Kuier

Kortverhaa­l

Lisa is keelvol van haar familie se drama en verbied hulle om Kersfees te kom. Gaan die feestyd ooit weer dieselfde wees?

- DEUR JOANNA ALEXANDER

Lisa en haar susters, Lindie en Candice, sit rondom hul ma se kombuistaf­el, besig om te beplan vir Krismis. Dis oor ’n week. Uit die sitkamer blêr die TV en Candice se tweeling skree soos maer varkies. Candice lyk moeg. Lisa sê niks, maar sy stres in die stilte oor haar ma wat dalk deur die geraas wakker kan raak.

“Ek gaan weer gammon en tong maak.” Candice, die oudste, kyk vraend na die ander twee. Albei knik.

“Kom almal maak maar net wat hulle altyd elke jaar maak,” stel Lisa voor. “En dan maak elkeen maar net weer ’n lekker slaai en ’n poeding, soos ons maar altyd maak. En elkeen bring mos maar net sy eie drinks en snacks.”

“Ja . . .” begin Candice. “Maar wat as antie Freda weer met niks hier aankom nie? Met al haar klomp kinders en kleinkinde­rs? En antie Millie, wat net beetslaai bring elke Krismis?”

“Laat ons tog maar net genoeg van al- les maak. Dis Mammie se familie,” probeer Lisa die vrede bewaar.

“Elke jaar? Iemand moet hulle sê wat kos ’ n gammon, ’ n beestong en ’n boud. Ek is op om hulle elke jaar te abba.”

“Presies,” sê Lindie, die middelsust­er, “maar kom ons doen dit vir Mammie.”

“Vir Mammie? Rêrig, Lindie? Asof Mammie sal weet hulle is hier!” Candice se man, Quinton, verskyn in die deur. “Candy, wanneer gaan ons?” Candice sug. “Ja, ek kom. Kyk hoe gaan die kinders aan. Jy weet Mammie is nie lekker nie. Jy moet ophou suip!”

“Hi, julle!” Almal in die kombuis kyk op. “Is hier ’ n party? Waar is my Phillip?” vra hul ma, Linda. Candice se tweeling bars gillend deur die kombuis. “Wat gaan aan? Waar is Phillip? Wie se kinders skree so?” Sy lyk verstrooid. Lisa lei haar ma tot by ’n stoel. Sy sit met haar hande oor haar ore. Lisa beduie vir Candice met die oë om die geraas uit te sorteer. Lindie sit met haar hand oor haar mond na haar ma en kyk. Trane dam op in haar oë. “Lin, asseblief,” Lisa klink smekend. “So, waar was ons?” Lisa kyk vraend na Lindie. Lindie knik vir Lisa. Candice onderskep die woordelose gesprek tussen Lindie en Lisa. Sy ontplof. “O, so, ek en Quinton is seker nou weer die topic? Ek is so op van julle twee wat my heeltyd judge. Lindie, jý wat my so judge, waar is jóú man nou? Ten minste is Quinton saam met my.”

Lindie haal diep asem, haar stem is hoog en skerp. “Ja Candice, al gaan hy jou nou net met al die kinders by die huis dump en die pad vat met jou kar. Ja, met jóú kar. En moet ek jou sê wie ry almal in jou kar as jy agter sy kinders kyk? Dronk meide!” Haar stem is uitdagend.

“En jou man dink mos hy is beter as ons,” kap Candice terug. Candice slaan hard op die tafel met haar vuis.

Lisa voel hoe haar ma se hand al stywer om hare klem tot dit voel of haar vingers gaan breek. Sy vryf haar ma se rug om haar te probeer kalmeer.

“Phillip!” skree Linda verskrik. “Wie is dié mense in ons huis? Hulle maak my bang.” Lisa spring op.

“Is oukei, Mammie. Kom ons gaan kamer toe.” Sy lei haar ma paaiend.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa