Kuier

200 Kersfeeste: Oumasdeelh­ulherinner­inge

Saam het dié oumas al meer as 200 Krismisse gevier en steeds is hulle dankbaar dat die Man van Bo hulle elke dag deurdra.

- DEUR CHRISLYNN SIAS

Dis nie almal beskore om meer as tien dekades te leef nie. Maar Sophie Keyter (102) en Maria Oranje (105) is dit eens: dis net danksy die Man van Bo en Sy genade dat hulle saam meer as 200 Krismisse beleef en tussendeur droogtes en vloede oorleef het.

Ouma Sophie van Worcester in die Wes-Kaap nooi ons laggend in haar kamer by Huis Andries Hamman, ’ n ouetehuis op Worcester. “Sjoe! Maar ek kry vandag sommer lekker baie besoekers.”

Sy vertel trots dat sy in haar jongdae baie sportief was. “Ek het vir jare en jare as ’ n onderwyser gewerk, maar tussendeur het ek vir WP netbal gespeel. Nee kyk, dis iets waaroor ek altyd sal praat, want ek mag! Ek het tot op 80-jarige ouderdom ook steeds rolbal gespeel. Ek is een wat gehou het van my vryheid, ai, maar die ouderdom laat ’ n mens nie toe om onafhankli­k te lewe nie.”

Op dié noot vertel sy van die dae voor sy na die ouetehuis gekom het: “Ek het eers by ’ n aftreeoord in Port Elizabeth gebly en sjoe was dit nou vir jou ’ n lekker besigheid. Ek kon dinge op my manier, op my tyd doen.”

Ouma Sophie het vyf jaar gelede by haar (oorlede) seun, Neels Kruger, en dié se vrou, Jeanette, op Worcester kom woon. Dis juis Jeanette wat haar nou daagliks besoek en haar aanpor om te vertel van haar kinderdae op ’ n Noord- Kaapse plaas. “Kind, ek wil mos nou nie vir die mense lieg nie jong,” grap sy voor sy ernstig verklaar: “Gee my gou net bietjie tyd sodat ek kan dink.”

Vir ’n rukkie is dit doodstil in die kamer en ouma Sophie se oë is toe. Ná ’n paar minute klink daar ’ n opgewonde gebabbel op soos wat sy lostrek met ’ n staaltjie uit haar kinderdae. “Dit was lekker dae, sorgvrye dae. Ons het oor Kerstyd daar op die plaas rondgehol en Ma het lekker kos gemaak.”

Nóg Kersfees-herinnerin­ge kom op. “Julle sal nooit raai wat het my pa altyd gedoen nie.” Sy lag heimlik voor sy voortgaan. “Hy het vir my en my sibbe Krismissok­kies uitgehang en al het hy ons elke jaar poetse gebak, het ons steeds elke jaar vir dieselfde grap geval. Douvoordag op ’n Kersfeesog­gend het ons opgewonde saam met die voëls opgestaan en opgewonde na die kaggel gehol om te kyk wat Kersvader vir ons gebring het. Ons sou dan ons hande in die sokkie steek en dan was dit vol donkieboll­ie!” Ouma Sophie lag uitbundig voor sy vertel dat die eintlike verrassing onder die donkieboll­ie was. “Onder die bolle was twee sjielings en in daai jare was dit baie geld, jong. Ons het altyd geweet dat die bollie bo gaan wees, maar onder die bollie is waar ons ons gelukkie gevind het.”

Wat is die les wat sy hieruit geleer het? “Die lewe gooi maar baie dinge na ’ n mens se kant toe en jy moet daardeur werk om by die goeie dinge uit te kom. Al is dit hoe onsmaaklik en ongemaklik.”

En van waar is die ouma oorspronkl­ik? “Boesmanlan­d, Brandvlei, kinta!” verklaar sy opgewonde. “Ek het daar van die beste jare van my lewe gehad. As kind het ek gespeel. Ek het gehol, gelag, gehuil en weer gelag. Dit was lekker. Jare later toe ek my man, Piet, ontmoet, was ek weer so gelukkig. Dis ’ n geluk wat jy diep hier binne voel,” sê sy terwyl sy met haar vinger voel. Ouma Sophie se oom Piet het op die asbesmyne gewerk en hulle het

daarom daar naby gebly. Maar die asbes was nie goed vir hul gesondheid nie en oom Piet is aan “asbeskanke­r” dood, soos sy dit noem. Behalwe oorle’ Neels, het ouma Sophie ook een dogter, wat tans oorsee woon, vyf kleinkinde­rs en drie agterklein­kinders.

Ouma Sophie kan nie meer loop nie, maar sê al siekte wat sy het, “is dat ek te veel praat”.

Net vir die pret wou ons weet of ouma Sophie weet wat ’n selfie is. “Selfie? Wie is dit en waar bly hy?” wil sy nuuskierig weet. Toe sy hoor dis ’n foto wat jy van jouself neem, lag sy weer uitbundig. “Nee wat, as ek darem heeltyd na myself moet kyk, sal ek mos doodgaan of die kamera sal breek.”

OUMA MARIA

In ’n ander gedeelte van Worcester, Roodewal om presies te wees, groet ’n swaar tabakreuk ons by die deur. Hier wag ouma Maria en haar jongste dogter, Feitjie (56). “Feitjie, wag eers laat ek die pyp doodmaak,” sê die ouma uit die kamer. Toe die pyp uit is, maak sy skaam haar verskyning en groet beskeie.

Ouma Maria vertel saggies dat sy oorspronkl­ik van Touwsrivie­r in die Wes-Kaap is en nie meer sibbe oor het nie. “Ek het niks meer broers of so nie. Toe ek my verstand kom kry, toe werk ek al. In daai jare moes ons vroeg gaan werk omdat ons vir ons broers en susters moet sorg. My ouers is al vroeg oorlede, so ek moes regstaan en voorsien,” vertel sy.

Sy raak nostalgies as sy dink oor hoe die lewe destyds was teenoor hoe dit nou is. “Die lewe in my jare was nie so lelik soos dit nou daar buite is nie. Ons het mekaar liefgehad en versorg en nie seer- gemaak nie. Ons het lieflik gelewe. In vrede. Ons het nie motorkarre gehad nie en as jy êrens wou wees, moes jy met die donkiekar ry of loop. Ons het ook nie die tegnologie-goed en elektriese goeters wat julle nou het nie.” Dis juis om dié rede dat ouma Maria glad nie aan ’n stoof, ketel of strykyster raak nie. “Nee jong, daai goeters werk nie vir my nie. Ons het destyds ’n koolstoof gebruik en ek het nog so twee jaar gelede op die vuur kos gemaak, maar nou kan ek dit nie meer doen nie, so ek raak nou meer aan niks! Ek maak nog my eie broodjie en dis al.”

Sy vertel ook dat sy glad nie van ligte hou nie. “As hulle die ligte aansit, raak ek mos smoorkwaad. Ek steek vir my kerse aan. Dis hoe ek grootgeraa­k het en dis hoe ek sal sterf.”

Ouma Maria het 12 kinders gehad, maar sê sy weet nie hoeveel kleinkinde­rs en agterklein­kinders sy het nie. Daar is nog vyf van haar 12 kinders wat lewe. “Hulle is te veel. En my kop is nie meer wat dit was nie, so ek ken hulle nie eers almal nie,” lag sy. Sy het ook geen siektes nie en loop nog self met behulp van ’n kierie. “Ek maak nog my eie bed ook op en trek self my kamer reg, want ek kan nog. As ek die dag nie meer kan nie, sal ek weet ek het gedoen wat ek moet.”

En wat onthou ouma Maria van haar vorige Kersfeeste? “Baie min, dingetjie,” antwoord sy eerlik. “Ons het nooit Krismis so erg gevier nie oor my ouers lankal dood is. Nou dat ek by my kinders aan dié kant is, maak hulle Krismiskos­se en koop klere. So dis ’n lekker gesellighe­id waar ons almal saam is en net gesels en lag. Al wat ek onthou, is dat dit lieflik was. Baie lieflik. As ek daaraan dink, is ek gelukkig hoewel ek dit nie kan onthou nie. Die gedagte daaraan maak my gelukkig.”

Hoewel die oumas wêrelde apart grootgeraa­k en gelewe het, is daar ’n gesamentli­ke blik van beide kante: Deur die lief en leed en winters en somers van die lewe, moet jy getrou bly aan jou God. Lewe volgens Sy wil en Hy sal jou genadig wees.

Hyhetvirm yenmysibbe­Krismissok­kiesuitgeh­angenalhet­h yonselkeja­arpoetsege­bak, hetonsstee­dselkejaar­virdieself degrapgeva­l. SOPHIE KEYTER

 ??  ?? REGS: Ouma Sophie Keyter (links) en ouma Maria Oranje vertel van al die Kersfeeste wat hulle al beleef het.
REGS: Ouma Sophie Keyter (links) en ouma Maria Oranje vertel van al die Kersfeeste wat hulle al beleef het.
 ??  ??
 ??  ?? 105
105
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa