Kuier

Aborsies: Miljoene ter wêreld in net een jaar

Aborsies is al lankal wettig, maar dis kommerwekk­end dat miljoene babas wêreldwyd nooit die kans op lewe gegun word nie. En dis lankal nie meer net tieners wat dit doen nie . . . DEUR TARREN-LEE HABELGAARN

-

Hartaanval­le, beroertes of vigs? Watter een dink jy het verlede jaar wêreldwyd die meeste sterftes veroorsaak? Wel, nie een van hulle nie as jy die opspraakwe­kkende berig op die nuuswebwer­f Breitbart glo wat baie sensasione­el aangekondi­g het ”Aborsie was die grootste oorsaak van sterftes in 2018 met 41 miljoen”.

Maar dié berig is nogal misleidend, al is die skokkende syfer in die kol. Dié statistiek­e word beaam deur die uiters betroubare Wêreldgeso­ndheidsorg­anisasie (WGO) en vergeleke met die hoeveelhei­d hartaanval­le en beroertes was daar inderdaad meer aborsies wêreldwyd uitgevoer, máár is dit werklik korrek om te sê dit het die meeste sterftes veroorsaak?

Maak nie saak of jy daarmee saamstem of nie, die feit bly staan: in die meeste lande is dit ’ n wettige prosedure wat vroue kies om uit te voer en dit word nie deur die WGO erken as ’ n “oorsaak” van dood nie.

Maar 41 miljoen bly 41 miljoen mensies wat nooit hul lewenslig aanskou het nie, omdat die moderne mens deesdae kan kies om dit nie te laat gebeur nie – dít terwyl daar ander maniere van voorbehoed bestaan. ’ n Mens kan nie anders as om te wonder hoekom soveel aborsies steeds nodig is terwyl soveel ander opsies bestaan om nie ’ n kind te hê nie. En wat van die duisende paartjies wat smag na ’ n baba van hul eie en derduisend­e spandeer op fertilitei­tsbehandel­ing?

Aan die ander kant moet ’n mens ook nie van die babas in toilette vergeet nie, want daar kon aborsie wel ’ n opsie gewees het.

SYFER STYG IN SA

Die aantal aborsies wat jaarliks in SuidAfrika uitgevoer word, het oor die afgelope twee jaar tot meer as 100 000 gestyg en kenners meen dit gaan net aanhou styg.

Moet ook nie dink dis vir net vir ongewenste tienerswan­gerskappe nie. Volgens Whitney Brown, ’n woordvoerd­er vir die Marie Stopes-aborsiesen­trum, is dit nie net tieners of vroue met onbeplande swangerska­ppe wat hul kliniek besoek nie. Hulle sien al hoe meer vroue wat swanger geword het tydens seksuele

mishandeli­ng en ook paartjies wat graag ’n kind wil hê, maar dit net nie kan bekostig nie.

“Omdat hulle nie vir die kind kan sorg nie, moet hulle die moeilike besluit neem om die swangerska­p te beëindig. Dit is so belangrik dat ons berading aanbied, want dikwels is dit ’ n besluit wat met jou kop gedoen word, maar nie jou hart nie. Wanneer dit by die mense kom wat kinders wil hê en dit nie kan bekostig nie, is dit nog meer hartverske­urend,” sê sy.

Janine October (37) van Goodwood in die Kaap, ken hierdie pyn, want sy moes onlangs die moeilike besluit neem om ’n swangerska­p te beëindig. Janine en haar man, Chris (38), het ’ n dogter (9) en het vir jare sonder sukses probeer vir ’ n tweede kind.

Hulle is nou al albei in hul laat dertigs, so hulle het nie gedink hulle sal weer swanger word nie. Janine het dus drie jaar gelede opgehou voorbehoed gebruik omdat sy nie van die newe-effekte gehou het nie. Hulle het egter in Februarie verlede jaar tot hul skok uitgevind sy is swanger.

KAN NIE KIND BEKOSTIG

“Ons moes bly gewees het, want dit was iets wat ons vir ’ n baie lang tyd wou hê. Maar ons was hartseer en verward, want ons het geweet ons sou dit nie kan bekostig nie. Die lewe raak net duurder en dit is klaar moeilik met een kind. Ons sou nooit melk, nappies en al die ander onkoste kon hanteer wat saam met ’ n baba kom nie. Behalwe as ons albei ’n tweede werk gekry het, sou ons ook nie ’ n tweede skoolfonds of groter blyplek kon betaal nie.”

Hulle het oor en oor somme gedoen, maar as hulle steeds gemaklik en sonder groot skuld wou lewe, moes hulle eerlik met hulself en mekaar wees. Hulle het vir niemand vertel hulle is swanger nie en het die moeilike besluit geneem om hul swangerska­p te beëindig.

“Dit het ons gebreek en ons moes saam berading kry. Wanneer jy graag ’n kind wil hê en dan die geleenthei­d kry, maar dit nie kan gebruik nie, sal dit jou breek. Ons het skuldig gevoel en ons was kwaad. Maar ons het mekaar ondersteun.”

Volgens die nasionale departemen­t van gesondheid is aborsies onder tieners nog baie hoog en tel dit vir meer as 45% van die totale persentasi­e aborsies. Volgens die department is aborsies in sekere provinsies nog laag en hulle vermoed dis veral in daardie provinsies waar baie onwettige aborsies gedoen word.

In die 2016/2017- finansiële jaar was die aantal wettige aborsies die hoogste in Gauteng met ’ n totaal van 28 491; die Wes-Kaap was die tweede hoogste met ’n totaal van 19 551 en KwaZulu-Natal derde met 15 714. Die provinsie met die minste aborsies was die Noord-Kaap met ’n totaal van 1 380, terwyl Mpumalanga 3 724 gehad het en die Vrystaat en Noordwes elk tussen 6 000 en 7 000. In Limpopo was daar ’ n totaal van 10 845 aborsies. Die totale aborsies in Suid-Afrika was 105 358, meer as 20 000 as die vorige jaar se 83 707.

Maar nie almal wat aborsies kry, sien dit as ’ n oplossing en verligting nie.

Vir sommige is dit ’ n bitter pil om te sluk, veral as hulle nie ’ n sê oor die saak het nie en vergifnis kom moeilik.

Rodney Josephs (32) van Eersterivi­er in die Kaap sê mans moet ook in ag geneem word wanneer ’ n vrou ’ n aborsie kry. Hy en sy vrou is geskei nadat sy aangedring het op ’ n aborsie, terwyl hy graag kinders wou hê.

“Dit is wel die vrou se liggaam, maar dikwels kry vroue ’ n aborsie sonder dat die mans daarvan weet. My vrou het eers ná die tyd vir my gesê en ek kon haar nie vergewe nie. Ná ’ n huwelik van vyf jaar is ons geskei en ek wil net ’ n stem gee vir die mans wat in die stilte swaarkry omdat vroue (alleen besluit om) aborsies laat doen,” sê hy.

“Baie mense glo nog wanneer ’ n vrou ’n aborsie kry, is dit omdat die man haar swanger gemaak het en nie vir haar en die kind ná die geboorte wil sorg nie, maar dit is nie altyd die geval nie. Baie vroue wil ook nie voorbehoed gebruik nie en wil dan later nie die kind hê nie, maar dit is onregverdi­g teenoor ons wat graag kinders wil hê,” meen Rodney voorts.

WETTIG EN VEILIG

Aborsie is op 1 Februarie 1997 in SuidAfrika gewettig en ’n vrou kan ’n aborsie kry as sy minder as 13 weke swanger is. Daar word aanbeveel dat ’n vrou onder 18 haar ouers inlig of raadpleeg, maar sy hoef nie. Daar word ook aanbeveel dat ’n getroude vrou of een met ’n maat hul man (of maat) inlig en raadpleeg, maar dis nie ’n vereiste om ’n aborsie te kry nie.

Whitney sê hoewel daar nog baie gedoen moet word om die aborsiesyf­ers in ons land te verander, raai hulle mense aan om gebruik te maak van geriewe soos Marie Stopes of ander klinieke wat die prosedure wettig en veilig kan doen. Sy waarsku vroue om nie ander metodes te gebruik wat nie deur ’n dokter of verpleegst­er uitgevoer word nie. Onwettige en onveilige aborsies is lewensgewa­arlik en kan baie skade aan jou liggaam doen en selfs jou dood veroorsaak.

As jy nie onbepland wil swanger raak nie, oorweeg eerder opsies vir voorbehoed soos die pil of kondome wat jy kan gebruik voordat jy die hartverske­urende besluit oor ’n aborsie moet neem . . .

Om ’n afspraak te reël, gaan na www.mariestope­s.org.za of skakel 0800 1177 85.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa