Kuier

Hoop ná abuse: Naaldwerk gee nuwe lewe

Sy moes die stukke van haar lewe optel nadat sy haar abusive man gelos het. En nou leef sy haar passie vir naaldwerk uit.

- DEUR TARREN-LEE HABELGAARN

Op 68 is Thelma Jooste veronder- stel om al agteroor te sit en haar dae luilekker te geniet. Maar in plaas daarvan vat Thelma se droom om vir ander vroue pragtige trourokke te maak, nou eers vlam. En só ook haar vasbeslote­nheid om vroue in haar gemeenskap te help om finansieel onafhankli­k te wees.

MISHANDELI­NG

Thelma van Delft op die Kaapse Vlakte voel gelukkig dat sy hierdie twee drome tegelykert­yd kan uitleef, want sy weet hoe dit voel om in ’n abusive verhouding te wees en nie te kan ontsnap nie omdat jy nie jouself kan onderhou nie.

Thelma was vir 14 jaar in ’n huwelik waar sy emosioneel en fisies deur haar man mishandel is. Toe sy getroud was, het Thelma ook nooit voltyds gewerk nie. Syy het hier en daar byy ’n winkel ggehelp,p maar was die meeste van die tyd by die huis, want haar man wou hê dat sy voltyds na die huis en kinders omsien.

Maar juis omdat dinge in hul huwelik nie altyd goed was nie, was dit vir haar baie belangrik om te werk sodat sy eendag die huwelik kon verlaat en vir haar kinders kon sorg as dit nodig sou wees.

En ná 14 jaar se konstante mishandeli­ng het Thelma besluit genoeg is genoeg! Sy wou nie hê haar drie kinders moes in so ’n omgewing grootword nie en al het sy nie alles uitgewerk gehad oor waar hulle sou woon en hoe sy finansieel alles sou bybring nie, was Thelma vasbeslote om dinge te maak werk.

“Dit was baie moeilik om as enkelouer my kinders te moet grootmaak. Hulle het ’n verhouding met hul pa gehad, maar ek was die een wat vir hulle moes sorg en hulle deur skool en universite­it siit.”

Sy het vir ’ n tydjie rondgetrek voordat sy en haar kinders hulle uiteindeli­k in Delft gevestig het. Sy was baie skepties oor Delft voor sy daar gaan bly het. Dié arm buurt het nie ’ n goeie reputasie gehad nie. Dit was berug weens erge misdaad en sosiale euwels soos drank, dwelms en bendebedry­wighede. Sy het baie aande daaroor gehuil, maar sy kon nie bekostig om iewers anders te gaan woon nie.

“Dit het soms maar baie moeilik gegaan en dit is ook die rede hoekom ek in Delft beland het. Ek was aan die begin bang om hier te bly omdat ’ n mens altyd sulke slegte stories van die omgewing hoor, maar ek kon nie ’n plek iewers anders bekostig nie. En nou ná 20 jaar is hierdie mense vir my soos familie. Jy leer hoe om gewoond te raak aan die skel en

 ??  ?? HOOFFOTO: Thelma Jooste van Delft in die Kaap is op haar gelukkigst­e wanneer sy klere, veral trourokke, kan maak.
HOOFFOTO: Thelma Jooste van Delft in die Kaap is op haar gelukkigst­e wanneer sy klere, veral trourokke, kan maak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa