Kuier

DIE POLIS VIR JÓÚ

Kry gemoedsrus met die regte dekking wanneer ’n geliefde sterf.

-

Om ’n geliefde aan die dood af te staan bly traumaties, ongeag die omstandigh­ede. Met voldoende begrafnisd­ekking hoef onvoorsien­e uitgawes nie ’n onnodige las te wees in hierdie hartseer tyd nie.

Vir Catherine Blaauw (35) van Port Elizabeth was haar man, Klaas, se afsterwe baie onverwags. Sy het nooit besef hoe duur ’n begrafnis kan wees nie en die feit dat hulle nie ’n begrafnisp­olis uitgeneem het nie, het dit nie makliker gemaak nie. Alhoewel die afsterwe van ’n geliefde nooit maklik sal wees nie, is OUTsurance daar vir jou wanneer jy dit die nodigste het. Met genoegsame dekking soos dié van OUTsurance, kan jy vir jou geliefdes die afsending gee wat hulle verdien.

waarde vir jou geld

Dit is altyd beter om ’n polis uit te neem by ’n verskaffer met ’n betroubare reputasie. Marilena Eisele (56) van Kraaifonte­in in die Kaap het dit met ’n duur les geleer.“My hart was so seer toe my ma ’n paar jaar gelede finaal haar stryd teen kanker verloor het. My troos was dat ek ’n begrafnisp­olis vir haar uitgeneem het. Nadat ek ’n eis ingestel het, moes ek ’n maand wag vir die polis om uit te betaal. Daar was talle vrae en vereistes waaraan ek moes voldoen om die eis uitbetaal te kry. Intussen moes ek geld leen vir die begrafnis onkostes. Dít nadat hulle belowe het die uitbetalin­g sal binne 48 uur plaasvind ,” vertel sy.

Maak dus seker jy neem ’n begrafnisp­olis uit by ’n verskaffer wat die behoeftes van jou familie na hul afsterwe eerste plaas.

OUTsurance bied jou ’n begrafnisp­olis wat jou sak en behoeftes sal pas.

Die Pause and Play-opsie gee jou bietjie ruimte wanneer dit broekskeur gaan. As jou dekking opgeskort word as gevolg van onbetaalde premies, kry jy ’n drie maande grasieperi­ode. As jy weer begin betaal in hierdie tyd, sal jou dekking aangaan en is daar nie ’n nuwe wagperiode nie.

Jy kry ook ’n bonusmaand vir elke 12 premies wat jy betaal, wat beteken jy kry ’n maand“af”wanneer dit jou pas, maar jy geniet steeds dekking.

Die premies is baie kompeteren­d en gebaseer op jou individuel­e risikoprof­iel. In plaas van een prys vir ’n breë ouderdomsg­roep, word jou premie dus bereken op jou ouderdom en individuel­e behoeftes.

Daar is ’n verskeiden­heid verskaffer­s en produkte daar buite om van te kies, so maak seker jy kies die regte een en dat jy hulle kan vertrou. OUTsurance bied al vir 20 jaar vinnige, doeltreffe­nde diens en produkte aan Suid-Afrikaners met waarde vir geld.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa