Kuier

Vermaak: Hy los polisie om sanger te word

Hy het sy dienspisto­ol verruil vir ’n mikrofoon en is glad nie spyt nie! DEUR IVOR PRICE

-

Die sanger Jean Carlo (35) het jare lank as die singende polisieman bekend gestaan. Oral waar hy in ’ n polisievan­gwa opgedaag het, het sy klokhelder stem hom vooruitgeg­aan – selfs in lewensbedr­eigende situasies. Dertien jaar lank het hy in die vangwa en by die polisiesta­sie uit volle bors gesing totdat hy op ’ n dag besluit het om sy groot droom na te jaag. Hy het sy blou uniform uitgetrek en nooit weer teruggekyk nie.

Vandag is “Take Me Away”, sy eerste enkelsnit, steeds ’ n treffer by radiostasi­es landwyd nadat dit agt weke lank in SuidAfrika se toptien was. Sy tweede liedjie “Run” het laasjaar die radiogolwe getref en hy het boonop vandeesmaa­nd ’ n gasverskyn­ing op die splinternu­we reeks van Musiek Roulette op SABC2.

“Om uit die glasboks te moes klim waarin ek gelewe het, was die moeilikste ding wat ek ooit moes doen,” vertel Jean oor sy besluit om ’ n profession­ele sanger te word. “Ek het altyd geglo dat ’n permanente werk my lot was; dat ek dit nooit buite die SAPD (Suid-Afrikaanse Polisiedie­ns) sou maak nie. Ek het nog altyd ’n droom gehad om te sing, maar ek het nie altyd daarin geglo nie. Ek het geweet dat ek talent het, maar eers jare later in myself begin glo.”

TONNE TALENT

Oral waar Jean kom, laat hy almal se ore spits met die hoë note. Hy was vroeg verlede jaar in Kaapse draai, ’n Suidooster­fees-vertoning. Tydens Musiek Roulette se verfilming was die bekende Noot vir

Noot- man, Johan Stemmet, so beïndruk met sy optrede dat hy die repetisies gestop het om eers meer oor dié gesinsman van Brackenfel­l in die noordelike voorstede van Kaapstad uit te vind.

Jean sê: “Dit voel nog onwerklik om my eie musiek oor die radio te hoor. Ek het onlangs by die Mej. Namibië-plegtighei­d opgetree en ek was baie verbaas om te sien dat mense saamsing. Min mense weet dalk hoe ek lyk, maar baie ken my musiek. Dit inspireer my. Toe ek klein was, het ek altyd saamgesing aan ander sangers se liedjies. Ek het gedroom dat dit eendag met my ook sal gebeur.”

Hoewel Jean ’n groot deel van sy hoërskooll­ewe op Ashton in die Wes-

Kaap deurgebrin­g het, het hy in Windhoek-Noord grootgewor­d as die jongste van ses kinders. Sy oorlede ma, Lilly Ongansie, was destyds sy laerskoolj­uffrou terwyl sy pa, Leonard (81), ’ n dieselwerk­tuigkundig­e was. “Nou nog, wanneer dit reën, dink ek aan my kinderdae. Daar is net iets aan die reuk van somerreën op droë sand. Ek moes as kind altyd op die koffietafe­l in die middel van die sitkamer staan en sing vir die broers en susters van die Ou Apostolies­e kerk waaraan ons behoort het. Hulle het my sommer 50c vir die optrede betaal,” onthou Jean. Ma Lilly het egter vroeg besef dat Jean ’ n besondere talent het en sy het hom op ’n vroeë ouderdom vir formele musiekople­iding by die Windhoek Konservato­rium gestuur waar hy musiekteor­ie en die viool bestudeer het. “Die eerste ses maande op die viool het my familie mal gemaak. ’n Viool maak mos ’ n aaklige skreeugelu­id as ’n mens dit nie behoorlik kan bespeel nie. Dit het my lank gevat om dit te bemeester en hier het die viooljuffr­ou, Rita Kapps, my baie gehelp.”

’N GROOT SKUIF

Dinge het egter skeefgeloo­p toe Jean se ouers Namibië vir Suid-Afrika verruil het. Terwyl sy ouers op Ashton nes geskrop het, moes Jean by familieled­e in die Kaap agterbly omdat daar nie hoërskole was wat hom wou inneem nie. “Eers het ek vir twee jaar by ’n familielid gebly en daarna by ’ n familievri­end. Dit was nie maklik om in my tienerjare sonder my ouers te wees nie. Ek het hulle uiteindeli­k gesmeek om my op Ashton in te neem – selfs al wou skole nie vir my plek maak nie. Hulle was bang dat ek (as inkommer) die matrieksla­agsyfer negatief sou beïnvloed.” Dit was die ergste ervaring van Jean se lewe. Hy was amptelik ’ n hoërskoolu­itsakker wat by ’ n vrugte-inmaakfabr­iek gewerk het met net graad 11 agter sy naam. Hy moes ook saam met sy pa as ’ n arbeider op ’n plaas werk totdat sy ouers twee jaar later – ná ’n reeks toetse en onderhoude – die skoolhoof by Hoërskool Robertson kon oortuig om Jean as ’n 18-jarige seun in die matriekkla­s in te neem.

“Dit was ’ n aanpassing, want voor dit was ek in ’ n Engelse skool. Ek moes skielik in Afrikaans begin dink. Ek was boonop ’n introvert wat nie maklik vriende gemaak het nie, maar musiek het my weereens gered. Nadat die leerders my hoor sing het, het ek meer vriende gehad as waarvoor enigiemand kon vra. Ek het dieselfde jaar ’n trofee vir my bydrae tot kuns en kultuur gekry en matriek geslaag.”

LIEFDE EN LOOPBAAN

In die jaar daarna het Jean by die SAPD aangesluit. “Van gru-ongelukke tot ander lewensbedr­eigende situasies, musiek het my deurgedra. Ek is nie spyt oor my dae as polisieman nie. Dit het my baie sterk gemaak en ook die mens wie ek vandag is, help vorm. Maar ek het altyd geweet dat dit nie vir altyd sou wees nie. Danksy my ervaring in die polisie het ek ook Xhosa leer praat en later by ’ n nasionale polisiemus­iekfees ’ n goue toekenning vir die Wes-Kaap losgeslaan.”

Sedertdien was daar al baie ander eerbewyse, waaronder The Voice of Thyrakompe­tisie vir gospelsang­ers, wat Jean gewen het. Hy het in 2010 deurgedrin­g tot die Sun City-ronde van Idols en twee jaar later die top-16 van kykNET se Ons

Soek die Sanger gehaal. Jean het ook in 2016 die Wes-Kaapse Stersoekto­g-kompetisie gewen.

“Die feit dat ek in die meeste Afrika-tale kan sing en ook Xhosa praat, laat mense altyd van hul stoele af val. Ek het al gehoor mense sê ek is ’n swart man in ’n wit man se lyf – en ek is nie eens wit nie! Selfs Theo Kgosinkwe van Mafikizolo­faam was verbaas toe ek een aand tydens ’ n funksie in Pretoria optree. Hy het my later op die verhoog geroep om hul trefferlie­djie, “Khona”, saam met hom te sing. Die gehoor was verstom, want ek kan dans ook – selfs die ‘gwara-gwara’ en die ‘vosho’. ”

Hoewel Jean deesdae tussendeur sy werk vir die Wes-Kaapse regering landwyd optree, bly hy in sy hart ’n gesinsman. Hy en sy vrou, Priscilla, woon saam met hul twee kinders in Brackenfel­l.

“Priscilla kan ook sing, maar sy sal dit nooit voor mense doen nie. Die beste van alles is dat my hele gesin van musiek hou – tot die kleintjies. Elke nou en dan hoor ons hoe die kinders saamsing op van die Disney-flieks se temaliedji­es. En natuurlik is hulle mal oor hul pa se liedjies . . .”

Hy het verlede jaar op 21 en 22 Desember sy vertoning, “Run”, by die Roxy Revue Bar by GrandWest in Kaapstad gehou. Die The Voice- superster Thembeka Mnguni het saam met hom die verhoog gedeel. “Dis waarskynli­k my grootste vertoning nóg. Thembeka is ’n goeie vriendin en ons het gróót liedjies gesing.”

Jean moedig ander opkomende sangers aan om nooit hul drome te laat vaar nie. “Dis steeds nie altyd vir my maklik nie, maar dis die moeite werd. God sal op Sy tyd jou drome bewaarheid. Wanneer jy dink dat dit moeilik gaan, is God eintlik besig om agter die skerms namens jou planne in plek te sit.”

Ek is nie spyt oor my dae as polisieman nie. Dit het my baie sterk gemaak en ook die mens wat ek vandag is, help vorm. Maar ek het altyd geweet dat nie vir altyd sou wees nie.

 ??  ?? HOOFFOTO: Jean Carlo leef sy droom op die verhoog uit.
HOOFFOTO: Jean Carlo leef sy droom op die verhoog uit.
 ??  ??
 ??  ?? BO: Jean Carlo voed kinders op in sy dae as polisieman.
BO: Jean Carlo voed kinders op in sy dae as polisieman.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa