Kuier

2018 se wenner!

Ons Wenk van die Jaar-wenner doen alles tjoptjop met haar goeie wenke.

-

Die vis was baie makliker om dit voor te berei en ek het baie moeite en tyd bespaar. DAPHNE SWARTZ

In 2018 het ons talle interessan­te en handige wenke ontvang oor alles en nog wat! Baie dankie as jy joune ingestuur het en hou asseblief só aan. Dit was beslis nie maklik om ’ n wenner te kies nie, maar nadat ons dit getoets het, het ons die Wenk van die Jaar aangewys.

Kuier- leser, Daphne Swartz (59), van Riverview in Worcester is die gelukkige wenner van Kuier se Wenk van die Jaar 2018-kompetisie. Sy wen ’ n fantasties­e kontantpry­s van R6 000. Vir Daphne is hierdie meevaller net betyds vir haar 60ste verjaardag­partytjie in April.

Daphne, ’ n tuisteskep­per, vertel sy is ’n baie eenvoudige mens wat hou van lees, blokraaise­ls invul en kos kook. Juis daarom is Kuier so ’ n groot deel van haar lewe. Wat sy die meeste geniet, is Wat die hart van vol is en die inspireren­de verhale van lesers. “Ek lag en huil saam met hulle,” vertel sy met ’n glimlag.

Daphne se wenk is ook in Mei verlede jaar aangewys as wenk van die maand en talle tevrede lesers het laat weet dit werk soos ’n bom. Haar wenk is: “Ontdooi altyd vars vis in ’n vergiettes oor ’n skoon bord in jou yskas. Só drup die water onder die vis uit sonder om dit pap te maak.”

Die idee vir hierdie wen-wenk het by haar opgekom toe sy een middag haastig was om haar kleinkind by die skool te gaan haal. “Ek het vinnig die vis uit die vrieskas gehaal, in die vergiettes gesit en op ’n skoon bord in die yskas geplaas.”

Sy was heel verbaas toe sy later tuiskom dat die vis nie pap was soos gewoonlik nie, maar steeds ferm omdat die water op die bord uitgeloop het en die vis nie daarin gelê het nie. “Die vis was baie makliker om dit voor te berei en ek het baie moeite en tyd bespaar.” Van toe af is dít hoe vis in haar huis ontvries.

Ander wenke wat sy toepas om haar lewe te vergemakli­k en tyd te bespaar, is dat Daphne kookwater in die pot gooi in plaas van koue water omdat dit die kos vinniger gaarmaak. Een van haar ander geheime is om ’n bietjie meat tenderiser te gebruik om beeslewer sag te maak. By haar ma en ouma het sy geleer om ’n beestong se vel maklik af te trek, moet jy dit in ’n bietjie asyn kook en om lekker vetkoeke te maak, gebruik 1 kg meel, twee eetlepels botter en 1 liter melk.

Met ’n lewe vol slim wenke voel Daphne sy het meer tyd tot haar beskikking om belangrike take te verrig. Sy en haar vriendinne geniet dit om wenke met mekaar te deel en só te help om mekaar se lewens makliker te maak.

 ??  ?? Daphne Swartz van Worcester glimlag breed nadat sy R6 000 met haar wenk losgeslaan het.
Daphne Swartz van Worcester glimlag breed nadat sy R6 000 met haar wenk losgeslaan het.
 ??  ?? os die vis ontdooi, drup die water deur aaatjies op die bord. Só lê die vis nie in diee wawater en word pap nie.
os die vis ontdooi, drup die water deur aaatjies op die bord. Só lê die vis nie in diee wawater en word pap nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa