Kuier

Krynuwehoo­p Gebed: indieHer e

In die feestyd moet ons vreugde, geloof en hoop by die Here lê.

- SAAMGESTEL DEUR LAVERN MAARMAN

G ebed

Hemelheer, hier staan ons aan die einde van nog ’n jaar. Hoe wonderlik is dit nie om te kan getuig van die goedheid van God nie en as daar wel donker dae was, Here, dan het U ons deurgedra. Nou is ons in die feestyd. “How great is our God,” sing ons harte. Here, help ons in die Kersseisoe­n om net ’n seëning vir ander te wees. Daar is so baie mense wat hopeloos voel en wat lank reeds opgegee het, omdat dit nie goed gaan nie. Here, gebruik ons om ’n helpende hand uit te reik na almal wat dit nodig het. Dikwels raak ons so besig met inkopies en partytjies dat ons vergeet van almal wat minder het. Help ons om ander te help om staande te bly. Soms word ons teleurgest­el, maar dit is nie nodig om hopeloos te voel nie. Vader, U leer ons so mooi dat jy eers geloof moet hê om te kan hoop. Help ons om nooit U Woord te vergeet nie en om U in elke saak te ken, goed of sleg. Help ons om altyd hoopvol te bly vir ’n blink, nuwe môre. Liewe Vader, laat U wil geskied en help ons om in die feesseisoe­n geloof, hoop en vreugde te hê. Amen.

Romeine 5:3-5

Dit is egter nie al nie. Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en dié hoop beskaam nie, want God het Sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het.

Romeine 15:13

God can turn your hurt into HOPE. WWW.BELIEFNET.COM

“Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreudge en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan wees deur die krag van die Heilige Gees!”

Strewe na ’n blinker, maar standvasti­ge môre. WWW.BLOGS.LITNET

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa