Kuier

Op die kassie: Kuier se Ernusta nou op TV

Kuier se Ernusta Maralack neem jou op ’n aangrypend­e reis van hartseer in ’n nuwe TV-program.

-

Vir ons getroue lesers voel dit seker asof hulle Ernusta Maralack (voorheen Van Wyngaard) as ’ n joernalis op Kuier se blaaie voor hulle sien grootword het.

Sommige het dalk eers gesukkel om dié gewigtige name uit te spreek, maar dit was beslis moeilik om haar skryfwerk mis te kyk.

En as jy eers haar stories gelees en sy jou jou eerste traan laat stort het, was jy verslaaf . . . Daarna het jy nie weer een van haar stories gemis nie – trouens jy het daai lang name gesoek.

Ernusta vertel ons mense se stories met haar hele hart en siel. Sy neem jou as leser saam op die reis, jy voel elke emosie saam en sy gee woorde lewe. Sy is so goed dat jy haar later wil vloek, want as jy daar klaar is, is jou hart ook flenters.

Julle is dan ook seker (met reg) saam met ons trots om haar pad verder na die kassie te volg in die nuwe misdaadree­ks Op Seer se Spoor wat al vanaf 15 Januarie vanjaar op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) uitgesaai word.

In Op Seer se Spoor vertel sy steeds stories. Dis netso aangrypend, al verskil is, nou kan jy vir Ernie, soos ons haar noem, sien en al die emosies voor jou sien afspeel. Sy is ook nie ’ n aanbieder nie. Sy is ’n joernalis en sy kyk na sake en mense wat vir haar saak maak en ’ n indruk op haar gemaak het. Haar geheim is dat sy werklik omgee. Sy kan dit net nie help nie. Haar trane lê te vlak en sy vat hulle saam huis toe.

Dit is haar sterkpunt, maar ook haar swakpunt, want vir ’ n joernalis is dit nie ’n goeie ding om so ’n klein hart te hê nie. Dit leer hulle jou nie in die joernalist­iekklas nie. Nee, jy moet objektief bly en sonder emosie net na die feite kyk. Dit werk dalk vir die akademie, maar dit sou nooit deug vir Kuier nie en hier het Ernie haar tuiste gevind.

En as jy iemand wil hê wat jou storie met insig en deernis kan vertel, sal niemand anders dit beter doen nie. Dan is sy nog deeglik ook. So met Ernie het Kuier die Lotto gewen en hier het sy die kans gekry om oor mense en sake te skryf wat ook vir haar saak maak.

PASSIEVOL

Veral geweld teen vroue en kinders maak Ernie se bors warm en toe sy eers ma word, kon jy sien sy brand om iets daadwerkli­ks aan die saak te doen. Dit is vir haar ’ n persoonlik­e saak, want sy het dit as kind eerstehand­s gesien toe een van haar anties se boyfriend dié se kop met ’n baksteen oopslaan.

By ’ n ander geleenthei­d is een van haar ma se vriendinne voor haar oë met ’n mes gesteek.

“Toe ek weer sien, gryp my ma se vriendin na haar bors en gil bloedstoll­end terwyl die bloed oral spuit. Ek was lam van vrees en dit het gevoel asof ek in ’ n slow motion movie was. Die familievri­endin het die mesaanval oorleef, maar die voorval is vir ewig in my geheue geëts en het my ’ n intense vrees vir veral skerp messe laat ontwikkel.”

Hierdie voorvalle het ’ n blywende indruk op die jong Ernie gemaak.

“Toe ek in 2004 tydens ’ n onderhoud vir ’n joernalist­ieke internskap gevra word hoekom ek ’ n joernalis wou word, het ek gesê omdat ek ’n stem wil gee aan men-

se wat voel hulle het nie ’ n stem nie. Deur hul stories te vertel, wou ek vir hulle die antwoorde kry wat hulle gesoek het. Ek was een van daai mense na wie niemand geluister het nie en wat nie ’ n stem gehad het nie. Ek verstáán hoe dit voel.”

Selfs toe het Ernie besef as joernalis kon sy ’ n verskil in ander se lewens maak.

Fast forward 14 jaar in haar joernalist­ieke loopbaan en Ernie kombineer haar persoonlik­e ervarings van geweld en ander seer met haar passie om mense se stories te vertel en jy kry dit in Op Seer se Spoor.

Dis voorwaar misdaad soos dit nog nooit op Suid-Afrikaanse TV gesien is nie, maar aan die ander kant voel dit die tyd was nou eers reg daarvoor – dat dit bestem was om nóú te gebeur.

In Op Seer se Spoor word mense wie se stories van seer, wat dalk voorheen nie belangrik genoeg geag is om aandag te kry, die nuus te haal of gehoor te word nie, in húl omgewings vertel en op die manier wat húlle praat. Niks aansteller­igheid nie; net die rou realiteit van hoe ’ n misdaad hul lewens vir ewig verander het.

Ernie, ’ n geliefde Kuier- storievert­eller, saam met die internasio­naal bekroonde vervaardig­er Gambit Films – die mense agter Noem my Skollie, Nommer 37 en Ellen, die Ellen Pakkies-storie – aangebied deur kykNET – die tuiste van Suidooster, Arendsvlei en Tussen Ons – gee lewe aan hierdie stories.

Die reeks herbesoek opspraakwe­kkende en minder bekende sake met ’ n groot fokus oor wat dit emosioneel aan die slagoffers se families gedoen en ook hoe dit gemeenskap­pe geaffektee­r het.

As jy nou na die program kyk, is dit amper ondenkbaar dat Ernie aanvanklik nie wou instem tot die projek nie. Sy het omtrent teen die karre geskop toe Bradley Joshua van Gambit Films, die uitvoerend­e vervaardig­er van die show, en Kay Karriem, Kuier se redakteur, haar aanmoedig om Op Seer se Spoor aan te bied. Sy wou eerder agter die skerms werk.

“Ek het geen ervaring in TV-aanbieding gehad nie, ek was ook nie ’n misdaadver­slaggewer nie en ek het nie van my eie gesig of stem gehou nie.”

Gelukkig het Bradley en Kay nie nee vir ’n antwoord gevat nie.

“Ek wou nie, maar soms moet ’ n mens aanvaar dat iets jóú kies en nie andersom nie. Want toe ek uiteindeli­k my vrese laat gaan en ‘let go, let God’, het ek die aanbieding­swerk aanvaar. Ek het net besluit dat die Here die stuurwiel moet vat en ek net die voertuig moet wees,” vertel Ernie passievol.

EIS EMOSIONELE TOL

Op Seer se Spoor bestaan uit 13 episodes en die span het die Wes-Kaap platgereis om misdaadsto­ries te herbesoek, baie daarvan was stories wat Ernie self vir Kuier gedoen het.

Sy was vir twee weke op die pad om mense te interview wat deur verskrikli­ke misdade geraak is. Daarna was sy vir ’ n week in studio om onderhoude met kenners te doen om te probeer verstaan wat in ons gemeenskap­pe aangaan; watter faktore daartoe bydra dat iemand moord pleeg; en hoe diegene wat agterbly selfs jare ná die moord van ’ n geliefde die pyn ervaar asof dit pas gebeur het.

Die reeks het ook diep spore op Ernie gelaat. “Die emosionele prys wat ek self betaal het deur al hierdie stories van seer en onmeetbare trauma (weer) aan te hoor, was ’ n duur een, want saans het ek van die stories en families gedroom. En die aand toe ons die finale episode voltooi, het ek ’ n nagmerrie gehad wat ’ n mengsel van al 13 episodes was. Dit was hel!

“Maar ek troos myself daarin dat ek gedoen het wat ek myself reg aan die begin van my loopbaan voorgeneem het om te doen – om ’ n stem aan mense te gee wat nie altyd gehoor word nie. Ek moes ook dieselfde dapperheid aan die dag lê as die families wat bereid was om spreekwoor­delik die verbande van hul seerplekke af te ruk. Dit was ook vir my belangrik dat ons nie van die slagoffers vergeet of die mooi wat hulle in hul geliefdes se lewens gebring het nie. My hoop is nou dat ons as ’ n samelewing saam sal werk om tragedies soos hierdie te vermy . . .

 ??  ?? LINKS: Ernusta Maralack het haar voete gevind as joernalis by Kuier.
LINKS: Ernusta Maralack het haar voete gevind as joernalis by Kuier.
 ??  ??
 ??  ?? VAN BO: Ernusta in aksie tydens ’n onderhoud; sy en Breyton Paulse tydens ’n voorbladsh­oot en Ernie saam met Melanie du Bois op die stel van 7de Laan. ONDER: Ernusta in die veld vir Op Seer se Spoor.
VAN BO: Ernusta in aksie tydens ’n onderhoud; sy en Breyton Paulse tydens ’n voorbladsh­oot en Ernie saam met Melanie du Bois op die stel van 7de Laan. ONDER: Ernusta in die veld vir Op Seer se Spoor.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa