dit reeds vroeër die aand probleme gegee het. Sy en Nadine het toe ’ n taxi gevat na die kollega se verjaardag­partytjie, waar Bradley hulle ontmoet het. Dis hier waar sy ’ n boodskap van een van haar oud skoolvrien­dinne, Candy*, gekry het.

“Sy was altyd een van daai meisies van wie almal gepraat het omdat sy in ’n stripklub werk, maar dis nie wie ek is nie. Ek sal nooit mense oordeel oor die tipe werk wat hulle doen nie.”

Die driestuks het toe van die verjaardag­partytjie af ’ n taxi ontbied en het net voor middernag by die stripklub in die middestad aangekom. Tershia onthou die dele van daardie betrokke aand voor sy na bewering ’n date rape-dwelm ingegee is, asof dit gister gebeur het.

“My hare was in hierdie groot afro en ek onthou die bouncer het kommentaar gelewer daarop. Hy het gevra of dit my eie hare is en of hy dit kan voel. Ek het my nie veel daaraan gesteur nie en ons het by die klub ingegaan. Ek onthou nog toe ons by die tafel kom, het ek onmid- dellik vir die kelner gesê om my vriendin Candy te roep wat daar werk en vir my vriende gesê om drankies te bestel wat in ’n bottel is sodat ons weet daar is nie mee gepeuter nie.”

AAND IS ’N WAAS

As polisieman het haar pa haar altyd gewaarsku oor die gevare wat in dié plekke skuil en daarom was sy met haar intrapslag op haar hoede. “Ek was nog nooit voorheen in so ’n plek nie en wou dit sien en ervaar. Ons het onsself gemaklik gemaak en Candy het kom groet en gevra wat ek gaan drink. Sy het gesê die kelner sal vir my ’n drankie bring op haar tab.” Volgens Tershia het Candy weer geloop omdat sy daai aand gewerk het.

Ná haar vlugtige besoek het Bradley toilet toe gegaan. “Hy het ’n rukkie gevat om terug te kom en ek onthou nog hoe Nadine ook toilet toe wou gaan,” voeg sy by.

Voor Nadine toilet toe gegaan het, het die kelner met die beloofde drankie by die tafel aangekom – dit was reeds oop en daar was ’n glas met ys by.

“Ek het nie veel daarvan gedink nie en het die drankie aanvaar omdat ek gedink het dis die drankie waarvan Candy gepraat het. Kort daarna is Nadine toilet toe en ek onthou hoe ek stadig aan die drankie begin teug het. Ek het ook heeltyd gewonder, ‘ Hoekom is daar so baie ys in my glas?’ Dit was my laaste gedagte. Dis hoe ver ek onthou. Niks meer en niks minder nie.”

Kuier het uitgereik na Bradley en Nadine om húl weergawes te kry van wat daardie aand gebeur het nadat hulle teruggekom het van die toilet af en vir Tershia nêrens kon vind nie. Bradley wou van die begin af niks sê nie en het nie redes verskaf nie, terwyl Nadine gesê het sy sal liewer niks sê nie want “ek is ’ n key witness; ek het gesigte gesien en ek is bang vir my veiligheid”.

Tershia het vir Kuier vertel, volgens wat Nadine ná die voorval vir haar vertel het, was sy vir minstens ’n uur en half vermis toe Nadine ’ n bohaai begin opskop soos wat sy na Tershia gesoek het. Ook Bradley het glo rondgevra na haar. ’ n Wit Honda met donker ruite het toe later na bewering met Tershia voor die klub gestop. Nadine het haar kêrel gebel om haar te kom help soek na Tershia. Nadine en haar kêrel het haar glo op die agtersitpl­ek van die voertuig gekry.

Sy was nie by haar bewussyn nie en haar vriende moes haar uit die Honda haal en na hul eie motor dra.

Tershia onthou absoluut niks van wat gebeur het nie. “Ek het die volgende oggend by my vriend se huis wakker geword. Ek het net heeltyd gewonder, ‘Waar het dinge verkeerd geloop? Wat het met my gebeur? Was ek verkrag? Hoe het ek hier gekom?’. Daar was egter geen antwoorde op my vrae nie en my vriende was netso verward soos ek. Almal het na my gekyk vir antwoorde, maar alles was net donker. Ek het net vuil gevoel. Geskend.”

Omdat sy geweet het sy mag nie was voor sy nie ’n dokter gesien het nie, het sy net haar gesig gewas en wou eers haar kind by dié se pa gaan haal. “Ek was ’n mess en toe hy my sien, wou hy dadelik weet wat gebeur het. Al kon ek nie veel sê oor wat presies gebeur het nie, het ek probeer. Hy het onmiddelli­k my pa gebel en my na die naaste polisiesta­sie geneem. Dit was 10:00 die Sondagogge­nd toe ons daar kom en ek moes ’n verklaring aflê. ’n Rape crisis forensics-beampte is ontbied. Ek was baie huiwerig om die verklaring af te lê omdat ek weet dat die polisie baie keer op misdadiger­s se pay-roll is.”

Sy onthou hoe moeg sy was, maar het met elke greintjie van haar menswees deurgedruk. Tershia moes verskeie toetse ondergaan insluitend­e ’ n vaginale swab en ’n MIV-toets. “Hulle het al die toetse gedoen en ek onthou hoe indringend dit was. Die forensics-beampte het verduideli­k dis moeilik om te bepaal of penetrasie gedwonge was wanneer ’ n vrou wat reeds seksueel aktief is en veral nie by haar bewussyn was terwyl sy verkrag is nie. Volgens die beampte kan vaginale afskeiding egter daarop dui en op my onderklere sowel as binne my vagina was baie. Ek was beslis verkrag. Daar is ook dwelms in my stelsel gevind.”

GAAN AAN MET LEWE

Vir ’ n oomblik is dié sterk vrou van stryk gebring. Sy haal diep asem voor sy voortgaan. “Ek het daar gesit en geluister, maar dis asof my brein dit nie wou registreer nie. Dit het gevoel asof ek buite my liggaam was. Asof ek vanuit ’ n bird’s view na my lewe staar. Alles het onwerklik gevoel, maar ek moes dit aanvaar.”

Terwyl sy ’ n kussing styf voor haar vasdruk, strengel sy haar vingers inmekaar en sê saggies: “Ek was dankbaar dat ek nie kan onthou nie. Dankbaar dat ek nog lewe en het by myself gedink, ‘ Die liggaam is net vlees. Wat hulle daarmee gedoen het, sal nie my siel breek nie. Ek weier om ’ n slagoffer te wees.’ Dis een ding om te hoor iemand na aan jou is bedwelm en verkrag, maar glo my as dit jy is, is dit ’ n innerlike worsteling. Ek moes ook ARV’s begin neem. Die hele proses het ’ n pynlike tien ure geduur en toe ek uiteindeli­k daar uitstap was dit reeds oor sewe die aand. Ek wens dit nie my grootste vyand toe nie.”

Sy het deur ’ n warboel van emosies gegaan, vertel Tershia, en sy het al gevra, “why me?”.

“Ek het myself aanvanklik blameer, maar ek het besef dat ek geen aandeel daarin het nie. Ek is deur die polisie ingelig dat dit is hoe mensehande­l plaasvind. As my vriendin nie daai aand saam met my was nie, weet ek nie waar ek nou myself sou bevind het nie. Hoeveel meisies het nie al dieselfde ding oorgekom nie? Hoeveel van hulle was gevind?”

Shiralee McDonalds, ’ n beradingsk­oördineerd­er by Rape Crisis, sê slagoffers rapporteer dikwels nie date rapes nie omdat hulle nie kan onthou wat gebeur het nie, maar ook oor die stigma rondom verkragtin­g. Die moontlikhe­id van viktimiser­ing (slagoffer word dalk blameer omdat sy gedrink het) speel ook ’ n rol. Dit beteken ook dat hulle nie noodwendig die nodige mediese behandelin­g kry wat ná verkragtin­g nodig is nie, verduideli­k Shiralee.

“Survivors kan ’ n verskeiden­heid emosies ervaar wat wissel van die fisieke, natuurlik, maar ook ’ n veranderin­g in gedrag en sielkundig­e simptome. Wanneer iemand nie noodwendig kan onthou wat gebeur het nie, beteken dit nie dat hulle nie erg geraak word daardeur nie. Inteendeel, dit is die stryd en die wens om dit te onthou, wat frustreren­d en pynlik kan wees. Aan die ander kant, is deel van die natuurlike genesingsp­roses ook om die voorval agter jou te sit en vorentoe te kyk. Iets wat belangrik is oor verkragtin­g is om uit te lig dat daar mediese gevolge is. Die moontlikhe­id dat die slagoffer kan swanger word, MIV of seksueel-oordraagba­re infeksies opdoen, is belangrike aspekte wat aangespree­k moet word so gou moontlik ná verkragtin­g. Ongeag of iemand van dié voorval weet, is dit altyd ’n goeie idee om mediese hulp te kry,” voeg Shiralee by.

Daardie aand het letsels op Tershia gelaat, een daarvan is dat sy mense nou wantrou, maar sy het weer nuwe krag gekry toe sy ’ n volunteer-program begin het waar sy kinderhuis­e besoek waar daar meisies is wat seksueel, emosioneel en fisiek mishandel was. Dit is vir haar terapeutie­s om met hulle te gesels.

Sal sy ooit weer ’ n lewe kan lei sonder om konstant op die uitkyk wees vir ongure karakters met donker gedagtes? Die lig van vroeër is weer in haar oë. “Dis vir my swaar om te praat oor wat met my gebeur het, maar as ek dit nie gaan doen nie, gaan ek net soos die ander wees wat maak asof dit nooit gebeur het nie. Dis tyd dat ons mekaar moet begin ondersteun en uplift sonder veroordeli­ng.”

*Skuilnaam

 ??  ?? Closeup shot of a man drugging a woman's drink in a nightclub
Closeup shot of a man drugging a woman's drink in a nightclub
 ??  ?? BO: Rohypnol en Ketamine is van die algemeenst­e date rape-dwelms.
BO: Rohypnol en Ketamine is van die algemeenst­e date rape-dwelms.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa