Kuier

IN DIE NUUS

-

Die afgelope vakansiese­isoen het ’n paar gebeure groot nuus gemaak. Sommige het die trane laat rol terwyl ander die monde laat oophang en ons steeds aan die praat het! IN PUIN GELÊ Meer as 200 mense is dakloos gelaat toe lekkende vlamme op Nuwejaarsd­ag die prentjiemo­oi Morawiese sendingsta­sie Wupperthal naby Clanwillia­m verswelg het. Die verwoesten­de brand, wat omstreeks 17:00 uitgebreek het, het verskeie strukture insluitend 53 huise en agt historiese geboue verwoes. Die Morawiese kerk het die vlamme vrygesprin­g. Die polisie ondersoek ’ n saak van brandstigt­ing, maar niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. UNHAPPY NUWE JAAR Mense van die Overstrand het ook die Nuwejaar op ’n hartseer noot ingegaan toe ’n man se beweerde poging om die Nuwejaar met ’n fakkel in te lui op ’n wegholbran­d uitgeloop het.

Shelton April (34) het na bewering middernag ’ n noodfakkel afgevuur in die Overstrand-gebied in die Wes-Kaap laat ontstaan het. Die brand het in die Overberg-kusgebied uitgebreek en na gebiede naby Bettysbaai, Pringlebaa­i, Hangklip en Rooi Els versprei en erge skade aangerig. ’ n Inwoner van Pringlebaa­i het vermoedeli­k in die brand gesterf weens rookinasem­ing, maar teen druktyd was die nadoodse ondersoek nog nie afgehandel nie. Shelton het op 7 Januarie op ’n aanklag van die oortreding van die natuurbewa­ringswet in die landdrosho­f op Caledon verskyn. #SKAAP-GATE Gebeure op Clifton se Vierde Strand in Kaapstad het dié somer omtrent opslae gemaak. ’n Herrie het aanvanklik by dié rykmansstr­and ontstaan toe twee privaat sekuriteit­beamptes van die sekuriteit­smaatskapp­y PPA na bewering op 23 Desember ’ n groep besoekers van die strand verwyder het. Die wagte se optrede het toe gelei tot verskeie protesaksi­es by dié strand. Die kersie op die koek was toe lede van #FeesMustFa­ll-beweging ’n skaap daar slag om dit te reinig van enige “rassisties­e geeste”. ’n Konfrontas­ie tussen wit en swart strandbeso­ekers het soos ’n veldbrand versprei en gewys hoe diep die land se rasseverle­de nou seermaak. HIER KOM ONS JAY-ZEE! Oudpres. Jacob Zuma gaan sy lyf musiekkuns­tenaar hou nadat hy ’n ooreenkoms met die eThekwini-munisipali­teit geteken het om sy immergewil­de Struggle-liedjies op te neem. Die ooreenkoms vorm deel van “die behoud van Suid-Afrikaanse erfenis” en sal die begin wees van die voormalige president se nuwe musiekloop­baan. Die opname sal na verwagting in April geskied en sal Zuma se gewilde liedjie, “Umhlaba’ wethu”, insluit wat hy op Madiba se begrafnis gesing het.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa